Page 1 of 1
Vortex Viper6-20X50 -Lynx LX2 6-20X50-RulophV1 6-24X50
Posted: Thu Oct 09, 2014 3:26 pm
by terven
As al drie dieselfde gekos het --WATTER EEN????? en hoekom???
Dankie
Terven
Re: Vortex Viper6-20X50 -Lynx LX2 6-20X50-RulophV1 6-24X50
Posted: Thu Oct 09, 2014 3:34 pm
by alecjohnson
vortex want ek het een en sy beeld is op die groter vergrotings baaaie helderder as my Rudolph sin, maar dis tog waarvoor jy betaal nie waar nie...
Re: Vortex Viper6-20X50 -Lynx LX2 6-20X50-RulophV1 6-24X50
Posted: Thu Oct 09, 2014 4:01 pm
by Hein22
My orde sou gewees het:
1. Vortex, want hulle waarborg is vir my die beste en die PST wat ek het se glas is vir my baie helder. Ook, sou jy eendag wou verkoop glo ek jy gaan meer vir die scope kry as vir die ander twee.
2. Lynx, want jy het die opsie om exposed tactical turrets te vat, goeie na verkoop diens. Goeie scopes wat hulle al oor die jare bewys het en goeie glas.
3. Rudolp, goeie glas, verstel volgens oom Piet op 'n tiekie maar alhoewel ek nog nie self een besit nie het ek al van paar klein issues gehoor met paralax verstelling en die occular bel se fokus wat baie los is. Glo oor die volgende paar jaar gaan al die issues uitgesort wees...
Al drie is baie goeie scopes en daar is nie veel tussen hulle nie. Hierdie is maar net die orde waarin ek hulle sou pick.