Page 1 of 1

Soek 'n vlerk?

Posted: Thu Mar 24, 2011 10:14 am
by KSV
Ek wil net hoor of daar iemand is wat 'n 16 jarige seun onder sy vlerk wil neem wat belang stel in skiet. Die Ma is 'n enkelouer.

Julle kan my kontak en ek sal alles verder reel?

Maak mooi!
Hein

Re: Soek 'n vlerk?

Posted: Thu Mar 24, 2011 11:07 am
by grumpy
Hi KSV,

Waar bly die mense? Ek rig skyfskiet af by n skool want die onderwysers stel nie belang nie. Ek is in Benoni as dit enigsins sal help.

Kontak my gerus op 0721044110 of email armour1@live.co.za

Johann

Re: Soek 'n vlerk?

Posted: Thu Mar 24, 2011 11:12 am
by KSV
Johann,

Dankie vir die terugkom.

Hulle woon in Booysens. Ek het nie n idee hoe ver hulle van mekaar is nie.

Groete,
Hein

Re: Soek 'n vlerk?

Posted: Thu Mar 24, 2011 1:03 pm
by grumpy
Hi Hein,

Dis in JHB. Redelike entjie van my. Laat hy my kontak dan sien ons wat ons kan uitwerk.

Johann

Re: Soek 'n vlerk?

Posted: Thu Mar 24, 2011 2:00 pm
by KSV
Johann,

Het jou besonderhede vir hulle gegee.

Hulle se Booysens in Pretoria.

Maak mooi!
Hein

Re: Soek 'n vlerk?

Posted: Thu Mar 24, 2011 2:04 pm
by Geno
Hein, ek's by SAJWV Brits tak, hulle kan my ook bel.

Groete,
Eugene

Re: Soek 'n vlerk?

Posted: Tue Apr 12, 2011 5:29 pm
by Pvdw
KSV ek is in Pta. Waarmee wil hy skiet? Ek aanvaar seker luggeweer om aan die gang te kom?? Kan darm sy eie windbuks koop soos tyd aangaan veral met die lisensie ding. Sy ma sal seker tog nie altyd kan saamgaan as hy baan toe wil gaan nie??

Ek skiet by Montana skietklub. Dis by Kaalplaas op Onderstepoort. Vir 'n begin sal hy verniet kan kom saamskiet en kyk en as hy wil aansluit is fooie BAIE redelik.

Ek sal kan help maar my 2 latte is gewoomlik ook daar so dis soms maar 'n bietjie wag voor dit weer jou beurt is.

My nr. is 082 920 3978 as hulle wil inligting kry.

Peet

Re: Soek 'n vlerk?

Posted: Tue Apr 12, 2011 5:33 pm
by JPS
Manne is daar 'n booysens in PTA? Ek was in polidie op booyesens gewees baie jare terug en dit is in JHB?

Groete
Jan

Re: Soek 'n vlerk?

Posted: Tue Apr 12, 2011 6:09 pm
by Pvdw
Ja dis op die hoek van Van der Hoff en Bremer. Dis die noord westelikke gedeelte van daai hoek. Dis naby Pta Tuine en Hercules so klipgooi van die Daspoort tonnel.

JPS ons het ons eie Booysens hier in Pretiria 8) 8)

Peet

Re: Soek 'n vlerk?

Posted: Tue Apr 12, 2011 7:24 pm
by JPS
Thx Peet

ook nou iets bygeleer ;D