Page 1 of 1

Bosvarknes ?

Posted: Mon Mar 21, 2011 1:06 pm
by Freddie101
Aan die bosvarkkenners
Die laaste paar jaar het hierdie varke meer algemeen geraak hier in Tarkastad.
Nou wil ek net hierdie met julle deel.
In 2008 januarie het ek die gras soos op die fotos by my op die plaas so sien le. Uit nuuskierigheid het ek afgeklim van die bakkie om te sien hoekom dit so is. Loop om die platgesnyde gras en kan nie uitmaak wat aangaan. Gaan staan en sien iets snaaks uitsteek by kant van gras. Op hierdie stadium was ek so 1m vanaf gras. Die oomblik toe ek die vorm herken as die neus van n vark toe kom hy/sy daaruit en gaan rakelings by my verby. Weet nie wie die grootste geskrik het nie. Ek of vark.
Image
ImageImage

Ken julle dit. Maak sy so nes om kleintjies te kry of wat is hier aan die gang.
Groetnis Freddie

Re: Bosvarknes ?

Posted: Mon Mar 21, 2011 1:46 pm
by Theo E
hi freddie

ja ek sien did baie by my
sal nie se dis n nes dalk net slaap plek

 

Re: Bosvarknes ?

Posted: Mon Mar 21, 2011 6:21 pm
by Andy
Freddie,

Stem saam Theo, jy was gelukkig om nog 'n vark te sien uitkom. Ons kry gewoonlik net 'n warm nes.

Andy

Re: Bosvarknes ?

Posted: Tue Mar 22, 2011 12:42 pm
by Freek
Freddie,

Dis hom daai. Die sog bou vir haar so 'n gras bed om in kleinthies te kry, self nog nie baie gesien in die veld nie en die wat ek op af gekom het was leeg. Iewer in a soogdier boek gelees dit is hul manier. Hier by ons slaap hulle gedurende die dag onder digte bos, daar by jou blyk digte bos redelik skaars te wees. So dit kan wees dat die varke hulle eie skaduwee maak met sulke neste. Weet nie... waar is Henslin?  Hy ken ook.

Re: Bosvarknes ?

Posted: Tue Mar 22, 2011 1:53 pm
by Freddie101
Manne
So julle ken dit. Theo en Andy waar is julle wereld.
Freek
Ek het ook gedink dit is bietjie beskerming en isolering teen die hitte.

Re: Bosvarknes ?

Posted: Tue Mar 22, 2011 2:52 pm
by Raven
Freddie,

Dalk is dit ALIENS wat "crop circles" kom maak op jou plaas  ;D  ;D

Raves

Re: Bosvarknes ?

Posted: Tue Mar 22, 2011 5:47 pm
by Freddie101
Ja Raves Ja,
Ons kan dit een aand na 12 op st nowhere bespreek.
Groetnis

Re: Bosvarknes ?

Posted: Tue Mar 22, 2011 5:58 pm
by Theo E
Freddie

ek is in nietverdient in die nw

Theo

Re: Bosvarknes ?

Posted: Tue Mar 22, 2011 9:16 pm
by henslin
Beslis 'n bosvarknes. Wyfie bou dit om kleintjies in te kry en bly dan vir 'n dag of twee daarin.  Baie selde dat sy langer as vier dae daar sal bly en beweeg dan verder. In digter plantedgroei en veral die lantana hier in ons geweste is die nes 3-5m wyd en tot 1.5 m hoog. Hulle steek dit gewoonlik in die ontoeganglikste areas hier weg. Kry hulle eintlik jammer in daai oop grasvelde !

Re: Bosvarknes ?

Posted: Wed Mar 23, 2011 8:38 am
by Andy
So julle ken dit. Theo en Andy waar is julle wereld.
Freddie,

Ek is in Amsterdam Mpumalanga.

Ons jag vaaf Piet Retief, Volksrust tot by Roos Senekal en Hayzeview deur die jaar.

jag net drie naweke 'n jaar nie varke nie. :'(

Andy

Re: Bosvarknes ?

Posted: Wed Mar 23, 2011 9:09 am
by Skolla
Freddie101 wrote: So julle ken dit.
Freddie

Ek dink dit is n galjoen grot?

Skolla

Re: Bosvarknes ?

Posted: Wed Mar 23, 2011 2:36 pm
by Pottie
Dis beslis n Bosvarknes die, hulle bou dit om kleintlies in te kry en bly nie lank daarin nie. Die neste word nie net in grasvelde gebou nie, maar ook in ruig beboste omgewings soos in  die Oos Kaap se kus gebiede kom dit baie algemeen voor. Bosvarkjagters wat met honde jag behoort hierdie neste goed te ken.
Bosvarke teel vinnig aan, veral as daar baie kos is en met die koms van verskeie besproeings skemas kom Bosvarke nou op verskeie plekke in die Karoo en die Vrystaat voor waar hulle nie van te vore gevind was nie. Bosvarke is hoofsaaklik nagdiere en word selde in die dag gesien, vandaar die gebrek aan kennis oor die verspreiding van hulle.
Jy het beslis n intressante waarneming gemaak en ek kan glo jy moes groot geskrik het toe die wielneus onder die bondel gras hier by jou uitpeul.

Re: Bosvarknes ?

Posted: Wed Mar 23, 2011 10:10 pm
by JPS
Pottie,

Welkom, stel jouself bietjie voor op die forum.


Groete
JP