Page 1 of 1

Nuweling

Posted: Sun Oct 12, 2014 5:52 am
by Matewis28
Goeie more!

Hou al klaar van die forum. Baie inligting. In die proses om my oupa se 308 aan te skaf. Moet kluis koop so gooi maar idees van hoe en waar.

Dankie

Jaco

Re: Nuweling

Posted: Sun Oct 12, 2014 6:27 am
by Heinz Petersen
Welkom Kettingsaag. Vertel bietjie van waar is jy en jag jy of doen jy papierskiet of skiet jy ook bel-afstande.

Re: Nuweling

Posted: Sun Oct 12, 2014 6:50 am
by Jacquesb
Welkom Kettingsaag.
Jy gaan die forum geniet.

Vertel ons meer van jouself.

Re: Nuweling

Posted: Sun Oct 12, 2014 7:00 am
by Matewis28
Doen nie die papierskiet ding nie. Al van St.3 af begin skiet en in St.5 my eerste springbok geskiet met 'n .223. Wil graag lisensie uitsorteer aangesien my pa my oupa se .308 gekry het en dit my erfstuk is.

Bly in Protea Hoogte, Slaapstad. Jag meestal in die Namakwaland. Loeriesfontein se wereld. En al gaan jag buite Williston.

Dankie vir die verwelkoming!!

Re: Nuweling

Posted: Sun Oct 12, 2014 7:13 am
by Heinz Petersen
Sommer n klipgooi van my af.

Re: Nuweling

Posted: Sun Oct 12, 2014 7:24 am
by Matewis28
Heinz Petersen wrote:Sommer n klipgooi van my af.
Omtrent ja. Tankwa karoo?? Ons is 'n groep vriende wat einde Maart met die motorfietse daar deur is. 24ste van hierdie maand gaan ek weer vir die naweek Tankwa Gasteplaas toe.

Re: Nuweling

Posted: Sun Oct 12, 2014 8:51 am
by Boesman10
Welkom Kettingsaag. Bly ons Wes Kaap brigade sterk so goed aan.

Re: Nuweling

Posted: Mon Oct 13, 2014 9:25 am
by jamalley
Welkom Kettingsaag, hoop jy geniet dit hier. Hou ook van jou kaliber keuse

Re: Nuweling

Posted: Mon Oct 13, 2014 1:19 pm
by Matewis28
Baie dankie julle. Ja nee hier is baie inligting beskikbaar

Re: Nuweling

Posted: Mon Oct 13, 2014 1:21 pm
by Wattlegrove
Baie welkom. Mens leer baie hier.

Re: Nuweling

Posted: Mon Oct 13, 2014 1:56 pm
by J le Roux
Hi Jaco

Welkom hier.

Daar is juis 'n lid wat 'n kluis in die Kaap adverteer, hier is die link
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=35938

Re: Nuweling

Posted: Tue Oct 14, 2014 6:24 pm
by MGP
Dag Kettingsaag, welkom vanwaar die lekker naam?

Re: Nuweling

Posted: Tue Oct 14, 2014 9:07 pm
by Matewis28
MGP wrote:Dag Kettingsaag, welkom vanwaar die lekker naam?
Ek het 'n BMW F650GS Dakar met 'n Two brothers pyp op. Met my eerste trip Vredendal toe het een van my pelle hom Kettingsaag gedoop aangesien hy net 'n kettingsaag blaf.