Page 1 of 1

Nuwe handwapen inskiet

Posted: Tue Oct 07, 2014 9:54 am
by andre007
Hallo almal. Behalwe om die bewegende dele te olie en die olie/ghries uit die loop te haal, wat is die stappe vir die inskiet van n nuwe handwapen?

Re: Nuwe handwapen inskiet

Posted: Tue Oct 07, 2014 10:49 am
by Forester
Ek dink nie 'n handwapen hoef ingeskiet te word nie, slegs die goed soos jy reeds noem. Die sneller gaan wel gladder word met die verloop van tyd.

Re: Nuwe handwapen inskiet

Posted: Tue Oct 07, 2014 1:53 pm
by Capt. Yoda
Maak die nuwe loop skoon, haal mag uit, laai mag mooi vol, sit mag terug, rack slide en gooi lood

Re: Nuwe handwapen inskiet

Posted: Tue Oct 07, 2014 4:44 pm
by Riaan Kriel
Capt. Oblivious wrote:Maak die nuwe loop skoon, haal mag uit, laai mag mooi vol, sit mag terug, rack slide en gooi lood
+1 Amper soos vol brandstof maak...... Maak skoon, maak vol, check die olie en gooi die lood ><)

Die groot vereiste is net altyd : WEES VEILIG en net so belangrik GENIET DIT TEN MINSTE ;)

Re: Nuwe handwapen inskiet

Posted: Tue Oct 07, 2014 4:57 pm
by Arnold
Ek sou voorstel dat jy die loop skoonmaak en dan een skoot skiet, weer skoonmaak en een skoot skiet. Herhaal dit vir minstens 50 rondtes om goed gatvol te raak >:D

Re: Nuwe handwapen inskiet

Posted: Tue Oct 07, 2014 6:53 pm
by Alwin
Soos gesê, maak skoon en skiet. Na 'n paar honderd skote, sal enige nukkerigheid gewoonlik verdwyn. En na 'n paar duisend, sal al die onderdele, en veral die sneller, ook gladder raak.

As die loop effens grof is, en aanpaksel veroorsaak, kan jy hom mooi skoonmaak en poleer met iets soos JB bore paste of Mr Muscle (voorheen Brillo). Maar 'n paar duisend "FMJ" (volmantel) of "CMJ" (geplateerde) koeëls, sal waarskynlik ook die ding doen.

En hoe gladder die pistool word, hoe gladder (en vinniger) word die skut ook!

Re: Nuwe handwapen inskiet

Posted: Thu Oct 09, 2014 4:50 pm
by AFRICAN LEADWOOD
Pistole:

Ek glo daaraan om hom aanvanklik te de-grease en "droog" te skiet sodat dit ietwat "ingeloop" word. Die hoë dele 'n bietjie afslyt ens. Ek doen dit vir 300-500 skote. Dan olie en soos gewoonlik. Nie almal glo daaraan nie. Dit hang af van gehalte en toleransies ens. maar pitole wat ingeloop is gee m.i. minder storings.

Rewolwers:

Ek stem saam dat hulle gladder word met tyd, maar mbt olie op die bewegende dele is daar soms meer as wat mense dink.