Page 1 of 1

Khan 12Br Haelgeweer

Posted: Tue Mar 22, 2011 5:31 pm
by tripodmvr
Ek het in 2004 die' haelgeweer aangekoop, maar eers lisensie gekry in 2010. Na ongeveer 1500 skote het die onderste slagpen gebreek. Is daar iemand wat so haelgeweer het en het julle moontlik soorteglyke probleme gekry.

Re: Khan 12Br Haelgeweer

Posted: Fri Mar 25, 2011 10:09 pm
by tripodmvr
Lyk my ek is die enigste aap wat so 'n haelgeweer gekoop het. Of is julle te bang om te erken julle is ook gevang en wag vir die eerste breekskade?

Re: Khan 12Br Haelgeweer

Posted: Tue Mar 29, 2011 10:47 pm
by tripodmvr
My vrou het 'n stelling - "ek gaan my nou oorgee aan drank en slegte vrouens". Lyk my daar is niemand wat my eers 'n sweempie lig wil gee nie. Moenie verder lees nie. Amen. Punt

Re: Khan 12Br Haelgeweer

Posted: Wed Mar 30, 2011 7:28 am
by Beyers
Ek het darem jou post gelees.
Gebruik jy snapcaps?

Re: Khan 12Br Haelgeweer

Posted: Wed Mar 30, 2011 10:56 am
by tripodmvr
Ja, het jy gedink dit is miskien my probleem? Het op oorsese websites gaan loer en hulle kla wel oor breek van slagpen. Hoop die een nou gemaak van Allen Key sal hou.

Re: Khan 12Br Haelgeweer

Posted: Wed Mar 30, 2011 11:19 am
by Beyers
Ja, maar synde dat jy hulle gebruik is dit nie die oorsaak nie. Ek dink dal dat die oorspronklike slagpen te hard gemaak is. Wanneer jy die nuwe pen temper dink ek blou gaan te sag sal wees dus tot op bruin behoort die ding te doen. Maak sommer 4 of 5 terwyl jy besig is.
Beyers

Re: Khan 12Br Haelgeweer

Posted: Thu Mar 31, 2011 10:25 pm
by tripodmvr
Het geweer deur geweersmid laat regmaak. Sy teorie is dat ek die geweer afgevuur het met slegs een patroon in die boonste kamer. Dit het 'n enkel verkiesbare sneller en dit het eerste op die onderste loop gevuur. Na ek die 2 de skoot op die boonste loop gevuur het (tydens kransduifskiet) wil dit voorkom of die slagpen gehaak het in die gat, met 'n groot deel wat uitgesteek het. Die oopmaakslag het die loop die pen laat afbreek. Die afleiding is dat die sneller verkeerd ontwerp is en dit toelaat dat dit te v?r uitsteek. Het nie self na die wapen gekyk toe dit oop was nie. Sal nou ekstra versigtig wees om nie die' prosedure te herhaal nie. Hoop dit kan iemand help om ook so 'n breeskade te verhoed.

Re: Khan 12Br Haelgeweer

Posted: Sun Sep 02, 2012 9:29 pm
by Scrappies
Hi Tripod,

Hoeveel het die uitstappie jou toe gekos om reg te maak?

Ek het laaste week self gekyk na een van die gewere en ek het weer gedink dis nie n slegte geweer nie.

Jy verder gelukkig met die geweer?

Re: Khan 12Br Haelgeweer

Posted: Sun Sep 02, 2012 10:27 pm
by tripodmvr
Hier loop die spook weer.

As ek reg onthou was dit so by R200 vir die herstelwerk. Intussen redelik skote weer afgetrek en nog nie weer probleme opgetel nie. Die geweer het mooi houtwerk en het my tegniek van montering aangepas - in Februarie 750 skote in 2 dae geskiet sonder om te seer daar uit te kom.

Re: Khan 12Br Haelgeweer

Posted: Mon Sep 03, 2012 8:49 pm
by Scrappies
Hi Tripod,

great! al wat ek wil weet! dink in elk geval 750 is meer as wat ek in 2 jaar sal skiet en R200 is ok dam nie geld nie. dink ek moet maar myself bederf!

lekker aand!

Re: Khan 12Br Haelgeweer

Posted: Mon Sep 03, 2012 8:52 pm
by tripodmvr
Teen wat se prys kan jy koop? Ek dink dit is van die beter goedkoop gewere.