Page 1 of 1
jakkals jag
Posted: Sun Oct 05, 2014 10:01 am
by Saluki
Hi manne ,wil graag hoor hoeveel manne jag met windhonde in Kby omgewing?
Re: jakkals jag
Posted: Sun Oct 05, 2014 1:00 pm
by 222 Sako
Hallo Saluki.
Eerstens die manne hou daarvan dat jy jou eers voorstel en bietjie van jouself vertel hier op die forum.
Ek lei van jou naam af jy is ñ man vir die honde met die lang asems?
Ek self is baie lief vir die Windhonde maar het gewone boerhonde.
Re: jakkals jag
Posted: Sun Oct 05, 2014 6:12 pm
by Saluki
Ek is van Kimberley en het maar onlangs saam n vriend begin jag met sy
Saluki kruisings.My kennis is baie naby aan zero sover as wat die jag met
Honde aangaande is. Ek bly in die dorp ,maar maak van enige geleentheid om te gaan jag gebruik.Ek het geen windhonde van my eie
Geniet en leer baie op die forum
Wat die langasem aan betref ,wil dit vir my voorkom of die saluki n
Daadwerklike verskil maak .En bang is hulle verseker nie .
Re: jakkals jag
Posted: Tue Oct 14, 2014 8:15 am
by Turfjakkals
More Saluki
Is altyd lekker om te hoor van nuwe manne wat entoesiasties is oor jaghonde.
Soos ek verstaan kruis jou vriend die Saluki met baanhond. Weet jy dalk wat sy
rede is daarvoor. Soos ek verstaan is die saluki se lang asem te wyte aan sy skraal
bouvorm enhardloop styl en nie noodwendig n groter long kapasiteit nie. Ek het so n paar
suiwer saluki"s vroeer jare probeer maar te veel gesukkel om hulle terug te kry as hulle eers
agter n ding aan is. Dalk was die Saluki"s wat ek gehad het n uitsondering ,maar het ek ondervind
dat hulle maar skrikkerig was om n jakkie alleen aan te vat veral as hulle n slag bietjie hard geknyp
is. Ongelukkig het daar n tendens onder van die Boerwindhond telers ook ontstaan om meer op bouvorm
te konsentreer (skou) en het hulle jagvermoe ongelukkig in baie gevalle minder prioriteit geniet en moet
mens deesdae deeglik navorsing doen oor n teler en die tipe honde wat hy teel anders kan jy jou vingers
maklik brand.
Re: jakkals jag
Posted: Tue Oct 14, 2014 8:45 am
by Saluki
More Turfjakkals
Jong die manne praat van asem ,daarom die saluki.Sy honde is redelik gehard en van wat ek nou al gesien het is die kruising redelik vinnig uit die blokke en hulle hou n hoe konstante spoed oor n afstand.Wat die jakkies aan betref ,ek het nog nie een van hulle gesien n jakkie alleen aanvat nie,daar is gewoonlik so 4 honde en het daai jakkie het geen kans .Sal nogal interesant wees om n "one on one " te sien .Die kruising is so 70% saluki met 30% baanhond.
Wat sal jy se is die rede dat jou salukis nie wou terugkom as hulle eers agter n ding aan was?
Re: jakkals jag
Posted: Tue Oct 14, 2014 12:54 pm
by Turfjakkals
Die enigste antwoord oor hoekom die suiwer Saluki nie op bevele wil reageer om terug te kom nie waaraan ek kan dink is "INGETEELDE BALHORIGHEID"
Re: jakkals jag
Posted: Tue Oct 14, 2014 7:48 pm
by 222 Sako
Manne ek is bly om te sien ons gesels oor die honde dit is maar selde wat ek dit hier raakloop.
Turf ek stem 100% saam oor die skou hond storie en dis nie lekker om ñ hond langs ñ jak te sien hardloop en hy wil hom nie vat nie, dan kan hy so mooi wees as wat hy wil, hy beteken vir jou niks.Ek soek daai hond wat hom kan optel en skud.
Die ore klink my kan maar probleem wees by die Saluki ek ken hulle nie regtig nie. Een ding het ek wel gesien , ñ baanhond kan gat skoonmaak. Ek weet die manne kruis hulle met die boerhonde om spoed te jaag.
Het julle steekhaar of gladde honde?
Ek het die gladde haar en sukkel maar kwaai met wonde. Lyk my darem tog of die steekhare harder is wat dit betref.
Groete
Re: jakkals jag
Posted: Tue Oct 14, 2014 8:03 pm
by Saluki
@Turfjakkals,dalk oor hulle met sulke volksvreemde name hier land! LOL.
@222 sako ek hou baie van die steekhaar honde ,hulle kom vir my meer
hardegat voor as dit by tanne vat kom.Daar is een steekhaar by ons,maar
as die trek bietjie ver raak dan sak sy uit.
Re: jakkals jag
Posted: Tue Oct 14, 2014 8:21 pm
by 222 Sako
Ek weet nie of ek my verbeel nie, maar dit wil my voorkom of die hare hulle ore ook soms kan aantas. Ek wil hê ñ hond moet luister as ek praat. ñ Ongehoorsame hond kan jou hele jag beduiwel.
Re: jakkals jag
Posted: Wed Oct 15, 2014 1:16 pm
by Turfjakkals
Ek hou daarvan om halfkruise te teel en te jag (jakkalshond x windhond) . Daar is net twee probleme met kruising van twee veskillende rasse . 1. Jy verswak die sterk (dominante) gene van beide ouers. 2.Jy word ook gedwing om ouers uit suiwer bloedlyne aan te hou aangsien die kruis kleintjies se eienskappe wild (onvoorspelbaar) is.
Re: jakkals jag
Posted: Wed Oct 15, 2014 1:44 pm
by Turfjakkals
222 Sako
Jy raak ook nou n teer sakie aan as jy begin praat oor uitheemse name van honde.
Wat my die meeste grief is die neiging by sekere Boerwindhond telers en eienaars om
hulle honde die vreeslikste uitheemse name te gee. Dit is vir my net so onverstaanbaar
soos sekere mense wat galbraak oor dorpe en stede se name wat verander maar nie skroom om hulle
wildplase wat pragtige afrikaanse name het te verander na Thaba .....dit of Bona.....dat nie.
Re: jakkals jag
Posted: Wed Oct 15, 2014 2:14 pm
by 222 Sako
Die honde het vanoggend weer ñ jakkals gevang. My broer het die begin van die jaar sy voorbeen met die 30 06 verwyder, maar hy het lyk my goed herstel. Kry lam se oor en die longe in die man se pens. Ek sukkel om foto's op te kry. Sal my vrou vra om te help as sy kom.
Die honde ry maar altyd saam veld toe, mens weet nooit of jy die dag dalk in ñ jakkals vasloop.
Re: jakkals jag
Posted: Wed Oct 15, 2014 7:08 pm
by 222 Sako
Hier is hulle.
Re: jakkals jag
Posted: Thu Oct 16, 2014 6:38 am
by Jan-Hendrik
Welkom 222SAKO....Ek het grootgeword op Marquard.Lekker wereld waar jy bly!!
Re: jakkals jag
Posted: Thu Oct 16, 2014 6:57 am
by 222 Sako
Hallo Jan. As Marquard se dam net water het bly hulle lekker ja.
Groete
Re: jakkals jag
Posted: Thu Oct 16, 2014 7:29 am
by Turfjakkals
More 222 Sako
Baie geluk
Daar is seker nie n lekkerder manier om mens se dag te begin as om te sien hoe n hond n jakkie water & ligte afsny veral as die brakke nog by is vir morele ondersteuning.
Re: jakkals jag
Posted: Thu Oct 16, 2014 1:44 pm
by 222 Sako
Hallo Turf.
Dit kan jy weer sê. En vanoggend het ek een in die slagyster naby ñ vangs gekry. Gee ñ skaapboer ñ lied in die hart.
Die manne het nou al 27 groot ooie by my gevang, nou was dit my beurt.
Groete
Re: jakkals jag
Posted: Mon Dec 29, 2014 10:04 am
by Baasvark
More manne,
Dis vir my lekker om bietjie te lees oor die honde. Ek het self nie maar my swaer (wie ek vermoed .222 Sako is op die forum) het wel.
Ek is opsoek na goeie telers wat goeie jaghonde teel. Werkende honde.
Kan julle dalk help met inligting? Sal dit baie waardeur.
Groete
Baasvark