Page 1 of 1
Koedoe eis egpaar - Noord-Kaap
Posted: Fri Oct 17, 2014 5:57 am
by win270
Tragies en dit gebeur nogal gereeld dat mense op so 'n wyse verongeluk.
http://www.netwerk24.com/nuus/2014-10-1 ... eis-egpaar
Re: Koedoe eis egpaar - Noord-Kaap
Posted: Fri Oct 17, 2014 6:57 am
by Danie01
Tragies, gebede gaan aan die familie en vriende.
Die koedoes op daai pad raak net al hoe meer en gevaarliker
Re: Koedoe eis egpaar - Noord-Kaap
Posted: Fri Oct 17, 2014 6:59 am
by BRNO (Pierre)
Baie tragies. Sterkte aan die familie wat agterbly.
Re: Koedoe eis egpaar - Noord-Kaap
Posted: Fri Oct 17, 2014 10:28 am
by Pappabeer
Danie01 wrote:Tragies, gebede gaan aan die familie en vriende.
Die koedoes op daai pad raak net al hoe meer en gevaarliker
Dit is so. Meeste van die plase daar is aan "vooraf benadeeldes" terug gegee, wat nie self op die plase iets doen nie, en die koedoes teel aan dat dit bars. Wat opsigself nie n slegte ding is nie, maar instandhouding van heinings en om getalle te beheer is wel n goeie idee.
Ek het self n koedoekoei geslaan 10km buite Campbel in 2012, en daardie selfde aand nog meer as dertig gesien op pad Kimberley toe oor 90km.
Re: Koedoe eis egpaar - Noord-Kaap
Posted: Fri Oct 17, 2014 7:44 pm
by Johan243
Naand
Het al self n paar close calls gehad op daai pad as jy so 6 uur in die oggende daar ry oppad Upington toe.Het 2 weke terug n kamera daar by die Delportshoop afdraai op die Vaalrivier se brug getrap,wag nog vir die skok.Daar moet n man maar katvoet ry met af die koedoes
Johan