Page 1 of 1

Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 2014

Posted: Mon Sep 15, 2014 5:17 pm
by Flip Fouche
Op hierdie datums word n roepkursus aangebied in die omgewing van Setlagoli (Noorwes).Dit begin die middag 14:00 en sal duur tot ongeveer 15:00 die Saterdag.

Die vrydagaand word n nagjag demonstrasie aangebied.

Die kursus sluit die volgende in :

1.Kursus CD met 40 klanke, wenke vir roepjag en n uiteensetting van die klanke op die CD.
2.Verblyf vir die vrydagaand met gratis etes ingesluit.
3.Kursus fooi R1500.00 per persoon.
Taffie Mulder gaan die kursus aanbied.

My kontak no vir besprekings: 082 vyf sewe nul 6322.

Groete

Flip

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Mon Sep 15, 2014 9:33 pm
by kopskoot
Waar word die kursus aangebied oom Flip. Is dit by Emile se lodge?

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Mon Sep 15, 2014 9:40 pm
by Flip Fouche
Ronald

Ja, dit gaan by Emil wees.Dit gaan nie by die herboude lodge wees nie, maar so n km van die lodge af.Dit sal in die huis wees waar die jagters in die jagseisoen gebly het.

Groete

Flip

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Tue Sep 16, 2014 9:17 am
by BLOK
As ek oop is daai naweek sal ek virseker n draai kom gooi.

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Tue Sep 16, 2014 11:57 am
by henrygriffiths
uiteindelik een naby my ek gaan dit probeer maak!

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Mon Oct 06, 2014 4:30 pm
by Flip Fouche
Flip Fouche wrote:Op hierdie datums word n roepkursus aangebied in die omgewing van Setlagoli (Noorwes).Dit begin die middag 14:00 en sal duur tot ongeveer 15:00 die Saterdag.

Die vrydagaand word n nagjag demonstrasie aangebied.

Die kursus sluit die volgende in :

1.Kursus CD met 40 klanke, wenke vir roepjag en n uiteensetting van die klanke op die CD.
2.Verblyf vir die vrydagaand met gratis etes ingesluit.
3.Kursus fooi R1500.00 per persoon.
Taffie Mulder gaan die kursus aanbied.

My kontak no vir besprekings: 082 vyf sewe nul 6322.

Groete

Flip
Manne hierdie kursus is in Noord Wes.As iemand nog belangstel laat my weet asb.

Groete

Flip

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Mon Oct 06, 2014 4:51 pm
by BLOK
Oom Flip

Hoop nie jy gee om maar ek het hom so gaan adverteer op Fbook by die probleemjagters ook.

Blok

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Mon Oct 06, 2014 9:57 pm
by Page
Naand sê almal, ek is van Kathu stel ook belang om die kursus by te woon. Is daar n beperking op plekke vir die kursus en voor watter datum moet mens bevestig

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Tue Oct 07, 2014 7:17 am
by Flip Fouche
Page

Jy kan my kontak vir inskrywings.

0 agt twee 5706322.

Dankie

Flip

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Thu Oct 16, 2014 8:13 pm
by Flip Fouche
Page

Die kursus gaan voort.Sal vir jou die detail laat kry.

Mooi loop

Flip

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Sat Oct 18, 2014 5:26 pm
by Page
Baie dankie, wanneer sal ek kan weet wat die reelings is en wat ons als moet saam bring.

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Sat Oct 18, 2014 8:11 pm
by Flip Fouche
Page

Ek gaan Maandag na die plek toe waar ons die kursus gaan aanbied.Sal Dinsdag 21/10/2014 al die besonderhede hier kom plaas.

Mooi loop

Flip

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Sun Oct 19, 2014 11:59 am
by Page
Baie dankie, ek sal dinsdag kom loer wat gaan vir wat. Groete

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Tue Oct 21, 2014 5:09 pm
by tafjak
Sien die D-Dag is om die draai. Dankie Flip vir al die reelings en weet sommer dar die venue grend sal wees.

Ek is reg en sien julle volgende week. Mooiry manne.

Mooiloop

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Tue Oct 21, 2014 8:20 pm
by Flip Fouche
Taffie

Dankie man.Alles is in plek.Ons gaan so 10 man sterk wees.Venue is reg.Reeds met al die kursus manne gepraat, almal is baie opgewonde.

Wag vir jou.

Mooi loop.

Flip

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Wed Oct 22, 2014 7:43 am
by Page
Is daar dalk iets wat ons moet saam bring bv bedegoed. Groete Page

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Thu Oct 23, 2014 10:11 am
by stiaan jansen
More flip dis Stiaan hier ek wil net weer op volg ons het oor die foon gepraat kan jy dalk net vir ons n lys gee met als wat ons moet saam bring sien baie uit om julle te sien. n Warem kalahari groete

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Mon Nov 03, 2014 1:21 pm
by Flip Fouche
Dit was weereens n suksesvolle roepkursus wat Taffie aangebied het.Dankie aan die manne wat daar was.Ons het weer n paar nuwe vriende gemaak.

Taffie baie dankie dat jy jou kennis en ervaring met ons kom deel het.

Groete

Flip

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Mon Nov 03, 2014 2:20 pm
by tafjak
Baie dankie aan al die manne. Grend storie gewees en tot Jaco het geluister.

Ek het darem so 12h30 vandag by die huis opgedaag en alles is in goeie kondisie hier.

Mooiloop

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Mon Nov 03, 2014 3:48 pm
by 243Songdaug
Ou Taff jy mag maar 'n lekker kurses aanbied - moet sê ek het weer 'n paar goed opgetel, veral tov die katte.

Jy sal moet laat kyk na jou jakkals gun - die groepering sal moet toemaak anders mis jy dalk van die ver jakkalse. (Grappie)


Was regtig lekker om saammet 'n great span ouens te kuier en te leer. Ek sal dit weer doen as ek die kans kry - dink ek sluit weer by julle aan vir die Kuruman kurses?

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Mon Nov 03, 2014 4:25 pm
by tafjak
O Jaco

Jy se ek moet die gunn tune? Ek kan nie skiet nie, die gunn kan nie skiet nie, maar ek het darem 22 dood van die moontlike 23. Okay, sien my strike rate is biekie af.

Janee, van die lekkerste lot bymekaar. Kan nie dink aan een kusus wat nie vlot verloop het nie, hierie een egter baie grend.

Mooiloop

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Thu Nov 13, 2014 2:14 pm
by Hardy
Flip - Dankie vir al jou reelings met die kursus - Lyk my jy was maar die een wat moes regstaan met die verblyf / kos / aand demonstrasie area. -- Dit word waardeer.
Taffie -- Jy kan maar skiet en jy het die kursus interessant gemaak - lanklaas dat ek so lank na lesings moes luister en dit geniet
Al die ander manne - Dit was lekker om al julle kennis te kon deel

Groete

Re: Roepkursus Setlagoli:Vryburg area 31 Oktober -01 Nov 201

Posted: Fri Nov 14, 2014 7:50 am
by stiaan jansen
jaco daai is n yster plan wat jy daar het ons moet n kursus reel hier in ons midde