Page 1 of 3
Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sat Sep 27, 2014 9:54 am
by dolla
Dit was bietjie weer tyd om pappa se sak te ruk! Op die 24ste, het ek, oom vic en my pa 3uur die pad aangedurf Kroonstad toe. Natuurlik het ek myself gemaklik gemaak op die agterste sitplek en nog so paar uurtjies n uiltjie geknip tot op die Ultra City in Kroonstad waar ons vir Oom Vernon gekry het. Daarna het realiteit begin inskop oor wat gaan plaasvind daardie dag. Die vlinders het behoorlik rond gevlieg in my maag! Ons het weer in die pad geval na die plaas net buite Henneman en Kroonstad. Toe ons daar kom het ons dadelik na die buffelkampe gegaan. In my kop se ek heelpad klomp skietgebedjies dat ek net asb die buffel met een skoot plat kry.
Ons het skaars in die kamp gekom, toe sien ons 5 buffels in n doringbos staan ongeveer 120m ver. In n split sekonde is ek agter die 7.64 en my pa agter my. Hulle was baie tussen die bome en takke en moes ons bietjie wag totdat een in n oop kol in beweeg. Die jong bul het bykans plankdwars gaan staan en my uitdagend aan gekyk. Ek was gereed en die 7.64 praat. Die bul se lyftaal se als. Dit was n raakskoot.
Die ander 4 laat spaander en die bul gaan moeilik agter hulle aan. Oom vernon tel 1, 2, 3, 4 in die volgende bos in gaan en sê: " Daardie bul is plat." Ons ry om die bos waarin ek hom geskiet het en sien hom lê, nie 80m van waar die skoot geklap het nie. Ons ry nader en alhoewel die bul stil lê, sê oom Vernon vir veiligheid moet ek hom net n kopskoot ook gee. Ek doen so. By die bul aangekom, is my skoot perfek waar ek hom gevat het. 4 duim agter die blad.
Na die fotos geneem is en my hardklop n bietjie begin bedaar het, het ons voort gegaan met die jag. Oom vic het 2 koeie geskiet en my pa n bul en n kalf. Die hele trop moes uitgeskiet word, dis hoekom ons die jaar oue kalf ook moes skiet.
Ek wil baie dankie se vir oom Vernon, oom Sebastian en sy pa vir hul gasvryheid. Terwyl die werkers geslag het, het ons braaidag op die regte manier afgesluit. N rump op die vuur en n bier in die hand!
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sat Sep 27, 2014 10:21 am
by ROBBIE1
My dank ook aan die manne. Alhoewel dit nou nie trofee diere is nie, was dit ook my eerste buffel.
Ek dink ook Vernon het so bietjie nuwe respek gekry vir n 7x64, die manne het maar effe skepties gelyk toe ek se ons gaan met my babatjie skiet.
Geluk my vlooi, n pragtige skoot. Jy mag maar.
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sat Sep 27, 2014 10:36 am
by tripodmvr
Vertel bietjie meer Robbie. Hoekom die uitskiet en wat se koele het julle gebruik?
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sat Sep 27, 2014 10:40 am
by ROBBIE1
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sat Sep 27, 2014 10:46 am
by ROBBIE1
Victor se een koei
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sat Sep 27, 2014 10:47 am
by ROBBIE1
Worsie klaar in die bak, toe gaan die rump in olyfolie vuur toe!!
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sat Sep 27, 2014 10:50 am
by ROBBIE1
Dit is maar PMP 170gr wat ek gebruik vir die groter bokke soos eland ens.
Die diere is afgekeur vir die teel proses, gelukkig was ek met Vernon in verbinding en kon ons die voreg kry om hulle te gaan afhaal.
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sat Sep 27, 2014 7:32 pm
by ThinusS
Ek het jou post twee keer aandagtig deurgelees. Ek vermoed al 'n geruime tyd dat ons Suid Afrikaners besig is om die beeld van jag, en veral grootwildjag, 'n onomkeerbare skade aan te doen. Ek besef nou dat ek reg was.
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sat Sep 27, 2014 9:02 pm
by Flip Nel
ThinusS wrote:Ek het jou post twee keer aandagtig deurgelees. Ek vermoed al 'n geruime tyd dat ons Suid Afrikaners besig is om die beeld van jag, en veral grootwildjag, 'n onomkeerbare skade aan te doen. Ek besef nou dat ek reg was.
Verduidelik jou seining asb.
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sat Sep 27, 2014 9:37 pm
by tripodmvr
Het self gewonder oor so kriptiese en blykbaar kritiese opmerking. Robbie het genoem dat dit eintlik uitdunning is en nie as jag gesien moet word nie.
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sat Sep 27, 2014 9:41 pm
by Flip Nel
tripodmvr wrote:Het self gewonder oor so kriptiese en blykbaar kritiese opmerking. Robbie het genoem dat dit eintlik uitdunning is en nie as jag gesien moet word nie.
Volgens wat ek lees het die diere nie gely nie, daar is nie gemors met die diere nie, hulle is met respek behandel, watter skade is gedoen daar word elke dag bokke van 'n bakkie geskiet.

Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sun Sep 28, 2014 1:48 am
by dolla
Met alle respek (Oom) Thinus.
Ek dink video's wat op youtube gepost word van buffels wat met 416's tot 6 plus skote geskiet word deur Mark Salovan en sy kliente, doen baie meer skade as my post en word op internationale media ten toon gestel.
Vir n jong meisie van 17 dink ek werklik dat n jag soos myne die bietjie glorie verdien in die lig waarin ek dit geplaas het. Het oom al n buffel geskiet? My pa leer my etiek, en glo my ek dink nie daars iemand erger as hy wat dit aanbetref nie. Ek het sopas my toegewyde jagters kursus voltooi, as ek nie n goed genoeg groepering op die baan skiet nie, is jag taboe.
Eks werklik jammer as oom voel daars iets fout met my jag, maar eks trots op n baie goeie skoot, die feit dat my daddy my die geleentheid gebied het om dit met hom mee te maak en die feit dat ek n buffel geskiet het op 17 al is dit nou wel nie n Rowland Ward nie.
Groete en n lekker aand!
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sun Sep 28, 2014 8:02 am
by JPS
Baie mooi ge antwoord Dolla.
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sun Sep 28, 2014 8:09 am
by Dries101
tripodmvr wrote:Het self gewonder oor so kriptiese en blykbaar kritiese opmerking. Robbie het genoem dat dit eintlik uitdunning is en nie as jag gesien moet word nie.
Sal ook graag wil weet wat die kritiese stelling beteken. Ek moet aanneem dit het iets te doen oor die etiek van n teelbuffel skiet met n 7mm? Ek moet se eks " neither here or there" daaroor as die diere nie gely het nie en vinnig gedood is dan moet ek se mooi gedoen en geluk!
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sun Sep 28, 2014 8:31 am
by dolla
Baie dankie oom flip, oom tripod, oom jp en oom dries
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sun Sep 28, 2014 8:43 am
by Beretta
Dolla
Jou bek moet jam en biltong kry vir so n goeie antwoord. Ek kan sien jy en jou pa is trots en ek is baie bly vir julle. Om n suurgat te wees is maar somtyds moeilik. Ek hoop jy skiet nog n 100 buffels. As jy my dogter was sou ek baie trots gewees het oor jou skiet vermoe en jou goeie woorde skat. Oom Robbie baie geluk ek soek ook van daardie steaks asb
Beretta
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sun Sep 28, 2014 8:54 am
by dolla
Jammer oom Beretta maar ons het daai steak bloedbek geëet! Maar daar is by die slaghuis nog. Kom haal maar net, ek sal pappa se arm draai vir so bietjie afslag

Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sun Sep 28, 2014 9:05 am
by ThinusS
Eerstens geluk met jou skoot.
Goed, laat ek my siening probeer verduidelik. Die skrywe is onder die geweerjag hofie geplaas, dit dui daarop dat dit as 'n jagtog beskou word.
Buffeljag was nog altyd, vir my, die hoogtepunt van die gemiddelde jagter se jagloopbaan, min van ons kry ooit die geleentheid om ander grootwild te jag. Wat buffeljag spesiaal maak, en die rede hoekom mense van regoor die wêreld bereid is om groot geld daarvoor te betaal, is die totale ervaring.
My ervaring is dat die fisiese skiet van die buffel slegs 'n deeltjie van die jag uitmaak. Die jag bestaan uit die soek na spore, kilometers se loop en soek in bloedige hitte, die volg van spore deur ruie bos waar jou sig beperk is tot meters, die geploeter deur louwarm moeraswater. Dit is die opwinding elke keer as die bosluisvoëls voor jou uit die riete opvlieg, die adrenalieninspuiting wanneer 'n bosvark voor jou voete opspring en die mismoedigheid wanneer jy na 'n dag se jag leë hande terugstrompel na jou voertuig toe. Dit is die bekruip van die buffel(s) die soek vir 'n oop skootbaan deur bos en ander buffels, die wete dat as jy 'n fout maak met jou skoot jy 'n wesenlike probleem het. Dit is wat van buffeljag jag maak.
Om in 'n kamp in te ry en 'n buffel van 'n voertuig af te skiet bevat geen van die elemente van 'n jag nie. Vir my is dit moeilik om te verstaan dat iemand bereid is om te betaal vir dit. Dit is, vir my, baie meer bevredigend om 'n rooibok of vlakvark, te voet, in sy natuurlike habitat te jag.
Maar, soos die Ingelse sê "To each his own".
Geniet julle buffelvleis.
Groete
Thinus
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sun Sep 28, 2014 9:21 am
by Mark.YG
Baie geluk Dolla,
Ignoreer Thinus se post, in my opinie is dit lafhartig. Mens kry maar mense wat nooit die son op ander laat skyn nie.
Ek vir een is baie jaloers op jou jag.
Groete
Mark
Ps. As jy 'n ander se jag ondervinding wil op%£# omdat jy 'n suur m0@r is los dit eerder en moet nie post, dit los 'n suur smaak in almal se mond.
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sun Sep 28, 2014 9:30 am
by dolla
Oom mark, oom verdien n high 5 en sommer n trippel bells!
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sun Sep 28, 2014 9:50 am
by NEGE3
Baie geluk meisiekind. Dit is die begin van groot dinge. Dit is 'n ervaring wat vir min beskore is.
Geluk Robbie 'n meisiekind om op trots te wees.
Thinus ek verstaan jou siening. Dit is seker soos die meeste van ons dit sal wil doen maar ek glo nog steeds dit is vir die kind 'n onvergeetlike ervaring.
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sun Sep 28, 2014 10:01 am
by ROBBIE1
Manne bedaar maar!
Ek is self nie n groot voorstaander van bakkie jag nie, maar elke saak het sy meriete. Etiek is daar verseker ook al genoeg hier op die forum gepraat, en dis maar soos trou, elke ou het sy eie smaak, ek hou van n vet vrou, maar Thinus hou van lang maer vrou, so dis al holrug gery!!
Thinus, ek dink my meisiekind het jou heel goed geantwoord. Dit is, dink ek, baie duidelik dat ons gaan uitskiet het, maar alhoewel ons met n 7x64 geskiet het, het my bul met n nekskoot net daar geval, die kalf die selfde, Victor se 2 koeie het hy met sy 375 geskiet. GEEN DIER HET GELY NIE, dit kan ek waarborg. Met n TLB gelaai, geslag, in kwarte gesny, in die koelkamer in, en nadat ons gebraai het Pretoria toe vervoer in n goedgekeurde koel trailer.
Manne baie dankie vir julle post, eks trots op my vlooi, well done Dolla!!
Thinus, gelukkig is ek in die posisie om vir my slaghuis, baie uit te skiet. Is dit nodag om n jong dogter se glorie op te neuk omdat jy ongelukkig nie in die selfde posisie as sy is nie? Ek dink nie so nie.
Ek dink werklik ook verder dat jou galbraak maar kan stop, as n mens nie iets positief kan bydra nie, lees en beweeg aan, nerens op die forum is daar n wet dat jy op elke post iets MOET post nie hoor.
Groete en n heerlike dag verder.
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sun Sep 28, 2014 10:30 am
by Johan Reyneke
Dolla en Robbie
Baie geluk. Ek stem saam met julle antwoorde op Thinus se reaksie. Ek is ook baie jaloers op julle al was dit nie "eties"

vlg party mense nie. Ek glo ook julle het mooi verduidelik hoekom dit so gedoen was. Omstandighede "predict" maar hoe jy somtyds moet jag. Tyd veral is nie altyd aan ons kant nie en ons moet gebruik wat tot ons beskikking is om die einddoel somtyds te bereik.
Nogmaals dankie vir die deel en baie geluk aan julle albei.
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sun Sep 28, 2014 2:12 pm
by henning
ThinusS wrote:Eerstens geluk met jou skoot.
Goed, laat ek my siening probeer verduidelik. Die skrywe is onder die geweerjag hofie geplaas, dit dui daarop dat dit as 'n jagtog beskou word.
Buffeljag was nog altyd, vir my, die hoogtepunt van die gemiddelde jagter se jagloopbaan, min van ons kry ooit die geleentheid om ander grootwild te jag. Wat buffeljag spesiaal maak, en die rede hoekom mense van regoor die wêreld bereid is om groot geld daarvoor te betaal, is die totale ervaring.
My ervaring is dat die fisiese skiet van die buffel slegs 'n deeltjie van die jag uitmaak. Die jag bestaan uit die soek na spore, kilometers se loop en soek in bloedige hitte, die volg van spore deur ruie bos waar jou sig beperk is tot meters, die geploeter deur louwarm moeraswater. Dit is die opwinding elke keer as die bosluisvoëls voor jou uit die riete opvlieg, die adrenalieninspuiting wanneer 'n bosvark voor jou voete opspring en die mismoedigheid wanneer jy na 'n dag se jag leë hande terugstrompel na jou voertuig toe. Dit is die bekruip van die buffel(s) die soek vir 'n oop skootbaan deur bos en ander buffels, die wete dat as jy 'n fout maak met jou skoot jy 'n wesenlike probleem het. Dit is wat van buffeljag jag maak.
Om in 'n kamp in te ry en 'n buffel van 'n voertuig af te skiet bevat geen van die elemente van 'n jag nie. Vir my is dit moeilik om te verstaan dat iemand bereid is om te betaal vir dit. Dit is, vir my, baie meer bevredigend om 'n rooibok of vlakvark, te voet, in sy natuurlike habitat te jag.
Maar, soos die Ingelse sê "To each his own".
Geniet julle buffelvleis.
Groete
Thinus
Thinus ek dink jy mis die doel van Dolla se pos.
Sy wou graag die buffel wat sy geskiet met ons deel en ons is bly om dit met haar te deel.
Jou afbrekende kommentaar is nie in hierdie post welkom nie, want dit wil voorkom of jy iets van Dolla wil weg neem wat nie nodig is nie.
As jy jag en skiet wil bespreek is jy baie welkom om so n draad onder n ander onderwerp te begin en daar sal ons lekker saam met jou gesels.
Mooi Dolla, ek is net so bly saam met jou en Robbie jy is n nommer een pa.
Groete
Henning
Re: Ek en pappa se eerste buffel!
Posted: Sun Sep 28, 2014 3:56 pm
by Silent Hunting
Dolla/ Robbie,
Mooi gemaak. Self nou lekker jaloers. Maak maar weer so, solank dit net geniet word.
Groete,
Henk