Page 1 of 1

XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Thu Oct 23, 2014 8:57 am
by Arnold
Inskrywings vir die skiet op 22 November 2014 is al oop en besig om vol te raak. As jy nie die inskrywingsvorm gekry het nie of op die lys wil wees sodat jy dit in die vervolg eerste kry stuur asb jou epos adres vir my en ek stuur die inskrywings besonderhede en sit jou op die kontak lys.

Ons sien uit na lekker weer op die dag en om die skiet en die jaar af te sluit gaan ons 'n lekker spitrbraai hê.

http://www.xsssa.co.za/calender/calender.html

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Tue Oct 28, 2014 2:07 pm
by QG18de
Goeie dag

Ek is opsoek na 'n skietpartner vir die 22ste November se xsssa.
Laat weet my asb of iemand belangstel. Wil baie graag gaan deelneem!

jason.mitchell15@yahoo.com
0834461265

Lekker dag
Jason

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Tue Nov 04, 2014 7:04 am
by Arnold
Daar is nog plek vir 4 spanne. Kom skiet vir oulaas die jaar saam en kuier lekker na die tyd.

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Tue Nov 04, 2014 1:13 pm
by QG18de
Manne ek is steeds opsoek na 'n skietpartner!

Kontak my gerus as jy wil gaan xsssa skiet!

Lekker dag
Jason

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Mon Nov 24, 2014 12:20 pm
by Arnold

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Mon Nov 24, 2014 3:52 pm
by Arnold
Heads-up for those interested:
XSSSA Mpumalanga will be hosting their first shoot on 7 February 2015 between Bethal and Morgenzon.
XSSSA Western Cape will be hosting their next shoot on 7 March 2015 near Prince Alfred Hamlet.

https://www.facebook.com/XSSSA

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Mon Nov 24, 2014 6:12 pm
by JPS
Nice om te sien julle manne brei uit hier na Die hoeeveld toe Arnold.

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Mon Nov 24, 2014 6:58 pm
by DawieKotze
Mastag - julle was sommer 'n lekker klompie manne bymekaar! Ek sal een van die dae ook die ding moet probeer, maar bewaar die een wat vir my lag as ek al die gonge misskiet met my standaard geweer en scopie!

Groetnis

Dawie

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Tue Nov 25, 2014 12:42 pm
by Kallie Fernhout
Die manne in Mpumalanga moet seker maak hul gaan skiet hierdie kompitisie dus regtig lekker baie goed gereel en baie leersaam

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Tue Nov 25, 2014 12:46 pm
by LRLaubscher
Kallie wrote:Die manne in Mpumalanga moet seker maak hul gaan skiet hierdie kompitisie dus regtig lekker baie goed gereel en baie leersaam
Kallie gaan ons spannetjie nie 'n kar vol maak en hier op ry nie!!

Ek jy Corne en Frtz?

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Tue Nov 25, 2014 8:47 pm
by Carel Maritz
Hi Arnold

Post vir ons die results op die web. Ek hoor Johan Kuhn het so goed gedoen, baie bly vir die ou. Wil sien hoe die res gevaar het.

Groete
C

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Tue Nov 25, 2014 8:55 pm
by Arnold
Hallo Carel, die resultate is vanoggend al op ;)

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Wed Nov 26, 2014 7:46 am
by Carel Maritz
Môre!

Thx, ek loer hulle hoeka nou.

Groete
C

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Wed Nov 26, 2014 7:51 pm
by Arnold


Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Wed Nov 26, 2014 9:21 pm
by Riebeeker
Paul well done. Corné vertel ons meer van daai .243. Ek dog dit is 'n sukkel kaliber.

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Thu Nov 27, 2014 6:05 am
by Arnold
Julle kan die ander videos op ons youtube kanaal sien ;)
https://www.youtube.com/channel/UCihI9d ... PsWjWpLQBA

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Thu Nov 27, 2014 7:31 am
by Gawie(13mm)
Arnold wrote:
Die twee manne op die "snappie" is Riaan en Stephan.
Riaan skiet met 'n standaard 6.5 en kom saam agste. Sy linker arm is net onder die elmboog ge-ampiteer na 'n klein ongelukkie in sy jeug met 'n tuisgemaakte "geraasmaker". Daarom skiet hy oor 'n x-bag.

Bell's vir Riaan en Stephan.
Corné en Kallie met hul 6mm roere draf ook saam met die groot honde ;D

Geluk manne. Ek kies my vriende reg. Saam met Johan is daar darem 8 in die top 15. ;D

Geluk Arnold. Julle is waarlik Pro's.

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Thu Nov 27, 2014 8:21 am
by PWV
Gawie(7mm) wrote:
Arnold wrote:
Die twee manne op die "snappie" is Riaan en Stephan.
Riaan skiet met 'n standaard 6.5 en kom saam agste. Sy linker arm is net onder die elmboog ge-ampiteer na 'n klein ongelukkie in sy jeug met 'n tuisgemaakte "geraasmaker". Daarom skiet hy oor 'n x-bag.

Bell's vir Riaan en Stephan.
Corné en Kallie met hul 6mm roere draf ook saam met die groot honde ;D

Geluk manne. Ek kies my vriende reg. Saam met Johan is daar darem 8 in die top 15. ;D

Geluk Arnold. Julle is waarlik Pro's.
Wil julle net vriendelik waarsku! As Gawie geld wil leen, sorg dat julle goeie waarborge kry! >:D

Re: XSSSA skiet - 22 Novemeber 2014

Posted: Thu Nov 27, 2014 8:28 am
by Arnold
Ouens, ek wil net hier dankie sê vir Christo. Hy doen so baie vir ons en dit dra geweldig baie by tot die glad verloop van so 'n dag. Sonder Christo se bereidwilligheid en hulp sou XSSSA dalk nog net 'n droom gewees het. Hier wil ek nie sy vrou uitsluit nie, sy voorsien altyd vir ons ietsie om te eet en drink en dit is hierdie klein goedjies (wat altyd op tyd is) wat so dag 'n groot sukses maak!

Christo, baie dankie en dra dit ook asb so aan jou vrou oor ;)