Page 1 of 1

200 VS 225 VS 250

Posted: Fri Oct 17, 2014 5:58 pm
by Roger
Hi,

Ek het my Howa .338wm gekry en wil hom graag gebruik vir langer afstande.

Jag tot n maks van ongeveer 500m en teiken skiet tot n maks van 1000m (rond speel).

Wat stel julle voor vir dit?

Ek luister graag.

Roger!

Re: 200 VS 225 VS 250

Posted: Sat Oct 18, 2014 2:01 pm
by Alwin
My mening is, kry vir jou 'n groot hoeveelheid Hornady 225gn SST's. Hoop jy kan 'n akkurate lading met hulle ontwikkel, in jou geweer. Hierdie koeëls is nie juis geskik vir jag van groter, eetbare wild op kort (onder 200m) afstande nie (hulle is sag), maar doer vêr, werk hulle heel gaaf. En dit sal 'n gawe idee wees om net een koeël te gebruik, vir alles.

Die meeste 200gn koeëls se BC is relatief laag, wat pla verby 500m. Die 250's weer sukkel om spoed te vang uit die WM. Maar almal kan werk, solank hulle konstant klein groepe kan maak.

Daar is natuurlik ander opsies, maar hulle kos almal meer. En kostes kan 'n beperkende faktor wees, vir langafstand-skiet. (Baie oefening, vreet baie ammu.)

Groetnis.