Page 1 of 1

Loop skoon maak, koper vs carbon uithaal

Posted: Mon Sep 22, 2014 8:35 pm
by marco
Enige iemand dalk die toets gedoen deur om net carbon uit te haal vs koper ook uit te haal ivm loop skoon maak. Oorsee is dit n tendens om net carbon uit te haal en die manne sweer vir dood dis nie nadelig om die koper te los nie? Ek sal graag wil hoor as iemand dalk die toets gedoen het om te kyk wat gebeur met loop lewe en akuraatheid.

Re: Loop skoon maak, koper vs carbon uithaal

Posted: Mon Sep 22, 2014 8:55 pm
by Capt. Yoda
Hier is n klomp manne wat dit doen.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... n+uit+haal
Kyk so van bladsy 2 af

Re: Loop skoon maak, koper vs carbon uithaal

Posted: Mon Sep 22, 2014 9:39 pm
by marco
Baie dankie nogals interesant om dit te lees. Ek het pas begin om my 300 wm se loop met boretech c4 carbon remover skoon te maak en n mens kan nou mooi sien hoe die loop met koper besmeer is bonne in.. Gaan die carbon uithaal en koper los n go gee en kyk..

Re: Loop skoon maak, koper vs carbon uithaal

Posted: Wed Sep 24, 2014 10:20 am
by Giepie
Ek het net koolstof uitgehaal, maar al meer probleme met beide gewere begin kry. Toe haal Ek koper ook uit, na so 10 skote was hulle weer reg. Koper ok tot op 'n punt.

Re: Loop skoon maak, koper vs carbon uithaal

Posted: Tue Sep 30, 2014 8:55 pm
by dehacked
Hulle noem dit cu equilibruim. Elke geweer het sweet spot van paar tot paar honderd skote waar hy die beste skiet.