Page 1 of 1
Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 10:29 am
by Pienk Camo
Goeie dag almal.
Ek het toevalling op hierdie forum afgekom terwyl ek gegoogle het vir kameelperde.
Dit het vir my baie interesant gelyk en ek het besluit om aan te sluit.
Dan net 'n klein bietjie oor myself ek is 'n vroulike jagter, oorspronklik van die boland, maar bly nou in mosselbaai ook.
Ek sien baie uit om deel van hierdie jagfamilie te word en dan natuurlik om te leer by julle en dit wat ek weet en ken ook met julle te deel.
Vriendelike Groete
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 10:30 am
by VdWalt
Welkom hier by ons.
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 10:33 am
by PWV
Jammer ek het jou Pienkman genoem in die ander "post"! Sal maar in die vervolg verwys na Pienketjie!
Welkom en geniet dit.
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 11:03 am
by Boesman10
Welkom uit die Boland uit @PienkCamo. Hoop jy geniet dit hier by ons. Vertel ons watter wapens het jy?
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 11:12 am
by marco
Welkom ... Watse roere het jy?
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 11:36 am
by jaracal
Baie welkom hier by ons, ons waardeer dit as die skoner geslag ook by ons aansluit.
Groete
Heinrich
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 11:41 am
by ruaanb
Welkom!
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 12:05 pm
by Jakkie 321
Welkom hier by ons
Nog n Mosselbaaier
Jy skiet nie dalk met n boog nie ?
Groette
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 1:19 pm
by Pienk Camo
Kom ek vertel julle 'n bietjie.
Die mans in my familie jag al vandat ek 'n klein dogtertjie was en soos dit mos maar werk het ek nooit saam gegaan nie, of altans was nooit genooi nie, so die belangstelling was nie daar van my kant af vir jag nie. So ontmoet ek my kerel 3jr terug en hy is 'n groot jagter. Hy het my toe laat begin saam met hom skiet. Ek het in die begin nie geweet wat om te verwag nie en was maar baie skepties oor die idee om met 'n gevaarlike wapen te skiet wat nog te sê om iets dood te maak, maar ek sê julle die eerste keer toe ek daai geweer in my hand neem en die skoot afvuur was dit asof daar 'n nuwe wereld vir my oopgegaan het.
Van daar af het dinge net lekkerder en ongelooflik "exciting" geraak. Ek skiet toe laas jaar my eerste dier wat 'n zebra was en o genade die oomblik was so groot ek het in trane uitgebars nadat hy geval het! let wel trane van blydskap en ongeloof dat ek dit kon regkry. Ek het gebewe en was so opgewonde soos 'n klein kindjie voor 'n kersfees boom.
Nou is ek hard besig aan die beplanning vir my eerste bosvark!!!!
Om julle te antwoord oor waarmee ek skiet. Aangesien ek einde laasjaar eers begin skiet het, het ek nog nie my eie geweer op my naam nie, op die oomblik skiet ek met een van my kerel se gewere, sy 3006 wat ek die azautra supressor laas maand laat opsit het om die klank minder te maak. Maar my pa het sy 303 vir my gegee, so ons is besig om hom sport te maak en ek gaan 'n sintetiese kolf vir my laat opsit. Hy het ook 'n 270 wat ek kan kry maar ek probeer nou eers die 303 op my naam kry dan sal ek die 270 opsit.
Ek is baie opgewonde oor dit wat voorle vir my wat jag aanbetref, ek geniet dit verskriklik. Ek het my hoë hak skoen vir jagskoene verruil, maar my naels en make-up sal nogsteeds gedoen wees as ek met my camo's die veld betree. Ons jag ook met die jaghonde bosvarke maar daai soos van julle seker sal weet is 'n ander storie, ek leer elke dag en kan nie wag om al die stories, fotos en herrinneringe wat nog gemaak gaan word met julle te deel nie.
Baie dankie vir die wonderlike blad!!
Pienkjag Groete
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 1:28 pm
by KalahariKlong
Ag lekker, klink my jou kop is in die regte rigting.
Geniet dit, dis die begin van 'n wonderlike avontuue.
Baie welkom.
Groete
KK
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 1:38 pm
by Katefbessie

"Pinky's got a brain"
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 1:47 pm
by PWV
Pienk Camo wrote:Ek is baie opgewonde oor dit wat voorle vir my wat jag aanbetref, ek geniet dit verskriklik. Ek het my hoë hak skoen vir jagskoene verruil, maar my naels en make-up sal nogsteeds gedoen wees as ek met my camo's die veld betree. Ons jag ook met die jaghonde bosvarke maar daai soos van julle seker sal weet is 'n ander storie, ek leer elke dag en kan nie wag om al die stories, fotos en herrinneringe wat nog gemaak gaan word met julle te deel nie.
Baie dankie vir die wonderlike blad!!
Pienkjag Groete
Hoe reageer die wild op die pienk camo's?

Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 2:08 pm
by Jacquesb
Welkom
Lekker kuier.
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 2:27 pm
by henning
Baie welkom, jy is op die regte plek, hier gaan jy nog lekker gesels.
Groete
Henning
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 3:45 pm
by Wielie Waps
Baie welkom hier.
Kry tog net jou kerel ook om hierdie kampvuur anders gaan hy dink jy het 'n skelmpie.
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 3:50 pm
by Cinderella
Girl Power !!! Baie welkom
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 7:04 pm
by win270
Pasop vir die grimering as die bokke jou dalk daardeur makliker ruik, Pienk Camo.
Geniet dit op hierdie forum! En ja, die nuwe fonds (dis nou hierdie forum) kan baie maklik verslawend raak!
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 7:23 pm
by Heinz Petersen
Welkom hier en gesels saam.
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 8:16 pm
by Pienk Camo
Baie dankie vir almal se verwelkomings. Sjoe weet nie waar om te begin reply nie. Wat die pienk camo drag aanbetref ek gee ni om of die label pienk is nie, dan sal dit ook werk. Solank da net bietjie vroulikheid by is. Dan die grimeering, ek besmeer my gelukkig nie. Ekt darem al geleer dat die parfuum bottel by die huis moet bly hehe. Want glo my da is niks erger om hard te werk om bosvarke op die kos te kry en dan wanneer jy wil gaan skiet waai die wind verkeerd en die bosvark kry jou reuk nie. Maar toemar ek gaan hom nog kry. Kani wag om daai foto te deel nie.
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 9:04 pm
by .223 JAGTER
Welkom Pienk Camo jy moet vir ons die voor en na fotos wys van die .303 as jy met hom klaar is
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 9:10 pm
by win270
Behalwe die kamoefleerdrag, soek vir jou ook goeie jagskoene uit. Hier is handige riglyne:
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=62&t=27193
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Fri Oct 17, 2014 11:38 pm
by Pienk Camo
Dis reg ek sal die before and after fotos op sit. En gelukkig het ek darem goeie jagskoene, ons het 'n sport skoenwinkel en ek het seker gemaak ek kry die regte skoene.
Re: Nuwe vroulike jagter
Posted: Mon Oct 20, 2014 12:54 pm
by jamalley
Welkom Pienk Camo, hoop jy geniet dit sommer baie hier.