Page 1 of 2

30-06 en S355 kruit.

Posted: Tue Oct 07, 2014 8:05 pm
by grumpy
Is hier manne wat laai met 168gr punte en S355 kruit asseblief. PMP, Barnes TTSX, Frontier en Impalas asb.

Dankie

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Tue Oct 07, 2014 8:28 pm
by Dwight375
Hello Grumpy

Ek laai S355 met 165 grein gamekings en 155 Nosler CC EN Sierra matchkings, ek kry baie spoed en dit groepeer mooi.

Sal net al my ladings bevestig en deur stuur.

Groete

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Tue Oct 07, 2014 10:28 pm
by Jakes73
Hi Grumpy,

Ek skiet 168gr Barnes TSX en het die jaar oorgeslaan S355 toe. Het vantevore S365 gebruik maar is baie gelukkig met die lading wat ek op S355 gekry het.

Aangeheg 'n foto van my groepering tot dusver.

Jaco

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Wed Oct 08, 2014 9:31 am
by FCLoretz
Ek skiet 150gr en 165gr koeels met S355. Hulle loop soos stroop. Jou dopvulling is nie so goed soos met S365 nie, maar ek het nie klagtes nie

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Wed Nov 19, 2014 8:48 pm
by deserthuntr
Is daar enige iemand wat swaarder punte skiet, bv. 180gr en laai met S355?

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Wed Nov 19, 2014 9:16 pm
by Scrappies
Maand Manne,

Ek gebruik ook net S355 op my 30-06.

150gr Hornady SST - 55gr
180gr Hornady SST - 51.5gr

Kry baie goeie resultate.

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Wed Nov 19, 2014 10:21 pm
by Rudie
Ek het self oorgeslaan na S355 vir my pa se 30-06 en werk baie goed in sy geweer.

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Fri Nov 21, 2014 12:06 pm
by grumpy
Jakes, kan jy my laai data pm en tpl asb. Ek wil ook die Barnes probeer.

Dankie

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Fri Nov 21, 2014 1:30 pm
by tripodmvr
Grumpy, praat net en QL kan vir jou beginladings gee. Met al hierdie mono koeëls sal ek 2mm weg van die lande aanbeveel. As jy 168TTSX wil gebruik is 47gr S355 'n goeie beginpunt.

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Sat Nov 22, 2014 11:58 am
by grumpy
Dankie oom Tripod. Dit is 168gr TTSX. Ek het die 3 bokse en nog nie een punt daar uit gehaal nie. Wil dit graag gebruik net vir jag.

Wil die Frontier Spartans in die 375 Ruger probeer ook met S355. Die 220gr Impalas groepeer mooi met S355. Onder n duim en ook op 200m mooi groeperings.

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Sat Nov 22, 2014 8:39 pm
by tripodmvr
Watter gewig Spartans is dit vir die 375 Ruger?

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Sun Nov 23, 2014 10:22 am
by grumpy
Dis 250gr oom Tripod.

Dankie

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Sun Nov 23, 2014 1:04 pm
by tripodmvr
Begin met 68gr S355 vir die 250gr Frontier HP.

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Sun Nov 23, 2014 2:09 pm
by grumpy
Watse spoed moet ek na kyk vir die 30-06 en die 375?

Dankie.

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Sun Nov 23, 2014 3:41 pm
by tripodmvr
Skiet oor 'n chrony om spoed te kry. Die druk is laag so die ladings sal veilig wees. Looplengte gaan die spoed affekteer. Ons kan dan kalibreer met jou beginladings om werkbare veilige nodes te soek.

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Sun Nov 23, 2014 6:11 pm
by grumpy
Ek sal die week laai en probeer volgende naweek baan toe gaan. Wqtse data moet ek alles op terugvoer gee behalwe spoed oom Tripod?

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Sun Nov 23, 2014 6:45 pm
by Rudie
Ek gebruik die 225 en 250gr Spartans in my Howa 375 Ruger. Die 225 se twee nodes is rondom 2750 en 2910fps en die 250gr se node is op 2720fps met S355 lot 009 en 010.

Die Spartans is baie akkuraat en ek het nog nie met een van my gewere gesukkel om goeie ladings te kry nie. In die 243,308 en 300WM skiet almal onder MOA tot op 300m, ek het nog nie iets geskiet met die 375 nie maar ek dink daai 225gr teen 2900fps gaan hard en plat skiet in die vlaktes, en dan die 250gr vir die res.

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Sun Mar 29, 2015 12:03 pm
by grumpy
Rudie, hoe is die penetrasie en vleisskade met die Frontiers? Enige probleme gehad met hulle op diere? Ek wil oorskakel na die impalas. Hulle is bekostigbaar vir veld en baan skiet. Manne praat goed van die Impala punte.

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Sun Mar 29, 2015 12:10 pm
by tripodmvr
Enige koper projektiel gee min vleisskade en penetreer beter as sy ekwivalente loodkoeël. Jy hoef nie daaroor bekommerd te wees nie.

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Sun Mar 29, 2015 12:34 pm
by Rudie
Grumpy ek het gevind die Spartan soos met anders mono metaal koëls mors baie minder vleis. Hulle skiet meer van 'n tonnel deur die bok as wat hulle bloedige vleis oral los soos meeste lood kern koëls.

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Sun Mar 29, 2015 12:39 pm
by Dwight375
My 30-06 met 155 Nosler CC, HORNADY 165 sst en S355, werk baie goed

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Tue Jun 28, 2016 5:36 pm
by LudwigHarmse
Ek wil die 165gr Hornady Interlock gebruik saam Somchem S355 met 30.06 - enige lading voorstelle vir goeie groepering? ek jaag nie speod.

dankie

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Tue Jun 28, 2016 9:36 pm
by tripodmvr
Ludwig, as jy daardie vraag vra gaan jy huiswerk kry. Gaan kyk onder herlaai is daar QL = Quick Load inligting en 'n ding soos OBT. Gaan lees dit op en dan sal jy verstaan oor my stelling dat 'n geweer nie soos 'n koekresep gelaai kan word nie. Elke geweer is uniek en jy moet sy giere leer ken - dit moet egter op 'n veilige manier geskied. Beginladings is daar vir 'n rede.

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Wed Jun 29, 2016 5:36 pm
by LudwigHarmse
tripodmvr wrote:Ludwig, as jy daardie vraag vra gaan jy huiswerk kry. Gaan kyk onder herlaai is daar QL = Quick Load inligting en 'n ding soos OBT. Gaan lees dit op en dan sal jy verstaan oor my stelling dat 'n geweer nie soos 'n koekresep gelaai kan word nie. Elke geweer is uniek en jy moet sy giere leer ken - dit moet egter op 'n veilige manier geskied. Beginladings is daar vir 'n rede.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 30-06 en S355 kruit.

Posted: Wed Jun 29, 2016 5:40 pm
by LudwigHarmse
Dankie vir die inligting. Ek mind nie huiswerk nie en ook gladnie lees nie. Ek weet ook van resepte wat nie so een oudig is nie en dat elke gun soos 'n vrou is, almal het hul eie geite. Maar om 'n begin te hê is beter as om blindelings net kryit te gooi. Hoekom ek so vra is omdat ek geen data kan bekom so der om te vra nie, want dit is nie beskikbaar Somchem nie, en ek is seker hier is ouens met ervaring wat aal deur die skool is. Data en statestieke is vir my belangrik en veral met hierdie gevaarlike goed.


Sent from my iPhone using Tapatalk