Page 1 of 1

Hoe vergelyk Jag & Drink

Posted: Thu Oct 16, 2014 9:16 pm
by Karoo Klong
Wel, jy sien dit werk so…
‘n Trop buffels beweeg net so vinnig soos die stadigste buffel. Wanneer die trop gejag word is dit die stadigste en swakste agter wat geskiet word. Die natuurlike seleksie is goed vir die trop as ‘n geheel want die spoed en toestand van die trop verbeter deur die gereelde eliminasie van die swakste troplid.
Op dieselfde manier funksioneer die menslike brein net so goed soos die swakste breinsel. Soos ons weet, vernietig oormatige gebruik van alkohol breinselle. Maar natuurlik val die alkohol die stadigste en swakste breinsel eerste aan. Op hierdie manier, deur gereelde gebruik van alkohol, word die swakste en stadigste breinselle vernietig, wat dan die brein vinniger en meer effektief laat funksioneer…
en dit is hoekom jy altyd slimmer voel na ‘n paar doppe!

Re: Hoe vergelyk Jag & Drink

Posted: Thu Oct 16, 2014 10:09 pm
by Gert Jan
Laat jou wonder, veral asjy student is!

Re: Hoe vergelyk Jag & Drink

Posted: Thu Oct 16, 2014 10:10 pm
by Bulvegter
Wat 'n pragtige verhaal.

Re: Hoe vergelyk Jag & Drink

Posted: Fri Oct 17, 2014 5:22 am
by sako 30-06
Ek sal dit maar vanaand moet toets! :laugh:

Re: Hoe vergelyk Jag & Drink

Posted: Fri Oct 17, 2014 6:06 am
by GvA
Dit laat mens drink!

Re: Hoe vergelyk Jag & Drink

Posted: Fri Oct 17, 2014 8:05 am
by andre007
Cheers!! waaroor het ons nou weer gepraat?

Re: Hoe vergelyk Jag & Drink

Posted: Fri Oct 17, 2014 8:10 am
by tripodmvr
Lyk my die teorie word gestaaf as ek na al die slim antwoorde luister.

Re: Hoe vergelyk Jag & Drink

Posted: Fri Oct 17, 2014 8:12 am
by matewis
Nou moet die mammas ons net weer challenge! Maak heeltemal sin vir my... Of die skoner geslag gaan val vir die een twyfel ek sterk!

Re: Hoe vergelyk Jag & Drink

Posted: Fri Oct 17, 2014 8:21 am
by sako 30-06
matewis wrote:Nou moet die mammas ons net weer challenge! Maak heeltemal sin vir my... Of die skoner geslag gaan val vir die een twyfel ek sterk!
Dis hoekom jy hulle eers oortuig na n paar drankies :)
Die geheim is mamma moet ook saam drink.

Re: Hoe vergelyk Jag & Drink

Posted: Fri Oct 17, 2014 7:44 pm
by Karoo Klong
Baie dankie aan al die lede wat hierop kommentaar gelewer het. Bly om te sien daar is diegene wat die humor hierin kan raaksien. (en ervaar)

Karoo groete

Re: Hoe vergelyk Jag & Drink

Posted: Fri Oct 17, 2014 9:01 pm
by andre007
sheeeeeeers

Re: Hoe vergelyk Jag & Drink

Posted: Mon Nov 03, 2014 8:58 pm
by skietgat
Ja nee. Slim word ons beslis na n lekker paar koues. Dan kan mamma my niks vertel nie. Want ek is mos n genie.
skerp kerels.

Re: Hoe vergelyk Jag & Drink

Posted: Wed Nov 05, 2014 10:59 am
by Jacquesb
Dis weet tyd om natuurlike seleksie aan te help voel ek.
Cheers

Re: Hoe vergelyk Jag & Drink

Posted: Wed Nov 05, 2014 2:32 pm
by Riaan Kriel
Eendag toe vertel ek ook die slim idee vir my vrou, reken sy my toe dat 'n harde hou oor die kop behoort ook die swakkere breinselle te dood. As ek nou wil gaan suip sal sy op haar manier my ook kan help.. :)

Ek lees nou die dag die een raak "Die ou gaan pub toe en kuier saam met sy pelle. Sy vrou stuur sms en vra hoe laat kom hy terug. Hy antwoord toe daarop per sms - Drink laaste bier saam met die manne, ek is oor 'n halfuur by die huis. As ek dan nog nie terug is nie - lees die boodskap weer"