Page 1 of 1
Bushnell Elite 4200 en 6500
Posted: Mon Mar 21, 2011 7:40 pm
by rednat
Lees en hoor niks van hierdie teleskope op die forum.
Ken 'n professionele jagter wat glo daar is niks beter nie -- sien glo met rooilig so goed soos met witlig by ander teleskope.
Glo op internet dat Buschnell tydjie terug die w?reldtoekenning vir helderste of beste lense ontvang het.
Laat ons hoor??
Iemand sal een of ander tyd 'n praktiese toets moet doen om al die goed te vergelyk -- amper soos die oogartstoetse -- hoes dit met die jongmanne -- kan maar die meisies saamneem om te help kyk en houvas.
Re: Bushnell Elite 4200 en 6500
Posted: Sat Mar 26, 2011 11:03 am
by rednat
Het niemand kennis van die Buschnell Elite nie.
Of is julle wat het skaam of skelm daaroor.
Die paar eienaars met wie ek al gesels het kan nie ophou spog nie.
Die internet het van die beste "reviews" en bemarkinginligting wat ek nog gesien het --- www.buschnell.com onder riflescopes.
Word volgens baie USA ratings ho?r aangeslaan as Nikon Monarch, Leupold, Burris, Vortex ens. Word selfs ho?r as die Zeiss Conquest geplaas.
Hulle bring 'n 2.5 - 16 en 4.5 - 30 vergrotingrange uit in die Elite 6500 wat vir my baie interressant is -- ek dink Swarofski het ook so 'n 6X variable range.
Re: Bushnell Elite 4200 en 6500
Posted: Sun Mar 27, 2011 3:56 pm
by baboonstalker
Ek het die Elite 4200 6-24x50 tactical op my 6mm rem.
Ek kan nie regtig kla oor die scope nie maar sal hom enige dag ruil vir 'n nightforce NXS 8-30
Re: Bushnell Elite 4200 en 6500
Posted: Sun Mar 27, 2011 11:08 pm
by rednat
BS
Hoe vergelyk sy helderheid en nagsien met ander teleskope.
Re: Bushnell Elite 4200 en 6500
Posted: Mon Mar 28, 2011 8:04 am
by baboonstalker
RN,
Die scope se glas is nie te sleg nie, maar as jy hom langs 'n NF of Swaro staanmaak en na dieselfde voorwerp kyk op maks vergroting is daar 'n verskil.
In die nag op 12 of kleiner vergroting is hy mooi.
Die scope is gebou soos 'n tank en hy gaan jou geweer 'n bietjie swaarder maak as meeste ander scopes. Ek glo ook hy gaan pak beter vat as meeste ander scopes. Ek het die mill dot en die kruisdraad is baie duidelik en 'n goeie dikte vir v?r skiet sowel as nagskiet.
Vir sy prys is dit sekerlik een van die beter kopies.
P
Re: Bushnell Elite 4200 en 6500
Posted: Mon Mar 28, 2011 10:36 pm
by rednat
BS
Ek kry ook die gevoel dat dit miskien waarde vir geld kan wees. Moet s? die NF is darem sekerlik in ander klas/prysklas.
Uittreksel uit Buschnell.com
Buschnell Elite 6500
There?s nothing brighter or sharper on the planet.
With an outstanding magnification ratio of 6.5 and the all-weather clarity of RainGuard? HD no scope in the world can match our Elite 6500 in versatility. Add its bright, razor-sharp optics, and you have a deadly instrument of unmatched performance. Standard equipment also includes a side parallax adjustment. Offered in 2.5?16x and 4.5?30x configurations, it?s optimized for everything from thick woods to wide-open prairie. All conditions, all distances, every minute of legal time ? nothing gives you more range.
Features
New push/pull sytle turrets
RainGuard? HD
Fully multi-coated optics
30mm tube
Side Focus
Sun Shade
Magnum recoil-proof construction
100% waterproof / fogproof / shockproof construction
Dry-nitrogen filled
1/4 M.O.A. or finer fingertip, audible/resettable windage and elevation adjustment
Elite? Bullet-Proof Warranty
"No Questions Asked" one- year replacement (U.S. only)
Re: Bushnell Elite 4200 en 6500
Posted: Mon Apr 04, 2011 7:54 am
by Chrisjan
Ek het 'n Bushnell Elite 6500 4.5-30x50 op my 9.3x62. Die reset turrets is great, ek kan my scope zero vir 100m, 200m ens. Hy skiet te lekker met die impala 120gr en 180gr.
Ek het die optics noukeurig vergelyk met Schmidt & Bender en Zeis by oom koos se winkel. Ek was 2 keer in 2 dae daar en het baie moeite gemaak om die verskil te toets. Ek het goeie oe en kon nie 'n verskil sien sonder dat jy meer as R30 000 betaal het nie. Net die FL reeks van Zeis wys 'n duidelikke verskil. My kruishaar is vein om 3 skoote deur dielfde gat te skiet maar ook mooi duidelik vir die aand. Ek kan met lof die scope aan beveel. Die S&b en zeis wou ook nie naby focus nie, eers van 35m kan jy focus.
Jy moet 2 na 3 keer die geld spandeer om die lense en features te wen. Die 4.5 vergrooting is lekker met 'n groot field of view om vinnig in bosveld te skiet, soortgelyke scopes draai net af tot by 8 vergrooting.
Willem by Kalahari arms praat ook goed van die scope. Hulle doen ook ander scopes soos nightforce, Leupld en Swarofski.
Ek sal nie huiwer om 'n 2de een te koop nie.
Re: Bushnell Elite 4200 en 6500
Posted: Sun Apr 10, 2011 8:44 pm
by Piet Breedt
Wat kos die 4.5 - 30 x 50 Elite 6500 en hoe duidelik is hy op 30 x vergroting?
Re: Bushnell Elite 4200 en 6500
Posted: Fri Apr 15, 2011 8:47 am
by rednat
Piet
Gesels met John by Safari&Outdoor, Stellenbosch. Hy gebruik een vir baanskiet.
Re: Bushnell Elite 4200 en 6500
Posted: Fri Apr 15, 2011 10:12 am
by James Wilson
rednat, jy praat waar oor daai helderheid, ek kyk gereeld deur n Bushnell teleskoop as ek gaan punte en kruit koop. ek is elke keer verstom oor hoe baie helderder die scope is as ander baie duurder scope's.