Page 1 of 1

Watter geweer

Posted: Mon Oct 06, 2014 6:26 pm
by Speelmansjagter
Ek wil graag 'n ding begin asseblief....

Hoeveel ouens is hier op die forum wat 1000m en verder skiet en waarmee skiet jy?

Re: Watter geweer

Posted: Mon Oct 06, 2014 6:34 pm
by Heinz Petersen
Vertel vir ons eers watse ding wil jy begin doen.

Re: Watter geweer

Posted: Mon Oct 06, 2014 6:38 pm
by Speelmansjagter
Kyk, ek het maar net bedoel ek wil 'n 'thread' begin, maar ek dryg al seker 'n jaar en 'n half lank om vir my 'n ver skiet roer te kry, so ek wil graag weet wat gewild is hier in onse land.

Re: Watter geweer

Posted: Mon Oct 06, 2014 7:26 pm
by JPS
Speelmansjagter,

Heinz is reg, as jy se oor 1000m en jy bedoel jag siende dat die topic hier op lang afstand jag afdeling is dan is die antwoord nie veel van die manne hier nie. Daar is tog so een of twee manne wat ek van weet wat hier op forum is /was wat al bokke oor die 1000m doelgerig gejag het. Die groote van die bok wat jy gaan wil aanvat op die afstand gaan groot invloed he op die geweer wat jy nodig het. Die geweer is ook net een komponent van die vele toeristing wat nodig is om die te doen.

Indien jy bedoel 1000m teiken skiet is die antwoord ook weer veelvoudig. Ek het al gong raakgeskiet op 920m so by die 1000yards met 260rem en glo ek sal dit kan doen tot 1000m. Maar dit sal nie deug vIr jag nie tot daar nie. Nie in my opienie nie in elk geval. Maar dan het die 260Rem ook al SWB doodgeskiet met koeel wat regdeur gepenetreer het op 490m.

So alles gaan maar oor wat jy uitendelike doel sal wees.

Groete

Re: Watter geweer

Posted: Mon Oct 06, 2014 8:22 pm
by Speelmansjagter
Dit sal beslis net vir teiken skiet wees. Ek hou te veel van jag.
Ek het maar net gewonder wat als aangaan rondom hierdie onderwerp.

Re: Watter geweer

Posted: Mon Oct 06, 2014 8:33 pm
by JPS
Heelwat kalibers sal goed werk vir teiken skiet. Elkeen met sy eie voor en nadele.

Jy soek iets wat hoe BC koeel kan skiet teen ongeveer 2800fps tot 2900fps.

So die volgende sal werk, lys is defenatief nie volledig nie en baie ander kalibers sal dit ook kan doen.

260rem en AI
6.5x55
6.5x284
284win
284 Shehane,
.300 WSM
.338 norma
.338 Lapua Magnum

Ens ens. Met die 338's gaan jy moeilik kompetiesie skiet aangesien meeste dit nie toelaat in kompetiesie nie maar as dit net vir jou teikenskiet is sal hulle goed werk.

Soos genoem is die geweer maar slegs een van die komponente en goeie RF 'n noodsaaklikheid as jy nie bekende afstande skiet nie, dan ook goed soos weerstasie, goeie balistiese app, regte telskoop en so kan ons aangaan.

Probeer dit gerus of kom kyk as ons bietjie langer afstand skiet, ek is ook baie lief vir jag in bosveld maar moet bieg en se die lang afstand gogga het bitter hard gebyt en ek kyk nou meer vir plase waar ek LAJ kan doen as bosveld jag.

Groete

Re: Watter geweer

Posted: Mon Oct 06, 2014 8:44 pm
by Speelmansjagter
Daar is 1 of twee daar wat ek nie ken nie, ek sal bietjie gaan oplees.
Ek brand om te leer ver skiet, ek is wel bewus van al die instrumente en leer werk wat daarmee saam gaan.
Ek dink die scope is die ding wat my die meeste keer, daar gaan ek bietjie moet uithaal,en die feit dat ek dit alleen moet gaan aanpak, want ek ken nie iemand wat belang stel nie. dit maak dit maar moeilik.

Re: Watter geweer

Posted: Tue Oct 07, 2014 6:28 am
by marco
Speelmansjagter kyk n bietjie na die 6 mm groep ook dws 243 ,243 ai met swaar punte en die regte twist loop vir daai punte gaan jy ook tot op 1000m kan gaan vir plaat en papier. Dink n mens moet mooi kyk na koste en dan ook loop lewe. Van die vinniger goed is lekker om te skiet maar vreet lope en ook onodig baie kruit. My keuse sal wees 243 ai. Scopes is maar n geval wat jy betaal voor is wat jy kry.. As jy pond het koop nf as jy budget kyk na iets soos n vortex pst. Ek het self n jaar terug begin upgrade vir langafstand en dit vat oefening. Baie lood wat vlieg en lesse wat geleer moet word maar is baie lekker om met n ligte roer ver te gooi.

Re: Watter geweer

Posted: Tue Oct 07, 2014 9:28 am
by Capt. Yoda
Vir tyken skiet 6mm met n lang loop wat 105gr VLD Match Hybrid vinnig te kan skiet.Sal meer as genoeg wees tot ander kant 1000m. As ek n 105gr VLD vinnig genoeg kan skiet sal ek enige kaliber aan vat met n .243 op die baan. Anders kry n 6.5mm met die regte twist loop van die rak af en skiet hom
Vir jag raak sy gat bq lig op lang afstand en daar sal ek maar na die 3 nulle of 7mm's kyk. Vra bq vir Pinkes hier op die forum hy moet jou wys wat hy met sy 300WM op 600 en 900m maak.

Tussen die gewere wat jy daar onder jou naam het sal ek daai 30.06 vat en n Berger 210 gr Match VLD Target in hom druk en skiet (as jy hul kan kry). Vir jag die swaar Sierras of Hornadys

Re: Watter geweer

Posted: Tue Oct 07, 2014 7:58 pm
by Speelmansjagter
Dankie manne, sal bietjie gaan rond krap vir die inligting.

Re: Watter geweer

Posted: Wed Oct 08, 2014 9:03 am
by Capt. Yoda
Is seker nie heeltemal wat ons hier kan bou nie maar jy behoort n idee te kry van die kalibers en goed wat ounens in Amerika gebruik vir LR tacktical comps waar hulle rond hardloop en tot so 1000yards skiet

http://precisionrifleblog.com/2014/10/0 ... fle-build/

Re: Watter geweer

Posted: Wed Oct 08, 2014 11:58 am
by Alwin
Langafstand teikenskiet en langafstand jag is nie dieselfde ding nie. Vir 'n papier-of staalteiken op bv. 1000m, kan jy enige koeël gebruik, wat daar sal uitkom. Die kleiner kalibers, van 6mm tot 7mm is waarskynlik ideaal. Lae koste per skoot en lae terugslag (skop) maak dit die beter keuse. Spoed is nie baie belangrik nie, maar hoë BC is wel. 'n 6BR (byvoorbeeld) met hoë BC koeël (G1:0,5+) sal die werk kan doen.

Vir langafstand-jag geld ander kriteria. En etiek is gewoonlik (hopelik!) heel eerste. Kombinasies wat werk onder 300m, is nie noodwendig geskik vir 1000m+ nie. Daar vêr, het die koeël al heelwat spoed verloor. Min kombinasies gaan meer as omtrent 1500 fps oor hou, op 1000m. Dit het 'n drastiese invloed op die doodmaakvermoë van die koeël doer vêr. Daarom is dit wenslik, om groter kalibers met swaarder koeëls te gebruik. Die .50 BMG (12,7 x 99mm) staan uit. Al sit die koeël nie uit nie, werk hy heel goed. Maar min van ons kan by so ene bykom.

My eie langafstand-jag ervaring is (doelbewus) beperk tot bobbejane. En net om baie duidelik te wees, ek praat van die MET sterte ;) . Ek verkies om my 338LM te gebruik op skote verder as 600m. (Tot 600 is die 308 heel bruikbaar.) Gewone jag-koeëls soos Hornady SST en Sierra GK werk heel goed. Maar my skootplasing is nie altyd goed genoeg, om met goeie gewete, skote op eetbare wild te probeer nie. Aangesien die bobbejane plaagdiere is (hul veroorsaak groot skade in landerye), pas ek ander etiese kriteria op hulle toe.

Ek sal graag ook 'n ligter kaliber vir langafstand werk wil aanskaf. Iets soos 'n 300 WM (of dalk H&H?) sal gaaf werk op beide oom bob en die gonge, tot so 1200m. En die koste per skoot gaan heelwat minder wees as die 338. Keuses, keuses...

Re: Watter geweer

Posted: Wed Oct 08, 2014 6:37 pm
by Speelmansjagter
Capt. Oblivious wrote:Is seker nie heeltemal wat ons hier kan bou nie maar jy behoort n idee te kry van die kalibers en goed wat ounens in Amerika gebruik vir LR tacktical comps waar hulle rond hardloop en tot so 1000yards skiet

http://precisionrifleblog.com/2014/10/0 ... fle-build/
Sal darem lekker wees om so projekkie te kan begin ++>: ++>: