Page 1 of 2
Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-24
Posted: Fri Oct 10, 2014 9:07 am
by Mauser browser
More kerels
Dis nou tyd vir scope koop - Ek het nou vir my 'n 300WSM aangeskaf in Tika T3 Hunter, ek gaan hom meestal gebruik vir vlaktes jag so ek is nie opsoek na 'n 'tactical' scope nie, meer 'n 'all-rounder' vir jag en so nou en dan op die skietbaan. Ek kan elk van die 3 bogenoemde scopes kry vir onder R15k in Australia (skoonma kuier).
Watter scope is die beste? Is daar 'n ander scope wat ek ook moet oorweeg?
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Fri Oct 10, 2014 9:13 am
by Katefbessie
Eish daai is nou 'n moeilike keuse... ek dink jy gaan tevrede wees met enige van hulle. Kyk maar na die reticles waarvan jy hou. My persoonlike keuse vir vlakte jag sal heel moontlik die NightForce wees. As jy reeds ringe het hou net ingedagte dat die Zeiss 'n 1' tube het.
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Fri Oct 10, 2014 9:24 am
by Mauser browser
Die tube diameter van die Leupold is 34mm, NF 30mm en die Zeiss 1". Ek hoop maar hulle sal al 3 in voorraad he as ek gan koop, maar op papier is die Leupold die wenner.
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Fri Oct 10, 2014 9:35 am
by Katefbessie
nou maar toe dit lyk asof jy reeds einlik weet watse een jy jou hart op het!
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Fri Oct 10, 2014 9:40 am
by matewis
Hoe groot is skoonma se tas?
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Mon Oct 13, 2014 8:52 pm
by tgg
Rifle scopes:This is the most important piece of equipment when calling or shooting at night. The low light intensity requires a good quality scope which gathers enough light to be able to identify an animal out to 300m. A scope with a magnification of 8 or higher power, but not more than 14 and a front lens diameter of 50mm or more is required.No farmer will forgive you for shooting a non target animal by mistake. Most mistakes can usually be attributed to an inferior or under-powered scope. The scopes brands I recommend are Leupold, Meopta, Zeiss, Swarofski, Schmidt und Bender, Khales, etc. which are top quality that won't let you down.
Volgens Hein Funck
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Wed Oct 15, 2014 7:37 am
by Mauser browser
Dankie vir jou inset tgg, ek het na die Leupold gaan kyk en toe die Nightforce, ek dink ek gaan die Nightforce vat, hy 'voel' net reg, niks fout met Leupold nie, mar daai Nightforce praat met my.
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Wed Oct 15, 2014 7:39 am
by Wouter Roets
Mauser
Ek sal loshande die Leupold vat tussen daai drie.
Groetnis
Wouter
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Wed Oct 15, 2014 7:48 am
by Silent Hunting
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Mon Oct 20, 2014 6:52 pm
by bertie
naand manne
ek wil net gou hoor of bogenoemde leupold beskikbaar is in SA? indien wel waar kan ek vir hom soek?
groete
bertie
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Mon Oct 20, 2014 11:37 pm
by Safari Outdoor
Wouter Roets wrote:Mauser
Ek sal loshande die Leupold vat tussen daai drie.
Groetnis
Wouter
Wouter, onthou tussen die Sako, Ruger en Steyr sal jy die Ruger ook vat......
Net n grappie!
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Tue Oct 21, 2014 3:40 am
by Finfan
Ek stem saam Wouter. Het Leupold en Nightforce op my gunne en volgens jou vereistes soos hier bo sal ek verseker gaan vir die Leupold. Waar in Aus is dit? Ek is ook tans hier en mag dalk vir my ook so vroee kersgeskenkie saambring Vaderland toe.
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Tue Oct 21, 2014 7:01 am
by Mauser browser
Finfan wrote:Ek stem saam Wouter. Het Leupold en Nightforce op my gunne en volgens jou vereistes soos hier bo sal ek verseker gaan vir die Leupold. Waar in Aus is dit? Ek is ook tans hier en mag dalk vir my ook so vroee kersgeskenkie saambring Vaderland toe.
Finjan Magnum Sports het so ruk terug specials gehad op die VX-6 maar dis nou verby.
Dankie vir jul insette, ek het toe reg gekom met 'n NF NXS 5.5-22x50.
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Tue Oct 21, 2014 9:39 am
by Wouter Roets
Safari & Outdoor wrote:Wouter Roets wrote:Mauser
Ek sal loshande die Leupold vat tussen daai drie.
Groetnis
Wouter
Wouter, onthou tussen die Sako, Ruger en Steyr sal jy die Ruger ook vat......
Net n grappie!
Hallo Willem
Ons kan hierdie seker vergelyk met die volgende, wat sal jy kies tussen n Range Rover, Mercedes GL en Toyota Land Cruiser 200? Wel ek het die Land Cruiser 200 en al moes ek n chip en suspensie byvoeg staan ek nog steeds by my keuse vir my behoeftes. Aangesien jy die agent vir die twee ander is en ook nog op prag paaie daar in die Kaap rondrits sal ek weer 100% jou keuse verstaan. Die probleem kom net in as jy vir my wil kom kuier en op ons paaie moet ry waarvoor die voertuie eintlik gebou is, dan gaan daai "naam" waarin jy rondry jou net mooi niks in die sak bring nie. Dit is dan die dag dat jy eerder wens jy het die Toyota agentskap gehad en nie die twee ander agenskappe nie.
Wanneer ek weer vir jou gaan kuier op julle mooi paaie sal ek dalk heel moontlik jou keuses begeer aangesien hulle dalk so bietjie akkurater en estesies mooier in die mall parkeer areas vertoon. Verseker sal die mense met die neus in die lug houdings nie twee keer na my kar kyk by daai fensie pinkie in die lig cocktial in die hand partytjies nie. Ek sal dan maar oorbeweeg daar na die kroeg waar ek ook heel moontlik n ander ingeligte man sal kry met n Johnny in die hand en ons twee sal dan heerlik kan praat oor voeruie en wat werklik saak maak by hulle.
So Willem in kort sal my keuse nog steeds Ruger wees want die goed wat vir my saak maak en wat ek nodig het vir my aplikasie is wel in oorgawe te vinde op hulle. Dieselfde is ook dan van toepassing op Leupold teleskope en hoekom jy hulle op my Rugers sal kry.
Groetnis
Wouter
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Tue Oct 21, 2014 9:51 am
by Capt. Yoda
So wat is die Sako nou? Land Rover of die GL

Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Tue Oct 21, 2014 8:25 pm
by Piet Breedt
Ek is nou so honger, ek vrek van die dors, so vaak is ek.
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Tue Oct 21, 2014 9:23 pm
by tgg
Piet Breedt wrote:Ek is nou so honger, ek vrek van die dors, so vaak is ek.

Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Sat Nov 15, 2014 4:32 pm
by Riebeeker
Enige terugvoer
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Thu Jan 15, 2015 6:13 pm
by Riebeeker
Het enigeen al n opinie oor die Nightforce SHV 5 - 20 × 56?
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Thu Jan 15, 2015 6:40 pm
by Koos Barnard
Ek het so twee weke gelede die 5-20x Nightforce begin gebruik. Die een met die jagter-kruishaar. Toets dit vir 'n artikel tot so Maart se kant. Al wat ek kan se is dat Willem die polieste sal moet stuur om hierdie scope uit my kloue terug te kry. Stel soos 'n droom en ek wil my al verbeel hy is effens helderder as die 4-14x maar ek sal nou nie my kop op 'n blok sit nie. In elk geval meer as helder genoeg vir alle SA toestande, dag of nag.
Gaan my nie oor die Leupold of Zeiss uitlaat nie, want ek het hulle nie onlangs getoets nie.
Mooi loop
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Thu Jan 15, 2015 8:57 pm
by Riebeeker
Koos dankie vir die terugvoer. Ek spaar kwaai vir een en kan nie bekostig om twee keer te koop nie.
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Thu Jan 15, 2015 9:31 pm
by Dries101
Riebeeker wrote:Koos dankie vir die terugvoer. Ek spaar kwaai vir een en kan nie bekostig om twee keer te koop nie.
Vind maar uit hoeveel vooraad daar is, ek het gehoor met die nuwe vrag wat inkom sal pryse styg, dit maak sin met die wisselkoers. So as jy wil koop sal gouer seker maar beter as later wees. Dink nie jy kan verkeerd gaan met die shv of zeiss hd nie. Hang maar af wat jou vereistes is. Die zeiss is n mooier scope, ligter met vir my oe beter glas. Die shv het goeie verstelling nie dat die zeiss sleg sal wees nie en vir my n better kruishaar opsie wat op moar werk. Keuse is joune. Maar wanneer die jag seisoen weer begin gaan jy hop om die shv in die hande te kry dink ek.
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Thu Jan 15, 2015 11:07 pm
by acssa
Jammer maar ek sal die HD5 Zeiss kans gee... na my eerste het ek nou 3 in totaal...
My vrou het Mei 2014 die eerste keer aan n geweer geraak.... met n dik loop en Zeiss glass laat sy ons almal stom staan... nek kop skote op tot 300m!
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Thu Jan 15, 2015 11:13 pm
by acssa
Nog een... 329 yards met Leopold RX1000i rangefinder gemeet...
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Posted: Fri Jan 16, 2015 6:55 am
by Dewitt
Dankie Acssa, Zeiss my keuse ook!!!