Page 1 of 1
Eenderse of verskillende teleskope op verskillende gewere
Posted: Fri Oct 03, 2014 10:16 am
by Giepie
'n Vraag aan die manne wat verskillende gewere het. Is dit beter om by 'n selfde teleskoop model te bly vir verskillende kalibers?
Ek het 'n 270win en 375H&H. Ek het verskillende fabrikaat teleskope op. Wanneer ek van die een na die ander gaan moet ek onthou hoe elkeen werk. As dit eenderse teleskope was, was dit nie 'n probleem nie.
MAAR, die twee gewere lyk baie eenders, albei Musgrave, en die aksies is identies, dit het al veroorsaak dat ek 'n 270 patroon in die 375 gelaai het. Ballistiek verskil ook. Daarom voel ek dat dit beter sal wees om nie eenderse teleskope te gebruik nie.Eenderse
Julle ervare opinies?
Re: Eenderse of verskillende teleskope op verskillende gewer
Posted: Fri Oct 03, 2014 10:34 am
by Wouter Roets
Hallo Giepie
Ek is seker al teen die tyd bekend daarvoor dat ek hou om my goed dieselfde te hou. Daar is vir my heelwat praktiese redes hiervoor waarvan vertroudheid en funksionaliteit seker een van die grootstes is. Kom ons los maar vir eers my Compulsive Disorder uit hierdie gesprek!
Ek probeer sover as moontlik wel dieselfde teleskoop en kruishaar gebruik op die groep gewere wat n eenderse funksie verrig. In jou geval sien ek nie dat hierdie toegepas kan word nie, vanwee die aplikasie sowel as die trajekverskille tussen die twee kalibers. Ek sien wel dat jy twee teleskope van dieselfde reeks net in verskillende vergrotings kan monteer. Indien die tipe kruishaar van die reeks dit toelaat kan beide gewere met hulle uitgerus word. In my geval waar ek Leupolds gebruik sal die Boonne & Crockett vir beide kalibers kan werk.
Ek weet nie wat jou voorliefde is vir n sekere maak nie en indien jy dit kan gee kan n mens kyk of die maak n modelreeks het wat by altwee kalibers kan pas.
Groetnis
Wouter
Re: Eenderse of verskillende teleskope op verskillende gewer
Posted: Fri Oct 03, 2014 10:48 am
by Boesman10
Ek het 'n .300 WM met 'n Nikon Monarch 6-24x50 & 'n .308 Burris Eliminator met 'n 4-16X50 en sal verskriklik graag dieselfde teleskoop (Burris) op albei wapens wil he. Dink daar is baie daarin om dieselfde teleskope op te he.
Ek moet wel se dat 'n 270 & 375 kombinasie miskien moeiliker sal wees om dieselfde teleskope op te he want met die 375 sal jy seker grooter bosveld tipe wild skiet so 'n 6-24 bv sal moontlik 'n mors wees op hom maar sal die 270 goed pas.
Re: Eenderse of verskillende teleskope op verskillende gewer
Posted: Fri Oct 03, 2014 11:04 am
by Giepie
Baie dankie sover.
Ek het 'n Lynx 3.5-10x50 Rf op die 270 waar ek langer afstande wil skiet. Ek kan nog so een kry vir die 375, waarmee ek dalk ook tot so 300m kan jag, afhangende van die koeël.
Tans het ek 'n Leupold vx2 4-9x42 op die 375 wat baie lekker werk.
Eintlik dink ek ek juk net.

MAAR as ek kan verbeter, hoekom nie.
Re: Eenderse of verskillende teleskope op verskillende gewer
Posted: Fri Oct 03, 2014 11:24 am
by Wouter Roets
Giepie
Wat van Lynx se 2,5-15x50 op alby gewere? Die spesifieke teleskoop tiek n klomp boksies by beide kalibers.
Groetnis
Wouter
Re: Eenderse of verskillende teleskope op verskillende gewer
Posted: Fri Oct 03, 2014 11:25 am
by Boesman10
Wat Wouter se...
Re: Eenderse of verskillende teleskope op verskillende gewer
Posted: Fri Oct 03, 2014 12:57 pm
by Johan308
Ek het die Lynx se 4-12x40 op my .308 en hy werk baie goed. Op my .22 het ek die Lynx 6-24x42, dis te veel scope vir die geweer maar vir my werk hy baie lekker. Dan het ek ook nou die Lynx se 2.5-15x50 vir my 375 gekoop, moet nog met hom skiet maar ek glo hy gan baie goed werk.
Re: Eenderse of verskillende teleskope op verskillende gewer
Posted: Fri Oct 03, 2014 1:33 pm
by Piet Pille
Maak net seker dat jy 'n scope met genoeg eye relief kies. Op die 270 maak dit nie saak nie, mar soms is oom 375 lief daarvoor om jou te groet, veral uit 'n ongewone veldposisie. Leupold is bekend vir ruim eye-relief op meeste van sy teleskope.
Re: Eenderse of verskillende teleskope op verskillende gewer
Posted: Fri Oct 03, 2014 4:30 pm
by Hercules Louw
Giepie wrote:Baie dankie sover.
Ek het 'n Lynx 3.5-10x50 Rf op die 270 waar ek langer afstande wil skiet. Ek kan nog so een kry vir die 375, waarmee ek dalk ook tot so 300m kan jag, afhangende van die koeël.
Tans het ek 'n Leupold vx2 4-9x42 op die 375 wat baie lekker werk.
Eintlik dink ek ek juk net.

MAAR as ek kan verbeter, hoekom nie.
Giepie, ek sien by die advertensies verkoop jy die 3.5-10x50 Lynx scope met RF kruisdraad. Die RF kruisdraad is definitief nie geskik vir die 375 nie, dit is te fyn. Tewens die kruisdraad word onttrek uit die 3.5-10 model omdat te veel skuts kla hulle kan dit veral nie in donkerder toestande sien nie. Die SA Jagters kruisdraad of 'n gewone duplex kruis sal beter werk. As jy die 375 sou laai met ligter BarnesX of Impalas teen so 2700ft/s tot 2800ft/s, dan sal die trajek perfek pas op die SA Jagters kruisdraad se afmik kruise tot 300m. Die "eye relief" op die betrokke scope is 90mm wat genoeg vir die 375 is.
Maar soos Wouter aanbeveel het is die Lynx 2.5-15x50LX2 nog meer veelsydig in terme van vergroting en parallaks verstelling, die "eye relief" van 100mm is ook nog beter. Die scopes is natuurlik weer duurder en kom ook met die RF en SAH kruisdrade. Die RF is 'n bietjie dikker in die model en dus meer sigbaar as in die 3.5-10 model. SAH kruisdraad bied na my mening net meer eenvoudige en bruikbare funksionaliteit as die RF kruisdraad, veral in terme van optel en vinnig skiet omstandighede. Die RF en SAH kruisdrade kan egter deur Lynx in beide die 3.5-10 en die 2.5-15 modelle omgeruil word teen 'n minimale koste.
Re: Eenderse of verskillende teleskope op verskillende gewer
Posted: Fri Oct 03, 2014 6:50 pm
by Giepie
Dankie Julle.
Hercules, ek wil daardie teleskoop koop, nie verkoop nie. Die idee was juis om eerder twee eenderse teleskope te gebruik.
Vir daardie prys sal dit vir my die moeite werd wees. Ek sal bietjie kyk na die SA Jagters se kruishaar.
Mooi dag.
Re: Eenderse of verskillende teleskope op verskillende gewer
Posted: Fri Oct 03, 2014 9:25 pm
by Pappabeer
Nou waar gaan die Duralyt op wat jy gekoop het?
Ek wil ook hier saam met Wouter stem. Al my jag gewere wat wel teleskope het het die selfde kruishare. In my geval skiet ek bitter selde vêr en is die Zeiss Z-Plex my voorkeur, veral siende dat op langer afstande jy meeste van die tyd kan dial. Ek dink daar is baie sin daarin om aan slegs een tipe beeld in die teleskoop gewoond te wees.
Re: Eenderse of verskillende teleskope op verskillende gewer
Posted: Fri Oct 03, 2014 11:13 pm
by Hercules Louw
Sorry Giepie
Ek sien nou ek het deurmekaar geraak met jou en Kierie wat die betrokke scope wil verkoop.