Page 1 of 1
luiperd
Posted: Fri Mar 18, 2011 10:12 am
by jmb
Manne daar is 'n groot mannetjie luiperd op ons plaas gevang so 6 maande terug. hy is gecollar en release. Hier is sy track die afgelope 6 maande.
dit is nogal ongelooflik hoe die ding oor die berge beweeg. Die Hex berge is nogal hoog en styl. Hy beweeg in 'n 35000 ha gebied en jy kan nogal mooi sien hoe groot dit is. hy vang huidiglik kalwers in Ceres wat bietjie van 'n probleem is. Ek weet van julle ouens sou se skiet die ding, maar black-sam dis 'n mooi dier as jy by hom staan.
Terloops ouens die Hexrivier vlaggie is op my plaas so nou het niemand meer 'n verskoning om nie te kom kuier nie want julle weet waar ek bly.

Re: luiperd
Posted: Fri Mar 18, 2011 10:42 am
by JOHANNIC
jmb
Lyk my jy en Barry de kock is bure of kyk ek die kaart onderstebo?
Re: luiperd
Posted: Fri Mar 18, 2011 10:59 am
by jmb
Nie heeltemal nie sy plaas is seker so 8km verder op in die vallei. Ek bly in die onderdorp jong.

Re: luiperd
Posted: Fri Mar 18, 2011 11:04 am
by JOHANNIC
Ja ek sien nou ek het hom nou gezoeeem met google

Hel maar daardie luiperd beweeg wyd!!!
Re: luiperd
Posted: Fri Mar 18, 2011 12:19 pm
by WillemS
Johan
Daai kat beweeg darm wyd hier in ons berge, nooit besef nie! As daar 1 is behoort daar seker nog te wees of hoe? Wat s? die manne wat hom gemerk het? Wonder hoeveel is daar wat rondloop in die selfde gebied?
Willem
Re: luiperd
Posted: Fri Mar 18, 2011 12:34 pm
by jmb
Daardie is een mannetjie se gebied. Daar mag 'n paar wyfies ook wees maar in daardie area is daar glo net een mannetjie. Dit is nogal ongelooflik hoe hy in een area konsentreer.
Re: luiperd
Posted: Sat Mar 19, 2011 7:38 pm
by jmb
Manne ek is gevra deur die ouens wat die luiperd track om die kaart te verwyder aangesien dit die dier in gevaar stel. Ek is seker daar is nie ouens op die site wat doelbewus hierdie luiperd sou wou jag nie. Ek wil egter nie die dier se lewe op my gewete he nie. Vir my is dit ongelooflik dat ons hierdie diere hier by ons in die berge kan he.
Re: luiperd
Posted: Sun Mar 20, 2011 12:16 pm
by baboonstalker
JMB,
Jy s? die ou eet nou kalwers, maar wat is hulle hoof dieet in ons geweste? Ek was onder die indruk dat dit baie bobbejane insluit, maar het onlangs gehoor die manne spits hulle meer toe op dassies en ystervark. Hulle is natuurlik opportuniste en sal seker enige iets vang wat hulle in die tand kan kry.
Pieter
Re: luiperd
Posted: Sun Mar 20, 2011 1:51 pm
by tafjak
Baboonstalker
Hierdie is nou interresante topic en ek hou dit met fyn o? dop. Ja, hulle hoofgereg is glo bobbejane as jy die navorsers kan glo. Die probleem daar by julle is natuurlik dat die bobbejane nou opgevreet is en die Mnr Felix nou beeste moet vreet. Sien reeds op die kaart dat hy groot deel van sy tyd aan die Ceres-kant(sou reken dat dit die meer bees-w?reld by julle is) spandeer. Reg sou ek reken, hy moet mos eet en waar gaan hy die maklikste prooi opspoor? Reeds die kant van die sny brood met die meeste botter op ontdek! Dink die manne nou regtig dat die een ge-collar-de luiperd al een is wat beeste vang!
Totdat die manne die beeste begin kraal en hy een Vrydagaand op wynverkoelde prooi uitloop! Baie nice om so dier in jou omgewing te kan h?, maar vir die regte redes en vir die glamour nie. Hoekom kardon hulle nie die kat se gebied af met 3meter wildheining(kat-proof) nie? Maklik om te s? dat dit vir bewaring is en niks anders nie. Daar is parke daarvoor waar regulasies geld en die mens se veiligheid eerste kom.
Sal daarvan hou dat alle moordenaars ge-collar word en die manne se bewegings bekend gemaak word vir eie veiligheid?
Net 'n gedagte van my kant en ek het by the way niks te verloor met julle Kapenaars se wette nie. Miskien moet die bewaringsbewustes die Curriebeker vir die WP collar, net dat hulle nie miskien vasvra-wedstryd verloor nie.

Hoop tog dat ek verkeerd is teen die 10de Oktober om die vrede te bewaar.
Mooiloop
Ps. Jmb, wil jy tog nie asb weer die kaart plaas nie, het reeds Amerikaner hier en kan die winnings deel met jou!

Re: luiperd
Posted: Sun Mar 20, 2011 4:00 pm
by baboonstalker
Die probleem daar by julle is natuurlik dat die bobbejane nou opgevreet is en die Mnr Felix nou beeste moet vreet
Taffie,
Stel jou amerikaner nie dalk belang in 'n mooi trofee mannetjies bobbejaan nie? Ek kan jou verseker dat hulle baie v?r van opgevreet is. Troppe hier by ons is so in die omgewing van 50- 80 en selfs meer ook. As jy so na die % ma's met rug-ryers en maag-hangers kyk is die aanwas ook baie gesond.
Re: luiperd
Posted: Sun Mar 20, 2011 5:11 pm
by jmb
Tafjak ek verstaan nie heeltemal jou redenasie nie. Hier by ons was nog altyd luiperds in die berge. Ek het hulle spore al baie gekry en ook so nou en dan een gesien. Hulle neem wel kalwers waar hul die geleentheid kry maar as die beeste snags gekraal word is daar nie probleme nie. Ek dink jy maak jouself skuldig aan presies dit waarvan ons meestal die groenes beskuldig. Die feit dat die luiperd nie bees kan vang nie gaan nie van hom 'n mensvreter maak nie. Ek is seker dat daar baie gebiede is waar luiperds 'n groot probleem is maar hierdie is nie regtig 'n veeboer area nie so vir ons is die luiperd iets interessant en mooi om te sien. Daar is geen "glamour" daaraan nie.
Terloops hulle vang nie eintlik bobbejane nie. Sal miskien 'n kleintjie of ou een vat as hulle hom kan kry. Luiperd is maar versigtig om seer te kry. Hier is baie ander wild in die berge wat hy van kan leef.
Re: luiperd
Posted: Sun Mar 20, 2011 5:21 pm
by tafjak
BS

Ek verneem daar is redelik van die ouens daar by julle. Hier by ons(ooskaap) kan hule ook merakkels maak in die droogtes.
Wat dink jy behoort goeie prys vir so sitbok te wees?
Re: luiperd
Posted: Sun Mar 20, 2011 5:22 pm
by JOHANNIC
Hier in ons omgewing is daar self n hele paar en net om na hulle fotos te kyk is spesiaal,hulle roer so af en toe in die mense se wildkampe onder die springbokkies,maar soos jmb se dis hulle berge,mens kry gewoonlik hulle spore naby aan die berg waar die boere nuwe wingerd vestig,en so af en toe sien mens ook die kleintjies se spore

Re: luiperd
Posted: Sun Mar 20, 2011 5:47 pm
by tafjak
jmb
Sal daarvan hou dat alle moordenaars ge-collar word en die manne se bewegings bekend gemaak word vir eie veiligheid?
Hierdie deel van my post is aan moordenaars gemik, regte bankrowers met gunne en messe!. Dink net hoe nice dit sal wees as jy by bank inloop om sms te kry dat veroordeelde moordenaar saam met jou in die qeue staan. Lyk vir my of jy dit verkeerd verstaan het. Doelbewus 'n alleenstaande paragraaf.
Insert Quote
Tafjak ek verstaan nie heeltemal jou redenasie nie. ................Hier by ons was nog altyd luiperds in die berge.
Maak maar seker as jy my redenasie nie verstaan nie.
By ons(ooskaap) was ook nog altyd luiperde gewees en nogsteeds baie van hulle. Ek stel net voor dat 'n mens nie oorbeskermend moet optree indien een nou in jou area ge-collar is nie. 'n Ge-collar-de luiperd was reeds in aanraking met mense(regte mense) en sien hoeka dat julle s'n al 2keer gevang is. Hy leer elke keer ietsie by wat hom moontlik kan laat besef/gewoonte dat die mens nie so gevaarlik is as wat hulle voorgee nie. Presies wat die mensdom nie wil h? en kan hanteer nie. Luperd het in Ooskaap 'n man aangeval(gesig verloor) wat besig was om daagtaak te verrig, maar nou gooi almal hande in lug.
Geen probleem met julle luiperd nie.
Mooiloop
Re: luiperd
Posted: Sun Mar 20, 2011 10:13 pm
by Biker
Ek stem saam. Luiperd op sy plek van die mooiste katte op die aarde.
Groete Biker
Re: luiperd
Posted: Sun Jan 01, 2012 11:40 pm
by tafjak
jmb
Wat gaan aan met die kat van julle? Hoor die goed maak skade onder die vee en 'n paar is al bokveld toe. Laat weet tog asb!
Mooiloop
Re: luiperd
Posted: Mon Jan 02, 2012 7:46 am
by JK
As hy geleer kalwers vang het, gaan hy net n probleem bly. Klein kalfies is dan sy voorland, en as hy naby my plaas kom .................
voorspoed!!
Re: luiperd
Posted: Mon Jan 02, 2012 10:18 am
by tripodmvr
Was in Oktober vir 'n paar dae op Villiersdorp. By een wynkelder fotos van 5 verskillende luiperds gesien wat daar hou. Daardie berge is wyd en bied die ideale habitat.
Re: luiperd
Posted: Mon Jan 02, 2012 5:13 pm
by Andre Hugo
Sit en lees nou hierdie topic en sweet sommer al sit ek onder die aircon. Die luiperd is seker die mooiste kat wat daar is, maar dan wil ek hom in 'n park sien. Ek dink ook dit is die plek waar hy bewaar kan word en nie op vee gronde nie.
Ons boer in die Hantams berge by Calvinia. Hier is ook luiperds en hulle gee vir ons groot skade. Dit is glad nie lekker om skaap by mekaar te maak en dan kry jy sommer 14 ooie wat gevang is in 'n raduis van 50-60 meter. Daar is dan dalk aan een so 'n bietjie gevreet. Hoe moet 'n mens 'n bestaan maak as jy maklik 150 grootskaap in 'n jaar verloor weens die luiperds. Dan is daar nog die Rooikatte en Jakkalse ook. Met die twee laas genoemdes kan ek 'n plan maak of iemand laat kom om te help. Met die luiperd mag ek niks doen, want dan wil hulle boetes uit deel of hulle dreig jou met regs stappe.
Kom ek se julle hier is flippen baie Bobbejane en ander wild. Het nou die dag 'n trop van 120 plus Bobbejane bymekaar gekry. Die luiperd vang nie sy natuurlike prooi as hy skaap kan vang nie.
Kom ek se julle die luiperd is nie bedreig of wat ook al soos almal se nie. Hier is baie meer luiperds in die RSA as almal dink.
Ek is jammer ek voel verre vir die luiperd as dit buite 'n park is op vee grond. As ek hom kry sal ek seker vir niemand mag vertel wat gebeur het nie.
Ek wonder sal die mense wat net wil bewaar teen ander se koste vir ons R225 000 van sy jaarlikse inkomste sal gee aan ons wat verliese het. Dit is wat 150 groot skaap nou werd is.
Moet my nie verkeerd verstaan nie ek maak nie net alles dood wat ek sien nie, maar elkeen moet 'n bestaan maak.
Re: luiperd
Posted: Sun Mar 18, 2012 12:19 am
by Gerhard Smith
Vriend van my is deel van die program wat natuurbewaring begin het om die feral varke te bekamp en hulle het van die trailcam's opgestel in porcelainberg net buite hermon en daar het hulle n luiperd af geneem. Ander vriend boer naby die weegbeug buite rawsonville en daar het hulle al iets soos 5 of 6 verskillende luiperds afgeneem.
Re: luiperd
Posted: Sun Mar 18, 2012 7:36 am
by Boogjagter
Ek sit en lees nou Andre Hugo se post. Ek was al op twee "tonele" waar luiperd so klomp diere op een slag dood byt en dan net bietjie van een vreet. Eenkeer was dit twaalf boerbokke op 'n plaas in die ou SWA nog. Die ander keer was redelik onlangs; vier bees kallers naby Warmbad. Ek stem volkome saam met die stellings dat die regering en die preserveringsaktiviste (nie regtig mense wat bewaring verstaan nie) nie weet hoeveel van die katte in suidelike afrika (en selfs die wereld) voorkom nie, maar vreeslik voorskriftelik raak oor dit bestuur moet word. Lees onlangs van 'n liuperd wat helder oordag 'n man in 'n dorpie in Indie aangeval het en 'n wakker fotograaf het selfs foto's daarvan kon neem! Dalk kan die collars en kameras so bietjie help om die katte beter te bestuur.
Re: luiperd
Posted: Sun Mar 18, 2012 8:32 am
by JK
Stem, daar is baie meer luiperds as wat sekere persone wil te kenne gee anders het hulle nie n bestaan reg nie vir wat hulle doen nie, net soos met die jagluiperds. As hullle nie 'skaars ' gehou word nie het daai mense ouens geen rede om geld te bedel van al die oningeligtes.
Luiperds is al n plaag hier en nog steeds reguleer natuurverwarring die skiet van luiperds, en wil bleikbaar jag nou stop, wat my sal pas want dan het die ding geen komeriele waarde nie en dan sal die getalle vinnig binne perke wees, want die boere sal nie meer die goed duld vir n moontlike paar rand wat hy kan kry van n jagter nie.
Stem saam is n mooi kat maar daar in n wildpark, en die goed is gevaarlik. Hier was ook n paar gevalle wat plaas werkers aangeval is en honde wat verdwyn teen dorpe.