Page 1 of 2
110gr V-max .308Win
Posted: Wed Mar 23, 2011 11:10 pm
by Arnold
Manne, gou 'n vraag vir die manne met 'n bietjie meer ondervinding.
Ek is genooi om te kom help uitskiet aan 'n paar springbokke. Ek sou graag my 260 Rem wou gebruik maar hy is nou nog nie by my nie. So ek het 'n 223 Rem en 'n 308 Win.
Die 223 sal elkgeval saamgaan en ek skiet Sierra 55gr SBT in hom teen so 3080 fps uit die 20" loop.
Maar nou wonder ek oor die 308 wat ek ook wil saamvat. Ek skiet eintlik maar net 155gr match punte en soek 'n punt wat makliker gaan ontplof vir daai kop en hoe nek skote, sou julle s? die 110gr V-Max teen so 3240 fps is die regte medisyne?
Ja, ek weet ek kort seker 'n 6mm maar dit is vir nou al wat ek het

Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Fri Mar 25, 2011 10:50 am
by foxripper
As jy al met die V-Maxe geskiet het en jy is tevrede met sy groepering op 200m en meer, go for it. Het self n 308 maar het nog nie met die 110gr V-Max'e geskiet nie maar ek glo hul sal lekker val
Oppas net vir die kakebeen skote ..

Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Fri Mar 25, 2011 10:57 am
by Arnold
Teen 3240 fps skiet die koeeltjie taamlik platter as my 155gr@2650fps tot op 350m. Ek sal maar eers moet sien of hulle groepeer.
Ek het gisteraand 'n paar gelaai voor 'n dop vol S321, so ek sal hopelik Saterdag sien hoe hulle maak.
Die kakebeen skote is juis die ding waarvoor ek bang is, want dit het al met my gebeur. Gelukkig het die bok geval en voor hy kon opstaan het ek weer 'n skoot gestoot

Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Fri Mar 25, 2011 12:34 pm
by ELTIE
Arnold
Laat weet asb hoe dit gegaan het met die 110gr punte wil dit ook nog probeer.
Dankie
Elton.
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Fri Mar 25, 2011 12:44 pm
by foxripper
Dit werk blykbaar baie goed, vra vir Ponkie.
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Fri Mar 25, 2011 6:00 pm
by Boertjie
Ek laai 47 gr 335 kruit met die 110gr v-max en hy loop soos stroop.
So van 250m af val hy kaai as jy instel op 100m.
Boertjie
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Sat Mar 26, 2011 9:36 am
by WOLF
Boertjie wrote:
Ek laai 47 gr 335 kruit met die 110gr v-max en hy loop soos stroop.
So van 250m af val hy kaai as jy instel op 100m.
Boertjie
Ek het self met die 110gr v-max'e geskiet en weens die beskikbaarheid eers met die Nosler BT 150GR aangegaan.Ek kry toe by S/O 110GR Berger varmint punte.Ek het gisteraand n paar springbokke geskiet met die punte en is baie tevrede met hulle.n Paar kopskote asook nekskote en almal het soos osse neergeslaan.Ek laai hulle ook 47gr 335 met n 2mm jump op pmp doppe,cci 200 primer.Ek zero op 150m in die nag en het dan geen probleem tot op 300m nie.
WOLF
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Sat Mar 26, 2011 10:34 am
by Boertjie
Wolf
As jy instel op 150m waar skiet jy op 300 en se so op 80m
Boertjie
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Sat Mar 26, 2011 11:54 am
by WOLF
Boertjie
Ek het nog nie die trajek so in detail uitgetoets nie,maar wat ek wel weet is dat as jy op 200m zero jy geneig is om op korter afstande bo oor te gaan en vandat ek dit nou so doen geen probleme meer nie.Ek skat dat hy so ongeveer 4-6duim op 300m laer skiet.
WOLF
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Sat Mar 26, 2011 5:26 pm
by Francois Marais
Arnold
As jou uitskiet in die nag is sou ek met die 223 gaan..jy het niks meer nodig nie......as dit in die dag is.....sou ek steeds met die 223 gaan
Mooi loop
Francois
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Sat Mar 26, 2011 5:55 pm
by JOHANNIC
Arnold
As ju 107gsc sp kan kry gaan jy so 2 duim minder val op 300m kry 3500vps 12cm val van 200 na 300m die 110vmax val so 16.4cm

Dis some lekke plat vir uitskiet as jy met 308 moet skiet
wonder nogal wat gaan die recoil wees,amper niks as ek kan raai
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Sat Mar 26, 2011 6:40 pm
by Ponkie
foxripper wrote:
Dit werk blykbaar baie goed, vra vir Ponkie.
Foxripper en Arnold
Ja ek het hulle getry en weer getry! Het 'n pakkie van hulle by Sir Taf gekry. Hulle het vir my sommer mooi geloop tot op 200m daarna het hulle my redelik teleurgestel. Ek het hulle dalk bietjie te warm gelaai en meskien die rede vir die swak groepe. Ek het hulle 47gr S335 in 'n PmP dop en Magnum primers gehad teen 3300ft/s. Ek het hulle so 1.5'' hoog op 100m gehad en dan zero op 200m. Op 100m het ek maklik <1'' groepe geskiet, op 200m seker so 2-2.5'' groepe, maar daarna val hulle soos 'n klip en die groepe sit die blaai vol! Nouja mens skiet nie maklik verder as 200m op 'n jakkie in die nag nie, so jy kan dit seker 'n go gee, maar dis risky! Dan skiet ek eerder 'n 150gr Bal Tip en ek ken my trajek.
Dalk is Oom Wolf se plan 'n beter idee as die 110gr V-maxe. Berger is mos geneig om langer punte as die ander fabrikate te produseer.
My opninie: Probeer die 110gr Berger teen so 3200ft/s en zero op 150m. Vir hierdie operasie sal dit dalk 'n wenresep wees.
Laatweet ons wat jy besluit en getoets het. Dalk leer ons almal iets nuuts. Dis tog wat ons hier probeer doen.

(Dis van my meisie, sy het gese ek moet dit vir al die Ooms opsit wat so die bokke buite die jagseisoen skiet) Haha!
Groetnis
Ponkie
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Sat Mar 26, 2011 6:52 pm
by Arnold
Manne, met die doppe vol dryfmiddel kry ek toe so effens druk en my spoed spring ewe skielik. Gelukkig het laag begin en stadig opgewerk so niks gevaarliks het gebeur nie.
Nou ja, dit druk toe die spoed eweskielik 3380 fps slaan met die koeeltjies
Groeperings was nie wat wonders nie en ek moet nog verder aflaai as waarmee ek begin het. My begin spoed met 50.5gr S321 was al 3250 fps. Ek skat die groepering behoort te krimp as ek bietjie laer afgaan.
Vir eers sal ek maar die 308 by die huis los want met die 223 sit ek gemaklik 5 skote binne 0.5 MOA en het dit vandag weer op die baan gedoen. En dit met 'n Howa ;)
Jahan, daai SP gaan nog slegter vaar met betrekking tot terminale werkverigting as 'n "match" koeel. Al skiet hy plat vat ek maar eerder die 55gr soft point vir hierdie operasie.
Ponkie, dit hang af van waar jy skiet en wat jy skiet wat die jagseiesoen is

Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Sat Mar 26, 2011 8:03 pm
by Biltongjagter
Jahan, daai SP gaan nog slegter vaar met betrekking tot terminale werkverigting as 'n "match" koeel. Al skiet hy plat vat ek maar eerder die 55gr soft point vir hierdie operasie.
SP bullets are non expanding spitser type bullets and are not recommended for hunting unless you have a specific application.
SP's is nie veronderstel om enige terminale werkverrigting te h? nie!
...... unless you have a specific application
kan hoogstens as baie goeie kop- en nekskote alleen vertolk word.
SP's vervorm/(mushroom) glad nie!
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Sat Mar 26, 2011 9:41 pm
by Arnold
Ai Koos, ek weet en daarom my komentaar.
Selfs die 100gr HV gaan nie doen wat ek soek nie en sy BC is ook swakker as die V-max. Die ouens skiet mos maar sagte lood kern koeels vir hierdie doel en om goeie rede.
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Sat Mar 26, 2011 10:48 pm
by Francois Marais
Arnold
Het jou mos gese........
Mooi loop
Francois
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Sun Mar 27, 2011 8:52 am
by JOHANNIC
Arnold
Ek het aanvaar jy moet kopskote skiet omdat jy gese het jy het die geleentheid om springbokke te gaan uitskiet????????????
As dit nie die geval is nie (kopskote) vat dan eerder jou 308,want as jy n winderige dag kry met 223...........

Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Sun Mar 27, 2011 10:26 am
by Biltongjagter
Arnold wrote:
Ai Koos, ek weet en daarom my komentaar.
Het so aanvaar, Arnold!
My kommentaar terwille van andere wat met die goed rondspeel en eksperimenteer met heeltemal die verkeerde gebruike daarvoor in gedagte

Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Sun Mar 27, 2011 11:56 am
by Arnold
Jahan, dit is die geval. Daar sal kopskote geskiet moet word, maar as jou skoot sleg geplaas is maak 'n fragment van die koeel dalk sy pad na 'n senewu of die brein toe en help 'n bietjie. 'n Solid gaan nie dit doen nie.
Ek sal later moet kyk of ek die 110gr koeeltjie kan laat groepeer in my geweer, maar sal my 155gr laai sodat ek weet as ek daarmee skiet behoort dit raak te wees. Dit is soos jy s?, as die wind waai dan is die 55gr uit die 223 Rem bietjie lig en hy word taamlik rond gevoeter. My 260 Rem sou 'n beter tool gewees het maar daar is nie 'n kans dat ek die lisensie betyds het, die loop inbreek en 'n lading uitwerk voor einde April nie
Ek sal maar volgende naweek dalk 'n bietjie met die 223 oefen by die S&O challange en sien hoe ek vaar.
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Sun Mar 27, 2011 3:19 pm
by Wouter Roets
Arnold
Met ons uitskietery in Nam gebruik hele paar manne die 308. Dit is nie altyd manne wat net een geweer besit nie! Daar is verskeie manne wat baie beter kalibers besit as die 308 maar helaas dit is waarmee hulle verkies om te skiet! Gaan nog steeds my verstand te bowe!
Sonder uitsondering gebruik die manne 150 en 155gr koeels. Hulle is dodelik tot so die 250m merk sonder te veel kompensasie.
Groetnis
Wout
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Thu Mar 31, 2011 4:14 pm
by WOLF
Manne hier is n foto of twee van wat die berger punte maak.
[img width=560 height=420]
http://i852.photobucket.com/albums/ab81 ... AG2003.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i852.photobucket.com/albums/ab81 ... AG2006.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i852.photobucket.com/albums/ab81 ... AG2004.jpg[/img]
Ek het nou al so 80 s/bokke in n paar aande geskiet en is baie "impressed"
Jammer Francois dat ek nou weer die ou 308 moet goed praat,maar hy bly darem maar bobaas.
WOLF
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Thu Mar 31, 2011 4:28 pm
by Arnold
Daai is die klas van performance wat ek soek. Ek het so bietjie gespeel met die syfers en 'n 125gr BT teen 3000fps gaan beter vaar as die 110gr V-max teen 3200 fps as mens in 'n bietjie wind moet skiet.
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Thu Mar 31, 2011 8:25 pm
by Francois Marais
Wolf
Jammer Francois dat ek nou weer die ou 308 moet goed praat,maar hy bly darem maar bobaas.
Ja-ja....Enige geweer kan daai sopkoppies se koppe so stukkend skiet, neem bietjie daai groot ramme se koppe af wat daar hang, daar is net een geweer wat ek van weet wat n groot ram se kop stukkend kan skiet, en dis n 25-06 op 80m.
My2c....
Mooi loop ou bobaas 308.....

Francois
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Thu Mar 31, 2011 8:27 pm
by fanie17
Arnold
Hoekom kyk jy nie ook na 130gr barnes tsx boattails nie.Dit is n lekker lang patroon wat jy sal kan stabiliseer in jou geweer en jy sal tot 2900vts kan kry,dit is dieselfde as n 270 met 140gr punte.Behoort te kan doen wat jy nodig het.
Re: 110gr V-max .308Win
Posted: Thu Mar 31, 2011 9:08 pm
by herley
FM
Ek kan saam stem oor die sop koppie,maar soos jy weet gooi ek ook met n 308 met 150 grein en ekt ook voorheen met 125gr n groot ram se kop so laat lyk op 100m, ek sal more n foto opsit van daai bok se kop