Page 1 of 1

Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Sun Oct 19, 2014 6:31 pm
by EddieTaute
My vraag is mbt to Somchem en die Lot nommers vir S365.

Ek soek en koop op hierdie stadium net lot 76 S365 omrede my data redelik goed is daarvoor. Al die blikke S365 wat ek tot dusver aangekoop het was lot 76 met 'n datum van 04/2014.

Gister koop ek toe weer twee blikke Lot 76 maar nou verskil die datums. Een is 04/2014 en die ander 07/2014, is dit regtig moontlik dat dit dieselfde lot en eienskappe sal he?

Re: Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Sun Oct 19, 2014 6:55 pm
by tripodmvr
Ek dink daardie datum verwys na die verpakkingsdatum. Ek dink darem nie hulle sal 'n ander lot onder dieselfde nommer verpak nie.

Re: Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Sun Oct 19, 2014 8:41 pm
by NJ v N
So vinnig gekyk oor die laaste jaar was daar maar net 7 lotte.
So daar is nie elke maand een nie.
Dit kan wees dat hulle wel oor n tydperk van 2maande (kan 61 tot 2 dae wees) verpak is.

Re: Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Sun Oct 19, 2014 8:47 pm
by tripodmvr
Wat my verbaas is dat daar so baie Lotte van S365 is die' jaar. Van S335 dink ek was daar maar 1 lot en dit is tog die gewildste dryfmiddel. Iets klop nie lekker met die klein hoeveelhede van S365 nie.

Re: Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Sun Oct 19, 2014 9:12 pm
by Frikkie Coetzee
Ek sou dink S365 is die gewildste

Re: Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Sun Oct 19, 2014 9:34 pm
by tripodmvr
S365 se Lot nommers is nou by 80. Vir S335 is dit al by Lot 706.

Al die weermag ammunisie wat PMP laai gebruik meestal S335 vir die 7,62.

Re: Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Sun Oct 19, 2014 9:45 pm
by Smitstertjies
Wat vreemd is ek het laasweek by Safari nog 2 blikke van lot 74 gekry.

Re: Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Mon Oct 20, 2014 8:33 pm
by Alwin
tripodmvr wrote:S365 se Lot nommers is nou by 80. Vir S335 is dit al by Lot 706.

Al die weermag ammunisie wat PMP laai gebruik meestal S335 vir die 7,62.
Die weermag se 7,62 ammu, is tot iewers in die laat 70's met S335 (MR2) gelaai. Die later lotte, is met S341 (B762) gelaai. As die kopstempel sê bv. B88 (bo) en 12 (onder), dan dui die "88" die jaar aan, en "12" dui aan dis S341. "13" is S321. Ek glo S335 sal met "11" aangedui word, maar het dit nog nooit gesien nie. "B" dui aan dis in die nuwe aanleg, langs Kerkstraat verlenging gemaak. "A" was die ou aanleg, agter Yskor. Ek hoop ek het reg onthou...

Sover ek kan bepaal, het die lot nommers, van MR 2, direk oorgeloop na S335. Wat was die militêre benaming nou weer?

Selfde met MR205, wat later S341 geword het. Die militêre benaming, vir dieselfde kruit, is B762. Lotnommers behoort ook nie gedupliseer te wees nie.

Re: Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Tue Oct 21, 2014 8:08 am
by James Wilson
338LM wrote:
Sover ek kan bepaal, het die lot nommers, van MR 2, direk oorgeloop na S335. Wat was die militêre benaming nou weer?
R1M1?

Re: Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Tue Oct 21, 2014 9:57 am
by Alwin
James Wilson wrote:
338LM wrote:
Sover ek kan bepaal, het die lot nommers, van MR 2, direk oorgeloop na S335. Wat was die militêre benaming nou weer?
R1M1?
Nee, ek bedoel die kruit se Militêre naam/nommer. R1M1 was deel van die kopstempel. Dit het tipies gelees, R1M1 7,62 A78 of so iets. Loskruit ("blanks") was gewoonlik LR1M1 ens.

MR2 en S335 was dieselfde ding. Maar daar was 'n derde naam/nommer, vir militêre gebruik. Dus een produk, met 3 name. Maar die lotnommers het op mekaar gevolg, ongeag die naam op die houer.

Re: Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Tue Oct 21, 2014 11:40 am
by Louis Oli5
Manne ,julle het n goeie punt beet. Ek het ook gesukkel toe ek moes gaan van lot 69 na74,maar daar is n reload grafiek om te volg en hulp by die web site (reload@rheinmetall-denelmunition)
Of gebruik hulp opsie ,daar is n man Manie wat terug kom met raat.

Lekker dag ,Louis

Re: Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Tue Oct 21, 2014 10:02 pm
by tripodmvr
Louis Oli5 wrote:Manne ,julle het n goeie punt beet. Ek het ook gesukkel toe ek moes gaan van lot 69 na74,maar daar is n reload grafiek om te volg en hulp by die web site (reload@rheinmetall-denelmunition)
Of gebruik hulp opsie ,daar is n man Manie wat terug kom met raat.

Lekker dag ,Louis
Vra eerder raad op die forum. Jy vra nou vir jakkals of hy die skaap geeet het. Hul grafieke wys 1% veranderings terwyl manne se gewere amper opblaas. Geen wonder jy het gesukkel met Lot 74 - die lot is net soos Lot 71 amper 16% frisser met spoed in die 243. Kom gesels hier en ons kan dan raad gee.

Re: Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Fri Oct 24, 2014 12:44 am
by vossie1
Ek glo nie ons sal lott 80 S365 op die rakke sien nie want sover ek verstaan het PMP daai hele batch gevat.

Re: Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Fri Oct 24, 2014 2:10 pm
by swc-tr
338LM wrote:
James Wilson wrote:
338LM wrote:
Sover ek kan bepaal, het die lot nommers, van MR 2, direk oorgeloop na S335. Wat was die militêre benaming nou weer?
R1M1?
Nee, ek bedoel die kruit se Militêre naam/nommer. R1M1 was deel van die kopstempel. Dit het tipies gelees, R1M1 7,62 A78 of so iets. Loskruit ("blanks") was gewoonlik LR1M1 ens.

MR2 en S335 was dieselfde ding. Maar daar was 'n derde naam/nommer, vir militêre gebruik. Dus een produk, met 3 name. Maar die lotnommers het op mekaar gevolg, ongeag die naam op die houer.
@338LM
MR2 se benaming RP41.
Watter jare het jy by PMP gewerk, watter aanleg?

Re: Somchem Lotte - Is dit moontlik?

Posted: Fri Oct 24, 2014 8:42 pm
by Alwin
swc-tr wrote: @338LM
MR2 se benaming RP41.
Watter jare het jy by PMP gewerk, watter aanleg?
Nee, nooit daar gewerk nie, stel net lankal belang in skiet. Ek was wel in die wapenhandel betrokke, en het 'n paar werknemers geken, soos bv Schalk C.