Page 1 of 1

Vortex Viper HS 4-16x50 en Bushnell Elite 6500 2.5-16x50

Posted: Tue Oct 14, 2014 9:49 am
by Abrie Smit
Ek het 'n Vortex Viper HS 4-16x50 teleskoop op my .243 Ackley waarmee ek jakkalse skiet. Ek is baie tevrede met dit. My vraag: Hoe vergelyk die Bushnell Elite 6500 2.5-16x50 Waterproof met dit en wat dink julle van die Bushnell? Op watter kalibers sal dit werk of nie werk nie? Hoe gaan dit in die nag vaar? ( helderheid ) Geno, vertel bietjie meer van die March teleskope, asb.

Mooi loop

Re: Vortex Viper HS 4-16x50 en Bushnell Elite 6500 2.5-16x50

Posted: Tue Oct 14, 2014 11:28 am
by Sangoma (IAN)
Ekt al 2 Elite 6500 gehad. 2.5-16 en die 4.5-30. Albei great scopes! Hulle glas is uitstekend en mechanical ook baie goed.
Ek het die 2.5 verkoop en die 4.5 gekoop. Wou bietjie meer vergroting he.

Word in Japan vervaardig. Nightforce, Lynx en Sightron ook...