Page 1 of 1

los lens..!

Posted: Tue Oct 14, 2014 9:53 pm
by Roden
Naand manne,

Ek sit met n probleem, my.243 het n Tasco 3-9x50 scope op ( ja, ek weet nie so goeie scope nie), maar hy't my nog nooit probleme gegee nie tot laasweek, ek't my geweer bietjie olie gegee toe sien ek my eye lense is los,! Sal julle voorstel ek kry n nuwe scope of los dit maar? Want die scope gee my nie accurasy probleme nie ek skiet n duim groepering op 100m met geen probleem, ek't n Vortex 4-12x50 op my 30-06 en hy werk bitter goed, ek kan nog sulke vortex op my. 243 sit, maar weet nie of dit nodig is nie,? Wat sal julle voorstel?

Re: los lens..!

Posted: Tue Oct 14, 2014 9:57 pm
by Kalahari
Roden

Ek sal voorstel om maar in 'n nuwe teleskoop te belê. Ek het dit ook oorgekom so 4 jaar gelede ,ook met 'n Tasco wat die lens vir my so skuins loer. Ek het nie eers probeer om die herstelopsie te ondersoek nie, maar ander een (nie tasco) gekoop.

Dit is nou 'n goeie verskoning vir iets nuuts. ;)

Re: los lens..!

Posted: Tue Oct 14, 2014 9:59 pm
by Roden
Ja nee wat, sal maar bietjie moet rond soek!

Re: los lens..!

Posted: Wed Oct 15, 2014 6:21 am
by Johan308
Een van my vriende het ook so gesukkel met sy tasco scope, hy het maar 'n nuwe scope gekoop en sy probleme was opgelos.

Re: los lens..!

Posted: Wed Oct 15, 2014 6:34 am
by tripodmvr
Die lense aan die voor en agterkant van 'n teleskoop word gewoonlik deur skroefringe vasgehou. Het die ring nie net losgedraai en kan so herstel word nie?

Re: los lens..!

Posted: Wed Oct 15, 2014 7:00 am
by win270
Stem saam met tripodmvr. Moenie sommer net weggooi nie. Dit is dalk net die moeite werd om na goeie geweerwinkel te neem waar iemand die foutjie (hopelik) maklik kan regstel.

Re: los lens..!

Posted: Wed Oct 15, 2014 10:02 am
by Roden
Nee, hy het sulke snaaks ding gehad wat hom vasgehou het wat heeltemal los getrek het, dis n crappy manier om die lens vastehou, ek is nie Seker hoe om te verduidelik nie maar dis amper soos n Ronde rubber wat vol gom is :D

Re: los lens..!

Posted: Wed Oct 15, 2014 10:15 am
by Roden
Hier's n foto van die O'ring

Re: los lens..!

Posted: Wed Oct 15, 2014 10:16 am
by Roden
Nou net sonder die skroewe

Re: los lens..!

Posted: Fri Oct 17, 2014 2:38 pm
by gho
Dalk het die Lock ring wat die rubber o ring teen lens vasdruk weggeval.
gho

Re: los lens..!

Posted: Fri Oct 17, 2014 3:38 pm
by FCLoretz
Bel vir Ultimo, hulle is die agente vir Tasco en Bushnell. Hulle sal jou kan se of dit herstelbaar is, al dan nie.

ULTIMO
Marlin House (Ground Floor)
Norbuy Office Park
372 Rivonia Boulevard
Rivonia, 2128
Johannesburg, South Africa
COORDINATES
-26.046700 | 28.059740
CONTACT DETAILS
Tel: +27 11 785 4700

Re: los lens..!

Posted: Tue Oct 21, 2014 6:33 pm
by Roden
naand , ek`t toe die hele scope uitmekaar uitgehaal en die hele ding was binne in los... toe draai ek als vas en toe werk hy weer perfek darm was dit nie so erg soos ek verwag het nie

Re: los lens..!

Posted: Tue Oct 21, 2014 8:23 pm
by win270
Goed om te hoor jy het nie 'n ander een onnodig aangeskaf nie.

Re: los lens..!

Posted: Tue Oct 21, 2014 8:37 pm
by tripodmvr
Soos hulle in Engels sê - jy sal hom moet kokkenotch dat hy nie weer losdraai nie. Loctite of superglue is jou maaties.

Bly jy kon it regkry dat hy eer kyk waar hy moet kyk.