Page 1 of 1
In die mark vir 'n Range Finder
Posted: Tue Sep 23, 2014 8:13 am
by Boesman10
HuntEx is op die Kaap se deur hierdie naweek en ek is in die mark vir 'n goeie rangefinder. Ek soek een wat maklik en akuraat kan meet tot en met die 500 meter merk. Met watter modelle het julle ondervinding vir lang afstand meeting? Watter model stel julle voor.
Re: In die mark vir 'n Range Finder
Posted: Tue Sep 23, 2014 8:32 am
by Pvdw
Op daai afsrande glo ek daar is net 1 keuse en dis die Leica 1600.
Ek het die Nikon AS1000 en hy gaan dit verseker nie vir jou doen nie.
Re: In die mark vir 'n Range Finder
Posted: Tue Sep 23, 2014 8:33 am
by Sangoma (IAN)
Koop Piet se Zeiss op die for sale section. Def n bargain!!
Re: In die mark vir 'n Range Finder
Posted: Tue Sep 23, 2014 9:14 am
by Boesman10
@Sangoma - Ek het vir Piet 'n offer gemaak maar my budget is net R7000 en hy soek R8000 minimum. Nou gaan ek maar die geld by HuntEx spandeer.
Re: In die mark vir 'n Range Finder
Posted: Tue Sep 23, 2014 9:47 am
by Capt. Yoda
Leupod RX 600i. Baie lekker RF maar ek is nie seker of hy n springbok op 500m sal range nie
Re: In die mark vir 'n Range Finder
Posted: Tue Sep 23, 2014 9:53 am
by Sangoma (IAN)
Ek het ook gesien Zimbi het n Bushell 1200 op special vir R5k.
Gee hulle dalk n lui en hoor of die special nog aan is.
Sterkte
Re: In die mark vir 'n Range Finder
Posted: Tue Sep 23, 2014 12:20 pm
by Eugene
Sangoma wrote:Ek het ook gesien Zimbi het n Bushell 1200 op special vir R5k.
Gee hulle dalk n lui en hoor of die special nog aan is.
Sterkte
As jou budget dit toegelaat het, sou ek ook vir die Leica 1600 gegaan het. As jy nie daai begroting kan druk nie (en ek sou probeer, want daars min ander RF's wat by die Leica gaan kom), sal ek ook kyk na die Bushnell 1200.
Re: In die mark vir 'n Range Finder
Posted: Tue Sep 23, 2014 3:53 pm
by Williel
Leica Rangemaster CRF 1000-R
Ek dink dis die regte een vir Sannie. Weet ent nie wie in SA hom het nie.
Kyk gerus op Leica se web.
Re: In die mark vir 'n Range Finder
Posted: Wed Sep 24, 2014 7:07 pm
by Piet Breedt
Ek het vandag so bietjie gaan kyk wat die Zeiss maak in die wildkamp. Ek kon blesbokke maklik range tot 780m, en Elande oor die 900m. Bome gerange tot 1298m
Die Zeiss is n bielie
Re: In die mark vir 'n Range Finder
Posted: Thu Sep 25, 2014 3:59 pm
by iceman1982
Kan nie verkeerd gaan met die Leica nie. Het meine gereeld gekry om 1600yds te range.
Re: In die mark vir 'n Range Finder
Posted: Mon Sep 29, 2014 5:06 am
by wollie
Naandse
Ek is op die oomblik in amerika, het die naweek saam met 'n geleentheid 'n leupold TBR1000i Suid Afrika toe gestuur, as jy een van die kant af soek kan mens hulle kry vir so R4300.
Dit is teen $350 plus 8.25% belasting en dan die wisselkoers.
Laat weet maar.
Wol
Re: In die mark vir 'n Range Finder
Posted: Mon Sep 29, 2014 8:52 am
by Boesman10
@wollie - dankie, ek het reggekom. Ek is wel vreeslik op soek na so 1000 x 208 grein Hornady A-Max punte vir .30 kaliber maar ek dink Customs sal iets te se he as jy hulle inpak. Geniet dit daar - is dit 'n plesier trip of vir werk? Waar in die VSA is jy?
Re: In die mark vir 'n Range Finder
Posted: Mon Sep 29, 2014 9:30 am
by wollie
ek mag geen punte of doppe of so inbring nie, gaan wel heel paar teleskope en 'n pres of 2 inbring. Ek hou so bietjie vakansie en is in Texas, Houston op die oomblik.