Page 1 of 1
Watter is die beste?
Posted: Sat Sep 13, 2014 9:06 am
by grumpy
As jy 100-300m skiet/jag, watter vergroting scope sal jy gebruik? Name soos Nikon, Rudolph optics.
Ek kyk veral na die Nikon asseblief.
Ek het reeds n 4.5-14X40. Ek dink om iets sterker te kry.
Dankie.
Re: Watter is die beste?
Posted: Sat Sep 13, 2014 10:11 am
by alecjohnson
Ek sal kyk na 'n 6-20/24 x 50 Moet dan paralaks verstelling he en goeie helderheid, ek kan net Se die rudolph wat ek gehad het, 3-12x50, het nie paralaks fokus nie en as jou vergroting groter as 10 gaan blurr die teiken vreeslik op afstande oor 150 m. My .243 se tasco 6-24x50 loop mooi maar weereens na 19x vergroting, is die beeld swakker.
Re: Watter is die beste?
Posted: Sat Sep 13, 2014 12:57 pm
by Boesman10
My Nikon scope is 6-24 vergroting met 'n parallax maar ek vind ek skiet nooit op meer as 16 vergroting nie tot en met 400m. Verder as dit met grooter vergroting begin die hittegolwe ernstig pla (ek jag in die Karoo meeste van die tyd). Ek sal dus se mens het selde grooter as 20 vergroting nodig. Wat is meer belangrik vir my is die diameter van die scope. Ek het 'n 50mm maar sal graag 56mm wil gaan as ek weer koop. Dit is om meer lig in te laat. Volgende is die reticle binnekant - besluit baie mooi wat se prentjie jy binnekant jou scope wil he.
Sodra jy besluit het op vergrooting en diameter dan eers kyk na die verskillende maake van telescope en jy sal selde verkeerd gaan met Nikon & Rudolf. Ek glo nie daar is eintlik meer 'n slegte scope op die mark nie.
Re: Watter is die beste?
Posted: Sat Sep 13, 2014 1:28 pm
by Karooklong
Grumpy - vir die geld gaan jy nie sommer die Rudolph klop nie.
Ek het die V 6 - 24 x 50, 30mm buis met T3 reticle en soos seker honerde ander ouens is ek super tevrede.
Sterkte met die besluite !
PJ
Re: Watter is die beste?
Posted: Tue Sep 16, 2014 2:37 pm
by tgg
watter maak scope het jy tans, gaan een met dieselfde vergroting en beter optics nie n antwoord wees nie.
Groter as 16x begin sukkel jy met parrelax dan raak dinge anders in die jagveld.
Ek het my ou Redfield veruil vir n meopta met diesselfde 4-12x vergroting en die lens kwaliteit verskil was al wat nodig was.
Re: Watter is die beste?
Posted: Tue Sep 16, 2014 3:02 pm
by Riebeeker
Ek het vir jou 'n Nikon Monarch 3 5 - 20 x 44 wat splinternuut in sy boks in my kas lĂȘ as jy belangstel.
Re: Watter is die beste?
Posted: Wed Sep 17, 2014 8:59 am
by Hilux01
Ek skiet met 3 Nikons op my jaggewere en ek het geen klagtes nie
Was die naweek weer beindruk met die scope se akkurate vertelling
Ek het die 4-16x42 Monarch 3 op my 6.5x55 en hy loop mooi tot op 300m