Page 1 of 1

Nosler Custom Competittion - Langaftand skiet

Posted: Wed Oct 22, 2014 10:21 am
by Petrie303
Dagse,

Na lang wag is my 300WSM amper klaar wat ek gan gebryk om F-Ope mee te skiet. Ma soos als moet mens ma na jou beursie kyk en watse komponente mens kan kry om mee te herlaai. Swaar punte (180gr tot 220gr) om mee te skiet (berger, Sieerra) is nie altyd beskikbaar nie en kos 'n plaas se geld as mens dit in die hande kry. Dit is hoekom ek al hoe meer dink om die Noslers CC te begin gebryk.

My 300WSM is gebou op 'n Rem 700 aksie en het 'n 31.5 duim Broughton loop en het 'n twist van 1:10. Ek het klaar vir my klomp Winchester dope gekry en gan Fed215 primers gebryk met S365 kruit.

Ek wil nou vir my 190gr Noslers CC kry want bulk kos dit net oor R5 'n punt wat dit baie bekostigbaar maak as mens vat die bergers en Sierras gan al hier R8 en meer...

Het iemand al die Noslers gebruik en waste Node spoed behoord ek te kry?

Sal Foto van geweer posit sodra ek die kolf en Barrel clamp klaar gemaak het...

Groete,
Petrie

Re: Nosler Custom Competittion - Langaftand skiet

Posted: Wed Oct 22, 2014 11:13 am
by Capt. Yoda
R5 n koel is baie goed.Koop n klomp en skiet hulle, as hul nie werk soos jy wil he nie gaan jy nie sukkel om hul te verkoop nie. Ek skiet die 175gr Custom Comps in my 300 en 30.06 en op papier is hulle regtig baie goed. Sal graag n 1000 van hulle erens in die hande wil kry

Re: Nosler Custom Competittion - Langaftand skiet

Posted: Wed Oct 22, 2014 1:03 pm
by Alwin
Die meeste Nosler CC's lyk na kopië van die ekwivalente Sierra MK's. Almal wat ek ken, wat hulle gebruik is baie tevrede met hulle akkuraatheid en prys. Koop almal wat jy kan bekostig!

Re: Nosler Custom Competittion - Langaftand skiet

Posted: Thu Oct 23, 2014 8:07 am
by Eugene
Ek is besig om tans die 140gr Nosler CC in 6.5 te toets. Ek dink dit sal beslis werk as LA teiken en gonge koeel. Of dit vir LA jag sal werk, weet ek nie. Daar verkies ek die 140gr Amax, maar omdat dit so verdomp skaars en duur geraak het, moes ek na 'n goedkoper alternatief kyk vir oefen en teiken skiet. Op 1000y, moet ek volgens Shooter, vir elevasie, 2 clicks meer stel en vir wind, 1 click meer stel as met die amax. Ek glo dit kan werk...

Re: Nosler Custom Competittion - Langaftand skiet

Posted: Thu Oct 23, 2014 1:47 pm
by QG18de
Eugene

Ek het 'n vragie oor jou elevation op die nosler custom comp punte (6,5mm 140gr).

Ek hoop nie ek hijack nie, maar hoeveel elevation (moa) stel jy vir 'n hit op 1000yards? Watse spoed skiet jy die koeels?

Wat ek verder kan se oor die koeels is dat hulle baie goeie resultate gee. Het hulle (155gr en die 175gr) in my 308 gebruik met goeie resultate. Hulle het nie die baie goeie bc's van die duurder koeels nie, maar is baie konstant.

Re: Nosler Custom Competittion - Langaftand skiet

Posted: Thu Oct 23, 2014 2:15 pm
by Petrie303
Dagse,

Ek dink ek moet voor ek bulk koop so 100 van die 190gr CC kry om te toets. Kan iemand my help met node spoed wat ek kan na kyk in my 300WSM? Ek gan wel a ladder toets skiet en sal dit kan vergelyk met program...

Groete,
Petrie

Re: Nosler Custom Competittion - Langaftand skiet

Posted: Thu Oct 23, 2014 3:33 pm
by Eugene
QG18de wrote:Eugene

Ek het 'n vragie oor jou elevation op die nosler custom comp punte (6,5mm 140gr).

Ek hoop nie ek hijack nie, maar hoeveel elevation (moa) stel jy vir 'n hit op 1000yards? Watse spoed skiet jy die koeels?

Wat ek verder kan se oor die koeels is dat hulle baie goeie resultate gee. Het hulle (155gr en die 175gr) in my 308 gebruik met goeie resultate. Hulle het nie die baie goeie bc's van die duurder koeels nie, maar is baie konstant.
My nodespoed volgens QL met 24" loop, is 2830. Dit is wel die laer node, maar die hoër node gaan die druk net oor maks laat gaan.

Volgens die AB app, is my elevasie op 1000y 23.25 MOA en windage vir 'n 10mph wind uit 3uur, is 4.5MOA met die Nosler CC.