Page 1 of 1

Verstelling op Swarovski

Posted: Fri Sep 26, 2014 4:16 pm
by Kalahari
Dag almal

Ek soek asb raad. Hoe sal ek die omskakeling doen of die situasie hanteer?
My swarovski z6 met br kruis stel 0.5cm op 100m met 1 click. Hoeveel sal dit dan wees op bv 200 en 300m?

Ek het nou op die ballistisiese progrom JBM my info ingevoer en lesings ens gekry, jbm gee in cm afwykings met wind en ook in moa. Hoe sal ek die somme maak om spesifiek vir wind te stel?

Voorbeeld: 20km/h wind van 9 uur, op 300m is die afwyking met 50gr Nosler bt varmint 33cm. Ek kan nou nie die moa afwyking onthou nie.
Hoeveel clicks sal ek nou stel indien my teleskoop soos bo genoem verstel?

Jammer as dit nou na 'n onnosel vraag klink vir party mense, maar ek wil leer om te begin verstel vir wind en nie REGTE raaiskote te vat nie.

Baie dankie

Re: Verstelling op Swarovski

Posted: Fri Sep 26, 2014 4:32 pm
by Hein22
1 click =
.5cm op 100m
1cm op 200m
1.5cm op 300m ens

Onthou dat elk klick 'n hoek verstelling in jou scope is en die cm waarde daarvan gaan verskil op verskillende afstande alhoewel die hoek dieselfde bly soos hier bo gewys (hoop dit maak sin). Jy sal dan die cm waarde wat elke klick verteenwoordig op elke specifieke afstand moet gaan uitwerk om te bepaal hoeveel klicks om te stel.

Ek reken wat dan die maklikste sal wees is om vir jou 'n "cheat sheet" op te stel met verskillende afstande en dan ook verskillende wind spoed bv. 4,8,12,16,20 km/h wind. Dit is nie nodig vir fyner lesings as dit nie.

Hoop dit help.

33cm op 300m:

33cm/1.5cm = 22 klick in die wind in.

Re: Verstelling op Swarovski

Posted: Fri Sep 26, 2014 4:38 pm
by tgg
ek mag verkeerd wees

maar ek dink dit is 33 gedeel deur 0.5 gedeel deur 3

22clicks.


Ok sien my som was reg :)

Re: Verstelling op Swarovski

Posted: Fri Sep 26, 2014 4:40 pm
by Williel
Johan, ek vertaan dit so as n voorbeeld.
Wind druk die punt 33cm weg oor 300m bv. Nou deel jy 33cm deur 3 (omdat dit 3 x 100m verder is). Die rede hiervoor is om die drift te bepaal na 100m. Dws dit gee jou 11cm oor 100m. Jy weet reeds dat 1 click oor 100m jou 0.5 cm gaan neem. Dws jy moet 22 clicks stel om die drift op 100m reg te kry. Dit sal jou op die point of impact bring oor 300m.
So sal dit geld vir enige afstand. Miskien is daar iemand wat dit kan bevestig of ek bollie praat of beter verduidelik.

Groete
Willie

Re: Verstelling op Swarovski

Posted: Fri Sep 26, 2014 4:45 pm
by tgg
Werk jy glad nie net die recticle se holdoverstrepies nie

Re: Verstelling op Swarovski

Posted: Fri Sep 26, 2014 4:53 pm
by Williel
Ek dink ook nou daaraan. As jy n Android foon het kan jy Strelok Pro aflaai vannaf Play Store teen n koste van ongeveer R 120-00. Dis n baie oulike app waar jy al jou scope detail, spoed ens kan insit vir verskillende gewere, ladings ens. Dan kan jy al jou verstellings in n sekond kry oor enige afstand vir hoogte en wind. Jy kan ook kies hoe die verstelling moet wees, cm, clicks, MOA ens

Hy laat my lekker speel.

Ek glo jy het n BT turret op met iets soos n W4 reticle. Daarom die vraag.

Re: Verstelling op Swarovski

Posted: Fri Sep 26, 2014 4:57 pm
by tgg
het jy al swarovski probeer, dit werk puik en is verniet.

hulle het n android en ios app

http://ballisticprograms.swarovskioptik ... up/init/en

Re: Verstelling op Swarovski

Posted: Fri Sep 26, 2014 9:17 pm
by Kalahari
Naand manne

Baie dankie vir almal se raad.

Ek het nie die slimfoon nie, myne is 10 jaar oud en my sein is so sleg op die plaas dat die ou foontjie beter opvangs het as die mooi duur ipads ens. Ek sal maar die pen en papier moet nader trek.

Julle verduideliking verstaan ek, maw, ek gaan net in die cm's werk en nie probeer omskakel na moa toe nie, want dan ek te veel somme moet maak. Ek het sommer Hornady se rekenaar gebruik en die JBM s'n en hulle stem ooreen met al die data wat dieselfde ingevoer is. Albei gee die wind afwykings in MOA en cm's.

Ek gebruik wel Swarovski se program met die kruishaar en dit werk baie goed vir my op die afstande, maar op die kruishaar is daar nie merke vir wind skatting nie, dus moet ek raai of nou leer en begin wind skat en stel daarvoor.
Williel wrote:k glo jy het n BT turret op met iets soos n W4 reticle. Daarom die vraag.
Willie, nee , nie die ballistic turret nie, maar die br kruis met kolle en strepe onder die hoofkruis.

Nou was die som maklik gewees met 'n ronde syfer. Ek gaan nou weer asb vra dat julle help somme maak, ek gaan dit ook nou probeer, maar ek vra solank, want ek is bang julle dink ek ignoreer julle so lank dink ek gaan dit my neem om die som te maak ;D

Gestel ons het 270m en dieselfde wind druk die koeƫl bv 27 cm. Wat sal my verstelling nou wees?

Re: Verstelling op Swarovski

Posted: Fri Sep 26, 2014 9:31 pm
by Kalahari
Kom ek probeer.

27/0.5 deel deur 2.7 (270 meter) = 20 clicks??

23 cm windskuif op 230 m

23/0.5 deel deur 2.3 = ook 20 clicks??

Re: Verstelling op Swarovski

Posted: Fri Sep 26, 2014 9:40 pm
by Hein22
Ek werk myne so bietjie anders uit maar kry dieselfde antwoord. 270m met 27cm skuif

0.5x2.7=1.35cm per klick. 27cm/1.35=20 klicks.

Re: Verstelling op Swarovski

Posted: Fri Sep 26, 2014 9:53 pm
by Kalahari
Baie dankie Hein, ek sien hier is nou 2 maniere , maar solank die antwoord dieselfde is maak dit nie saak nie, ek sal maar net moet sorg dat ek myself nie deurmekaar maak nie.

247m , windskuif is 25cm?

0.5 x 2.47 = 1.235 cm per click. dus 25/ 1.235 = 20.24 clicks?

Re: Verstelling op Swarovski

Posted: Fri Sep 26, 2014 9:57 pm
by Hein22
Korrek

Re: Verstelling op Swarovski

Posted: Fri Sep 26, 2014 10:11 pm
by Kalahari
Dankie Hein, ek sal nou vir my maar die "cheatsheet" opstel en dan paar kaste ammo maak, windmeter laai en die dae soek wat die wind waai en gaan skiet.
Dit is al wat gaan werk, lyk dit my.