Page 1 of 1

Thinus Human

Posted: Thu Oct 09, 2014 1:21 pm
by Thinus Human
Goeie middag

Ek dreig al jare lank om n vuurwapen lesensie te kry en ek het vandag besluit dat vandag die dag is wat ek daarmee begin

Enige raad of tips wat my kan help om dit so maklik as moontlik af te handel sal vir my great wees. Ek het n Magnum 357 geerf en ek koop n 303 uit n boedel uit...

Dankie manne ek glo ek gaan baie leer by hierdie forum

Re: Thinus Human

Posted: Thu Oct 09, 2014 1:35 pm
by tripodmvr
Welkom hier. Jy kan maklik die 2 vuurwapens op jou naam kry - 'n geleentheidsjagter of skut mag 4 vuurwapens verkry alvorens hy na toegewyde status moet kyk.

Re: Thinus Human

Posted: Thu Oct 09, 2014 2:28 pm
by jamalley
Welkom, hoop jy geniet dit hier

Re: Thinus Human

Posted: Thu Oct 09, 2014 2:42 pm
by Boesman10
Welkom op die forum. Waar in SA is jy van

Re: Thinus Human

Posted: Thu Oct 09, 2014 5:54 pm
by Leon Crous
Hello Tinus, en welkom hier op die Forum!
Eerstens klink dit vir my of jy nog jou wapenbevoegtheid moet aflê?
Indien dit die geval is, sal jy moet sê van waar jy kom sodat die manne vir jou na jou naaste geakrediteerde instansie kan verwys.
Cheers,
Leon.

Re: Thinus Human

Posted: Thu Oct 09, 2014 7:00 pm
by Thinus Human
Naand manne

Jammer ek reply nou eers ek werk op n myn buite die dorp en het nou eers weer kans gekry vir kuier. Ek kom van Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo.

Ja ek moet eers die bevoegdheid sertifikaat doen :police: ::)

Ja manne ek is n groentjie

Re: Thinus Human

Posted: Fri Oct 10, 2014 4:50 pm
by Leon Crous
Jes Tinus,
Man jy kan maar nog 'n "groentjie" wees........ons almal was op 'n tyd!
Party ouens is lankal in die "game" maar (omdat hulle stadig leer is hulle maar) nogsteeds net groentjies. :o >:D
Ek is altyd bly om te sien dat die bedryf/sport/kultuur nog nuwe lede bykry!
Ek is ongelukkig nie vertroud (bly so 1000km onder/Suid van jou) met die instansies in jou area nie, maar ek glo die manne sal jou kan help.
Groete,
Leon.

Kom nou ouens...........praat bietjie met Tinus.

Re: Thinus Human

Posted: Sun Oct 12, 2014 7:11 am
by Jacquesb
Welkom Thinus

Geniet die stokperdjie.