Page 1 of 3
Leopold of Nightforce?
Posted: Sat Mar 19, 2011 9:19 am
by Christoff Bosch
Wat dink julle manne ek moet kies tussen 'n Leopold 8.5-25 x 50 en 'n Nightforce 5.5-22 x 50 weet nie wat om te maak nie. Gaan gebruik word vir Springbokke skiet en Groeperings kompetisies.
Groete
CB
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Sat Mar 19, 2011 11:26 am
by Dawie
Krrrk...Krrrk?
Wil iemand werklik 'n antwoord waag?

Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Sat Mar 19, 2011 11:52 am
by tokkels
Wat jou hart begeer...

Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Sat Mar 19, 2011 12:47 pm
by Danie Lombard .243
Ou CB
Ek gaan 'n kans waag om iets te se.
Enige iets behalwe 'n Leopold. T.o.v. jou vraag sal ek se die Night Force is stukke beter.
Ek gaan seker ge kielhaal word omdat ek nie van 'n Leopold hou nie. Maar jinne, 'n Leopold is darem nie sy geld werd nie. My opinie.
Danie
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Sat Mar 19, 2011 5:35 pm
by fanie17
Wat is die koste is daar nie n Nicon in daai prys klas nie
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Sat Mar 19, 2011 6:56 pm
by Francois Marais
Danie
Ek ken jou nie as iemand wat twak praat nie, so jy sal darm seker nie omgee om die stelling bietjie breedvoerig te verduidelik nie.....
Maar jinne, 'n Leopold is darem nie sy geld werd nie.
Sal graag wil hoor waar jy jou gly in n Leopold gekry het.....
Mooi loop
Francois
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Sat Mar 19, 2011 10:07 pm
by erx
Hallo CBeeBee
Vat die leopold mater
Groete
erx
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Mon Mar 21, 2011 5:21 pm
by Wouter Roets
Hel, ou Daan wat gaan nou met jou aan!
Sal ook graag die verduideliking wil hoor!
Hoor nou al n rukkie dat jy nie meer tyd vir Leupold het nie maar verduidelik net darm so bietjie.
Wag in spanning!
Wouter
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Mon Mar 21, 2011 5:42 pm
by bullseye
HALLO MANNE
EK WAS N LEOPOLD FAN HET NET LEOPOLDS GEHAD WIL NOOIT WEER N LEOPOLD SIEN NIE. HET VAN HULLE TERUG GESTUUR VIR HERSTEL WERK HET NET SO FLENTERS TERUG GEKOM.HET NOU SOMMER N LYNKS OPGESIT SKIELIK GROEPEER MY GEWEER EN IS MY SELFVERTROUE WEER TERUG.
TUSSEN DIE TWEE SCOPES WAT JY MOET OF WIL KIES
KIES DIE NIGHTFORCE. JY SAL NIE SPYT WEES NIE.
GROETE BEN.
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Mon Mar 21, 2011 7:12 pm
by rednat
Leupold of Nightforce?
As prys nie 'n faktor is nie -- dan is daar nie 'n keuse nie
Die een is darem in heel ander klas!
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Tue Mar 22, 2011 7:13 am
by Stefan764
Daanman
Ek wag saam Wouter en FM vir jou antwoord
Koop die Leopold. As dit die VX3 reeks is sal jy glad nie n fout maak nie.
Het geen kennis oor die NF, so kan geen kommentaar lewer. Nog net goeie dinge van Leopold te se uit ervaring.
Groete en sterkte met die keuse. En die afbetaal
Stef
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Tue Mar 22, 2011 10:23 am
by Danie Lombard .243
Liewe forum maters
Oor 'n Leopld scope

?
Ek hou net nie van die scope nie, doen dit nie vir my nie, reageer nie as ek die turrets stel nie, prys is meer as wat die scope doen, so
Ek is nie 'n Leopld man nie.
Moet my nie op die brand stappel gaar maak daaroor nie, net my opinie.
Bausch & Lomb doen dit vir my, asook Swarovski, Leica en Burris.
Leopold is nie vir my nie.
Night Force is ook kwaai.
Danie
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Tue Mar 22, 2011 11:27 am
by Wouter Roets
Daan
Ek verstaan jou standpunt en respekteer jou opinie.
Ons moet ook darem in ag neem dat hierdie probleme van jou seker gesien kan word as die uitsondering op die reel. Ek dink Leupold het darem seker een van die beste name in die mark met die produk self en naverkope diens en ek persoonlik en n klomp ander mense kan daarvan getuig. Dit sal seker onregverdig van my wees indien ek n probleem met n spesifieke Toyota produk gehad het om die hele groep nou te ag as n swak produk en dit dan nou so te vekondig?
Net so by the way as ons die Leupold VX7 met die Nightforce of enige van die ander genoemde scopes vergelyk is julle dan nog steeds seker oor julle stellings? Die VX7 word amper nooit genoem op die forum of in ons gesprekke nie alhoewel hy op prys kompeteer veral teenoor make soos Swarovski en dies meer! Appels met Appels maters! Ek dink dalk n paar mense se oogklappe sal dalk so boetjie af kom as daar deur die meneertjie geloer word en die ander eienskappe vergelyk word!
Groetnis
Wouter
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Tue Mar 22, 2011 12:06 pm
by Wouter Roets
Ludwig
Ek het die VX3 in gedagte inisieel gehad en gevoel hy is nie vergeleikbaar met die Nightforce nie. Soos jy gese het is die MK 4 die beter een om te vergelyk en die keuse daar gaan maar persoonlik wees. My ander stellings het meer in die geheel gehandel as oor hierdie spesifieke skrywe.
Groetnis
Wout
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Tue Mar 22, 2011 2:20 pm
by Christoff Bosch
Middag manne
Dit is die vx 3 8.5 - 25 x 50 wat ek vergelyk met die nightforce? Dink ek gaan die nightforce vat nou is dit net die keuse van 'n reticle wat pla?
Groete
Christoff
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Tue Mar 22, 2011 2:50 pm
by JOHANNIC
Daar is n R5000 prysverskil die nxs is meer parralax sensitief en die verskil(as jy jou verbeel) tussen die twee gaan jou verseker nie beter laat skiet nie,by ons is n paar manne met die leupolds(x25) en n paar nxs(x22) ek kan nie die R 5000 verskil sien nie,gaan kyk deur n March of n Swarovski dan sien jy n werklike verskil.
Net my 2c
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Tue Mar 22, 2011 5:02 pm
by Dawie
CB
Ek het een bestel (wag al van November af

) met NP-2DD reticle (keuse van vriend wat bitter v?r en baie skiet) en as jy paar Rand meer wil spandeer kry een met die Zerostop.
Dawie
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Tue Apr 05, 2011 12:36 am
by Francois Marais
Danie
Wou nou met jou aant redeneer gaan, maar sal eerder stilbly, kan maar net se dat ek n klomp Leopold scopes het, en al n probleem gehad het met een wat ek tweedehands gekoop het, hy is weggestuur en het HEEL teruggekom, dit het my net die transport gekos, hoor bietjie wat Dr Jaracal oor n Nightforce scope te se het, en jy sal nie glo wat jy hoor nie..........
So terloops, ek het Nightforce op die poll gestem, omdat ek dink dit is n beter scope as n Leopold, maar reken dat Leopold steeds n goeie waarde vir geld scope is.............
My 2c....
Mooi loop
Francois
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Tue Apr 05, 2011 8:46 am
by Danie Lombard .243
Sal graag Jaracal se ervaring wil lees oor die Night Force scopes.
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Tue Apr 05, 2011 2:35 pm
by Francois Marais
Danie
Praat onder korreksie, maar dink hy het hulle geruil vir LYNX scopes op die einder v/d dag, konnie die zero's hou nie, so hoor ek..............
Mooi loop
Francois
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Tue Apr 05, 2011 2:58 pm
by Wouter Roets
Francois
Dit is ook nie die eerste keer dat ek dit hoor nie!
Wout
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Tue Apr 05, 2011 3:15 pm
by Ponkie
Manne
Ek sien diesele tendens nou by ons Jagtersvereniging. Ons A span bly min of meer konstant reg deur die jaar. Dis nou op die laaste kompetisie Jaco Brink, Valie Enslin, Jimmy Farhnam en Danie Barnard gewees. Al 4 hierdie skuts was groot, maar groot leupold manne. Weet nou nie die presiese vergrotings van hulle scopes nie, maar intussen het al 4 die leupolds laat gaan en skiet hulle met Nightforce. Ek praat net onder korreksie van Oom Jimmy, maar die res is ek seker van.
Wat die rede hiervoor is, weet ek regtig nie, weet net dat die leupolds nie die turrets gehad het waar jy dial voor elke skoot nie en die Nightforce het wel.
Groetnis
Ponkie
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Wed Apr 06, 2011 3:12 pm
by Piet Breedt
Ponkie wrote:
Manne
Ek sien diesele tendens nou by ons Jagtersvereniging. Ons A span bly min of meer konstant reg deur die jaar. Dis nou op die laaste kompetisie Jaco Brink, Valie Enslin, Jimmy Farhnam en Danie Barnard gewees. Al 4 hierdie skuts was groot, maar groot leupold manne. Weet nou nie die presiese vergrotings van hulle scopes nie, maar intussen het al 4 die leupolds laat gaan en skiet hulle met Nightforce. Ek praat net onder korreksie van Oom Jimmy, maar die res is ek seker van.
Wat die rede hiervoor is, weet ek regtig nie, weet net dat die leupolds nie die turrets gehad het waar jy dial voor elke skoot nie en die Nightforce het wel.
Groetnis
Ponkie
En daar gaan die lig aan. Teleskope is baie "horses for courses". Ek het niks teen Leupolds nie. Het immers self al n klomp in my lewe gehad.
Soos ek dit sien in die meer as 30 jaar wat ek skiet, het dit so gewerk.
Daar was 3 klasse van scopes vir ons beskikbaar in ons land.
Klas 1: Daar was die goedkoop klas wat ons almal mee begin het nl: die Tasco's, Bushnell's, Weaver's, Redfields en later die Lynx'e en Nikko Sterling wat seker die swakste was.
Klas 2: Dan was daar die Leupolds wat beslis n stappie hoer was
Klas 3: En dan op hulle onbetwiste eie vlak was die Zeiss'e, Swarovski, en Smidt und Bender's met Kales en later Leica daarby. Hulle was nie vir ons gewone sterflinge beskoor nie, en ek het altyd met n nat gekwylde mond na hulle gestaar. Hulle is nogsteeds in daardie vlak op hul eie. March lyk my is ook daar naby van wat ek nou al gesien het.
Volgens my opinie het die 2de vlak egter n hele klompie ander name nl:( Night Force, Burrus, Nikon, Vortex en nog so paar ander soos Meopta en IOR van Rusland) bygekry, en Leupold het so bietjie verswak. Ek staaf my bewering aan eie ondervinding, en ook aan statistieke van n groot geweer handelaar wat aan my vertel het dat hy by verre weg die meeste Leupolds terugstuur vir herstel as al die ander saam. Hy verkoop ook egter verre weg die meeste Leupolds, aangesien elke ou wat daar instap met niks minder tevrede is, as die goue ringetjie voor aan die objektiewe lens nie.
Ek self glo dat n Leupold nogsteeds n goeie scope is, maar dat jy jou geld baie beter kan benut vir n net so goeie scope, indien nie beter, en nog heelwat kleingeld kan oorhe met vandag se keuses.
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Wed Apr 06, 2011 4:16 pm
by MJK
Ek self glo dat n Leupold nogsteeds n goeie scope is, maar dat jy jou geld baie beter kan benut vir n net so goeie scope, indien nie beter, en nog heelwat kleingeld kan oorhe met vandag se keuses.
[/quote]
Middag Piet
As jy no so R6000 tot R7000 in die hand gestop word en se koop teleskoop vir jaggeweer skiet kompetisies - wat sal jou keuse wees?
Groetnis uit die Kaap
Re: Leopold of Nightforce?
Posted: Wed Apr 06, 2011 6:48 pm
by Chris101
Bosch
Baaaaie dankie vir die vlinke diens
Jy het my night force gesien redelik nerfaf op plekke
1 ding van hom hy weet nie wat uitstel beteken.
Chris101