Page 1 of 1

Vlakvarkies

Posted: Wed Oct 22, 2014 11:38 am
by Dirkvh
Ek was in September 2014 bietjie plaas toe om te gaan kuier, toe vra skoonpa of ek nie asb die vark verpesting op die plaas bietjie kan verlig nie. Hulle ken nou al die Cruiser goed en maak hulself skaars as hul hom hoor.

Hy het my dus sommer die Sat oggend in 'n randjieskamp gaan aflaai met sy custom .223. Skiet 'n Sierra puntjie wat bo-op 'n 6mm BR doppie gelaai is, blitsvinning en platskieter wat op 250m ingeskiet is.

Na so 45min is ek teen die voet van 'n randjie op, wind lekker in die gesig. Ek het die randjie versitig ge"crest" en oor geloer met die Hawke rangefinder, lekker duidelik en 6x vergroting. Aan die voet van die volgende rant het ek drie varke gesien wat heerlik en onversteurd skoffel. Die randjie het 360m ge"range". Ek maak myself toe lekker klein en begin van besembos tot miershoop ensomeer gehurkend kruip.

Range gou weer na so rukkie se bekruip, randjie le nou knap oor 300m. Range toe maar 'n miershoop van my af op so 50m, en besluit ek sal van daar skiet. Al gebukkend na die miershoop, naderhand op hande en kniee.

By die miershoop aangekom loop le ek eers lekker plat op my maag, en le die geweer oor die miershoop om bietjie asem te skep en hartklop rustig te maak. Rangefinder is nou mooi op 255m waar die varke skoffel.

Asem is nou weer terug in die longe, en ek scope die drie varke. Twee redelike size varke en een kleiner een. Ek haal oor en vat dood op die een heel regs. Ek is rustig en wag tot sy my 'n mooi "broadside" gee. Wind het nou bietjie gedraai en waai sterk van links. Sy draai en ek sit die kruishaar op haar nek, as die wind die puntjie regs druk stoot hy hom nader aan die kop, so geen fout daar. Sy lig haar kop, en ek "release" die skoot. Sy plof neer op die plek. Ek haal weer oor maar die ander twee is reeds oor die klein rant en uit sig.

By haar gekom sien ek die punt het geslaan waar gemik aldus 'n knertsie laag, en die wind het nie kans gekry om te vat aan hom nie.

Re: Vlakvarkies

Posted: Wed Oct 22, 2014 11:42 am
by Dirkvh
Hier is so pic of wat van my Maandag jag. My vrek gestap van 7am tot 4pm, net twee varke. Bitter lekker!!!

Re: Vlakvarkies

Posted: Wed Oct 22, 2014 11:44 am
by Dirkvh
Ek het die Woensdag ribokke gaan soek, maar het heeltemal verkeerde tyd gaan jag en net een vlugtig gesien. But what a view, en sommer bitter lekker in ons Skepper se skepping!!!

Re: Vlakvarkies

Posted: Wed Oct 22, 2014 12:01 pm
by tripodmvr
Mooi wereld wat jy in rondgeloop het. Geluk met jou vark "kinders".

Re: Vlakvarkies

Posted: Wed Oct 22, 2014 12:07 pm
by Jakkie 321
Mooi gegooi, watter deel van die wereld is daai?

Groette

Re: Vlakvarkies

Posted: Wed Oct 22, 2014 12:10 pm
by Dirkvh
Jakkie 321 wrote:Mooi gegooi, watter deel van die wereld is daai?

Groette
Saterdag en Maandag varke is Colesberg-Hanover distrik, Woensdasg "ribbok" foto is Suid Vrystaat tussen Gariepdam en Bethulie(my ou tuisdorp)

Re: Vlakvarkies

Posted: Wed Oct 22, 2014 12:38 pm
by Dirkvh
Het per pm 'n vraag gekry oor die camo.

http://www.walkerwargameonline.co.za/

Hierdie ouens het BAIE verskillende goetertjies daar, van molle backpacks tot rifle bags en boots. Bitter goeie pryse

Re: Vlakvarkies

Posted: Wed Oct 22, 2014 1:46 pm
by BRNO (Pierre)
Flippet dit lyk nice. Ek sal nou mooi geld betaal om so ou varkie te gaan skiet.

Re: Vlakvarkies

Posted: Wed Oct 22, 2014 1:59 pm
by Boesman10
dit is nou netjies. geluk met die varkies. hoop nie jou vark boud kom ook soos rubber uit die oond soos myne nie.

Re: Vlakvarkies

Posted: Wed Oct 22, 2014 2:09 pm
by Dirkvh
Boesman10 wrote:dit is nou netjies. geluk met die varkies. hoop nie jou vark boud kom ook soos rubber uit die oond soos myne nie.
My varkies is in salami, kaasworsies, cabanossi, piekniek ham en russians omgesit, so het die Goodyear boude vermy. ;D

Re: Vlakvarkies

Posted: Wed Oct 22, 2014 2:21 pm
by PWV
Dirkvh
Baie mooi, man. Lekker storietjie en goed gedoen op die ou end.
Ek is altyd maar net bekommerd dat die 223 dalk te lig is vir baie verder skote, maar as die bestuurder kan bestuur, is alles seker in orde?

Re: Vlakvarkies

Posted: Wed Oct 22, 2014 2:40 pm
by Dirkvh
PWV wrote:Dirkvh
Baie mooi, man. Lekker storietjie en goed gedoen op die ou end.
Ek is altyd maar net bekommerd dat die 223 dalk te lig is vir baie verder skote, maar as die bestuurder kan bestuur, is alles seker in orde?
Oom die Maandag oggend sog is net-net oor 300m geskiet. Die geweer is definitief in staat om selfs baie verder as dit vleis van die veld af te haal, maar dan moet die drywer eers bietjie meer tyd agter die sneller spandeer en sy hold-over mooi ken.

Gewone 223 het ek al efektief tot so 260m geskiet met daai bruin boksie en wit sticker patrone waarvoor die terroriste so bang voor is, en ek sal definitief nie veilig voel, selfs 350m, as iemand so ding na my kant toe aftrek nie... :o

Re: Vlakvarkies

Posted: Wed Oct 22, 2014 3:47 pm
by Geno
PWV wrote:Dirkvh
Ek is altyd maar net bekommerd dat die 223 dalk te lig is vir baie verder skote, maar as die bestuurder kan bestuur, is alles seker in orde?

Oom Pieter,
Dis darm nie 'n alledaagse .223 nie. Dis 'n .22 Siga (Soortgelyk aan .22BR) deur Oom Chris van Niekerk waarmee Dirk skiet.

Re: Vlakvarkies

Posted: Wed Oct 22, 2014 3:54 pm
by PWV
Het dit agter gekom nadat ek gepost het!! Lekker geweer!!

Re: Vlakvarkies

Posted: Thu Oct 23, 2014 6:49 am
by Jan-Hendrik
Mooi gemaak ....

Re: Vlakvarkies

Posted: Thu Oct 23, 2014 9:11 am
by dawiec
mooi varkies daai Dirk en baie mooi geskiet op daai afstand!

Re: Vlakvarkies

Posted: Fri Jul 24, 2015 9:02 am
by Sekelbos
More Dirk, baie mooi vertel met fotos. Vertel bietjie meer van jou geweer en knaldemper.

Re: Vlakvarkies

Posted: Fri Jul 24, 2015 1:55 pm
by koos 2
Baie geluk my maat en mooi vertel !!!

Re: Vlakvarkies

Posted: Fri Jul 24, 2015 2:07 pm
by Dirkvh
Llen wrote:More Dirk, baie mooi vertel met fotos. Vertel bietjie meer van jou geweer en knaldemper.
Llen, dit is skoonpa se geweer, was 'n .223 wat Oom Chris omskep het in iets verskrikliks! Kan jou dus nie meer van die kaliber of demper vertel nie, net dat dit 'n kanon loop het en swaar raak in die veld, haha!!!

Re: Vlakvarkies

Posted: Fri Jul 24, 2015 3:05 pm
by Mellies
Mooi man!

Re: Vlakvarkies

Posted: Sat Jul 25, 2015 7:20 pm
by Morne Van Der Merwe
Baie geluk, mooi vertel.

Re: Vlakvarkies

Posted: Tue Aug 18, 2015 9:28 pm
by Allieman
Well done dirk. hoe lus is ek nie nou vir vark jag nie: