Page 1 of 1

Wat se teleskoop..??

Posted: Sat Mar 19, 2011 2:03 am
by KalahariKlong
Goeie more almal.
Ek is seker almal het al voor die keuse gestaan en soos ek deur die forums blaai sien ek die vraag is al menige kere gevra.
My vraag is die volgende.. Ek het vir my 'n 7x64 laat bou by Gerrie en moet nou n bril aan die ou hang.
Die volgende het my aandag getrek en is in my "budget range" as ek so mag vloek..

Nikon Monarch 2.5-10x42
Burris FFII 4.5-14x42
Leupold VX2 3-9x40
Leupold VX2 3-9x50
Leupold VX2 4-12x40
Leupold VX2 4-12x50

As ek iets noems waardig gemis het laat weet asb?

???   ???   ???

Ek wil kan bos en vlakte jag en die dag as ek lus is vir 'n papier bok moet ek dit darm tot op so 300m kan waag.
Wil nie sukkel met paralaks verstellings ens nie, en kyk ek ook na die BDC en milti dot in die verskillende scopes.

Enige insette sal opreg waardeer word

Groete
KK

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Sat Mar 19, 2011 7:33 am
by 243Songdaug
M?re KK

Persoonlik is ek nie baie stout oor 3-9 x enigiets teleskope nie.  'n 4-12 of 4-14 Vergroting is in my boek baie beter, veral in die lig dat jy skote tot op 300m wil skiet.  Die Burris, Nikon en ook die Leopolds is almal goeie name/produkte.

Dit is net 'n geval van jy moet 1 kies wat vir jou reg voel.  Ek stem met jou saam rondom die mildot kruishare - of kruise met multi merke - dit maak verskiet net soveel makliker. Ek glo ek sal maandag bietjie op die baan wees - so as jy wil kom kyk, laat weet my dan vat ek die wapens saam baan toe. 

Charl Solomon skiet 'n Nikon(8-32 x 50 Monarch)  ek het sy nommer as jy sy teleskoop wil bekyk.  Ek hou nogal van die Nikon's - hulle is in my mening baie goeie waarde vir geld.  As ek reg onthou het Ryan Sandow 'n Burris op sy 303 laat monteer, (nie 'n FFII nie) nadat hy die outjie laat sport het - ook by Gerrie.  Ook 'n netjiese teleskoop.

Moenie te veel worry oor reg koop die eerste keer nie - soos jou behoeftes verander sal jy weer en weer moet koop - duur maar tog prettig.

Groete.
Jaco

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Sat Mar 19, 2011 8:44 am
by HVZ
KK

Jy kan gerus na die vortex 6.5-20x50 ook kyk. Ek weet daar is manne wat gekla het oorhom in die nag maar verder het ek nie probleme van hom gehoor nie.

Lekker shop
HVZ

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Sat Mar 19, 2011 12:51 pm
by Danie Lombard .243
Burris se beeld is baas, hy is sterk en hou sy zero, glo my, ek het dit getoes op ons VS se sinkplaat gruis paaie. Ure en kilos gery met my .300 WM in geweer sak agter op bakkie se bak, Burris scope behou sy zero.

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Sat Mar 19, 2011 1:14 pm
by KalahariKlong
Dankie vir die terugvoer manne. Ai Jakes weet jy hoe hartseer is dit om te sien wat ons betaal teenoor die manne in die VSA. Ek hou van die Nikon en die natuurlik die Leupold EN dan kom maak Danie dit nog moeilik met die Buris ook (baie mooi scope). Hvc, ek weet nie die ouens het gemengde gevoelens oor die Vortex. Dis amper soos my Assasin wat ek gekoop het. Die produksie is nie altyd op std nie, of jy is gelukig of jy kry een uit 'n swak batch uit.

Jaco, ek sal jou 'n lui gee voor ek kom dan kom kyk ek gou na daai brille. Baie dankie vir die uitnodiging ou maat.

Groete
Exavier

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Sat Mar 19, 2011 3:06 pm
by Hein M.
KK,

Ai, maar ek is jaloers.  Wil ook eendag so 'n kaliber besit. 

'n Pel van my het 'n 7x64Bren. met 'n Bushnell Yardage Pro op.  As ek sien hoe daardie scope die geweer komplimenteer dan besef ek die waarde van 'n rangefinder.
Die Burris Eliminator werk ook lekker.

Van jou lysie sal ek die Burris of die x12 Leopold kies.  Die 50 voorste lens is dalk 'n moet as jy baie in die nag gaan skiet.

Is die Nikon Monarch 5-20x44 Nikoplex en BDC veel duurder as hierdie teleskope?  Weet hy kos so R4700.  Dit is ook 'n goeie opsie.

Sterkte met die besluit!

Hein M

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Sat Mar 19, 2011 7:10 pm
by Francois Marais
KK

Sal na die Leopold gekyk het as ek jy was, net my 2c....... die duurste een wat jy kan bekostig, al kos hy ook meer as die geweer.

Mooi loop
Francois

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Sun Mar 20, 2011 9:37 am
by KalahariKlong
Hein M. wrote: KK,

Ai, maar ek is jaloers.  Wil ook eendag so 'n kaliber besit. 

'n Pel van my het 'n 7x64Bren. met 'n Bushnell Yardage Pro op.  As ek sien hoe daardie scope die geweer komplimenteer dan besef ek die waarde van 'n rangefinder.
Die Burris Eliminator werk ook lekker.

Van jou lysie sal ek die Burris of die x12 Leopold kies.  Die 50 voorste lens is dalk 'n moet as jy baie in die nag gaan skiet.

Is die Nikon Monarch 5-20x44 Nikoplex en BDC veel duurder as hierdie teleskope?  Weet hy kos so R4700.  Dit is ook 'n goeie opsie.

Sterkte met die besluit!

Hein M

Hein,
Ek het rond gekyk vir 'n "allround" kaliber. Iets wat ek in die meeste cenarios kan gebruik.
Ek gaan bietjie navorsing doen op die scopes wat jy genoem het.
Die scopes is soos volg geprys (net so vir interesantheid)
Nikon Monarch 2.5-10x42  -  R3500
Burris FFII 4.5-14x42  -  R4000
Leupold VX2 4-12x40  -  R5000

Dankie vir jou insette
KK


Francois Marais wrote: KK

Sal na die Leopold gekyk het as ek jy was, net my 2c....... die duurste een wat jy kan bekostig, al kos hy ook meer as die geweer.

Mooi loop
Francois
Ek hou ook van die Leupolds maar moet ook noem dat ek al die duur les geleer het van als wat duurder is is nie altyd beter nie.
Juis daarom kyk ek ook na die ander genoemde fabrikate.

Groete
KK

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Sun Mar 20, 2011 11:27 am
by Monrique (SJ)
KK

Vat daai Burris, jy gaan nie spyt wees nie. Ek het self 2.(3-9x40 & 6.5-20x50) en is baie gelukkig met hulle. Gaan self vir my die 4.5-14x42 kry vir die nuwe roer wat oppad is.

Groetnis

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Sun Mar 20, 2011 1:04 pm
by KalahariKlong
SJ, wat se prys kon jy kry?

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Sun Mar 20, 2011 5:38 pm
by rednat
KK
Jy wil drie meisies op dieselfde date soen.
Bosjag: lae vergroting, nie te dun kruishaar vir maklike en vinnige identifikasie en definisie -- ook moontlik bewegende skote. Bly weg van 'n besige kruishaar dws. vol strepies en fieterjasies -- daar is genoeg takke in die bos om uit te sorteer.
Vlaktejag: Ho?r vergroting normaalweg nie ho?r as 10 (as jy ho?r as 10 gaan in vinnige reaksiejagtoestande en selfs ongemaklike skietposisies skep jy net vir jouself probleme, met swak skote jou voorland ). Skiet op 'n 6 tot 8 vergroting in jagtoestande met wisselende skietposisies en geniet jou jag.
Hier soek jy 'n nie te dik kruishaar. Tot op 300 het jy werklik nie 'n mildot of enige van die fensie kruishare nodig nie. Met 'n 7mm zero jy op 200. Mik dan op 100 so bietjie laer (2duim af) of gladnie. Op 300 mik jy so 7 duim ho?r -- baie maklik en vinnig as jy daaraan gewoond is. En gaan sny biltong. EN bly weg van skote verder as 300. Belowe jou jy sal nie minder biltong h? nie. Al hierdie fieterjasies in die jagveld werk nie op lewendige goed wat weghardloop nie.
Teikenskiet en papierbokke: Op 300 met 10 vergroting sal jy gou besef hoeveel voordeel die syfokus  vir parralaks wel inhou. Weereens sal 'n 10 vergroting aan al jou behoeftes voldoen behalwe as jy ook jou scope as 'n spottingscope wil gebruik. En dan kan 'n mildot nogal op 300 help met die ghongs -- maar gebruik jou dupleks kruishaar reg en jy s? dankie vir 'n dupleks in die bos.

As jy 'n scope koop bly weg van die goedkoopreekse binne verskillende fabrikate. Binne elke fabrikaat kry jy goedkoop produkte vir die straatmark. Leo: blyweg van iets laer as VX111. Lynx: koop net die P reeks of Lx2 en beter. Nikon: vir jou behoefte koop Monarch Gold E. ens.

Oja amper vergeet sorg dat jou kruishaar op die 2nd plane is dws. die vergrotng affekteer nie jou kruishaar nie

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Sun Mar 20, 2011 6:35 pm
by KalahariKlong
rednat, baie dankie vir die inligting. Soos jy genoem het, ek soek nie 'n "besige" kruis nie.Ek gaan loer gou na die scopes wat jy genoem het.

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Sun Mar 20, 2011 9:59 pm
by rednat
KK
Ek probeer jou nie be?nvloed nie. Elke ou betaal maar sy eie skoolgeld.  
Vir nabyskiet, staanskiet, bosskiet en bewegingskiet wil ek liewers 'n scope h? wat by 2.5 begin as by 4. In normale jagtoestande is groter as 10 vergroting 'n minder goeie keuse as skietvergroting  - wel lekker om te h? as jy wil kyk of die gemsbok bul of koei is.
Spandeer liewers nou 'n paar rand meer en koop reg.
In die goedkoper lyne koop mens net die top of the range -- baie keer beter waarde vir geld as die goedkoper lyne van die duur scopes.
Ek besit 'n paar Lynx Proffessional scopes, op dagjaggewere, wat ek jare gelede gekoop het en wat baie werk en sien geen rede om hulle af te haal vir duurder scopes nie. Ek besit ook van die duurder Duitse kykgoedjies wat my baie plesier verskaf --- maar weet nou nie of hulle eintlik ekstra biltong huis toe bring nie. Nikon Monarch Gold E het ek ook van en is baie tevrede -- lekker kruishaar, duidelik en stel presies. Leupold is ook beslis nie sleg as julle mekaar verstaan nie. So jou keuse is wyd --- weet nie of mens in die topvlakke van die verskeie fabrikate nog swak scopes kry nie. Jou keuse sal afhang hoeveel jy wil betaal. In die goedkoper lyne was Lynx altyd goeie waarde -- dink egter hulle raak nou bietjie gulsig met die prys. Buschnell en Burris maak baie manne opgewonde -- ken hulle nie.

Om egter op 'n pasmaak geweer 'n goedkoop lowrange teleskoop te sit laat nie reg aan die geweer geskied nie en maak nie sin nie.

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Tue Mar 22, 2011 12:09 pm
by Stefan764
rednat wrote:
Vir nabyskiet, staanskiet, bosskiet en bewegingskiet wil ek liewers 'n scope h? wat by 2.5 begin as by 4.
KK ek wil net so bietjie van Rednat verskil hierso. Die kans dat jy in die bos so naby aan diere kom dat jy n 2.5x eerder as n 4x gaan soek kan ek nie indink nie. Ek het n 4-12x 40 Leopold VX1 op my 7x64 Tikka. Was op skool dai tyd toe ek gekoop het en kon net nie by die volgende trappie bykom nie. Nog nooit truggekyk of spyt gewees nie. Het die naweek met die geweer Rooibokke in die Waterberge geskiet en die bos is dig daar. Stap toe in n deel waar die veld laasjaar gebrand het. Stel my vergroting op 10x omdat sig tot op so 80m redelik oop is en met die aanname dat die roobokke ook so op dai afstand gewaar sal word. Bok duik toe op 40m agter n boom op en ek het sonder enige probleme met die 10x vergroting die bok uit die vuis geskiet.

My punt is, selfs al kom jy nader, se tot op 20 meter, dink ek die 4x vergroting gaan reg wees. En tot op 300m het jy niks meer nodig as n 12x vergroting op dai 7x64 nie.

My 2c...

Groete
Stef

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Wed Mar 23, 2011 10:36 am
by KalahariKlong
Dankie aan al die manne vir die terugvoer. Ek het toe besluit op die 4.5-14x42 Burris Full field 2 met die Ballistic Plex Reticle . Soos Stefan genoem het dink ek nie ek gaan sukkel om in die bos met die 4.5 vergrooting te skiet nie en op die baan is die 14 meer as genoeg. Ek kies die scope omrede ek dit teen 'n baie goeie prys kry en dit vir my lyk na 'n ordentlike scope. Weereens, baie dankie vir julle almal se insette.

Re: Wat se teleskoop..??

Posted: Fri Mar 25, 2011 9:56 am
by rednat
Stef
Jy moet ophou om in die Bosveld uit die bakkie al langs die brandpaaie te jag - -- probeer slag "loopmettestok" ;)
Ek dink jou scope het stukkende 4 vergroting -- klink vir my dit vergroot maar soos die 2.5 van 'n heel scope ;D
Ek praat van die werklike BOS man dws. BOME en nie bosse nie -- waar jy te voet jag en jou bok nie verder as so 25 tree skiet nie --- verste wat jy kan sien. Eintlik is die ultimate om oopvisier te jag vir daai vinnige skoot.
Toemaar voor jy stress -- ek terg sommer. Geniet jou 4 vergroting -- jy ken hom.