Page 1 of 1

Middelpos kursus

Posted: Sun Sep 14, 2014 12:18 pm
by Heinz Petersen
Eerstens wil ek vir Cassie baie dankie sê vir al die reelings vir die kursus. Dit het glad verloop en die blyplek en diens was uitstekend daar by die Gannaga Lodge.

Dan ook dankie sê vir Taffie, Louis Potgieter wat 850km gery het en dan ook vir Hendrik van S&O wat vir ons baie geleer het
om die jakkalse in te roep. As jy dink jy koop vir jou n roeper en daar gaan jy om die jakke te gaan jag maak jy n baie groot fout.
Jy gaan meer skade aanrig as wat jy gaan goed doen.

Dit was my 3de herlaai kursus wat ek by Hendrik gedoen het en ek het weer n paar goed geleer.

Nomaals dankie aan al die ander manne wat die kursus ook bygewoon het vir julle geselligheid.

Skiet Groete
Heinz

Re: Middelpos kursus

Posted: Sun Sep 14, 2014 2:49 pm
by cassie_calvinia
dit was 'n kursus van die bestes gewees.
geleer om raak te skiet...ens!
dankie oom taf, Louis, en hendrik!

dankie vir die manne wat gekom het, lekker om julle te ontmoet!
maak weer gou so!
mooi loop!
die manne met fotos, jaco, moet bietjie opsit

Re: Middelpos kursus

Posted: Sun Sep 14, 2014 5:35 pm
by Louis102
Ek's veilig tuis. Weereens dankie vir die voorreg om die tyd met julle te kon deel. Sommer 'n paar grênd manne ontmoet. Cassie en die ander wat gehelp het, die reelings was eerste klas.

Re: Middelpos kursus

Posted: Sun Sep 14, 2014 7:47 pm
by hebron
Aan Cassie wat die reelings getref het; baie dankie en knap gedaan.
Dit was baie lekker en leersaam, as elkeen van ons net al die kennis kon toepas wat ons daar geleer het reken ek die jakke gaan swaarkry. (passop vir al die inligting wat in die bar bespreek is; daarvolgens kan ons maar die rooijakkals op n rooilys plaas )

Dankie aan ons leermeesters: Taffie, Louis en Hendrik vir julle tyd en kennis wat met ons gedeel is; ek glo dit sal vrugte afwerp en n paar jakke minder maak.

Albertus dankie ook vir jou bydrae; jy het darem ook so n paar tips laat val.

Mooiloop to volgende keer
Willem

Re: Middelpos kursus

Posted: Mon Sep 15, 2014 9:10 pm
by Jaco vdW
Ek wil ook die geleentheid gebruik om baie dankie te sê aan Louis, Taffie en Hendrik wat n puik kursus aangebied het.

Cassie - baie dankie ook aan jou wat voor gevat het met die reëlings, jy het jouself goed van jou taak gekwyt.

En ook baie dankie aan al die lekker manne wat dit met ons gedeel het!

Hier is so paar foto's van die sosiale kant van die kursus...

Re: Middelpos kursus

Posted: Mon Sep 15, 2014 9:19 pm
by Jaco vdW
En so paar oor wat ons geleer het...

Re: Middelpos kursus

Posted: Mon Sep 15, 2014 9:24 pm
by Jaco vdW
En so tipies van ons etes...