Page 1 of 4
F- klas geweer, die begin.
Posted: Tue Sep 09, 2014 6:47 pm
by Francoisv
Dit is die begin van my F-TR geweer.
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Tue Sep 09, 2014 9:07 pm
by leonstrauss
Hi
Daai is n baie nice Bi-pod.
watter maak is dit en hoe stabiel is dit?
groete
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Tue Sep 09, 2014 9:14 pm
by Francoisv
leonstrauss wrote:Hi
Daai is n baie nice Bi-pod.
watter maak is dit en hoe stabiel is dit?
groete
Henk Venter maak dit in Pta. Baie stabiel.
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Wed Sep 10, 2014 10:41 am
by Carel Maritz
Môre Francois,
Het jy dalk Henk se kontakbesonderhede?
Groete
C
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Wed Sep 10, 2014 12:26 pm
by Armand Steenkamp
Francoisv , Ek het die selle model RSA as jy. Wat is jou planne met hom? Gaan jy hom 308 hou??
Groetnis
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Wed Sep 10, 2014 12:55 pm
by Hein M.
Bisley ouens beveel aan dat jy die kamer moet laat aanpas sodat dit 155gr koeëls beter kan akkommodeer... Dalk iemand wat meer hieroor kan uitwei?
Tel die scope nie die voorste versier op nie. Wk het my geweer s''n maar laat afhaal.
Mooiloop!
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Wed Sep 10, 2014 12:58 pm
by wlm
Hein M. wrote:Bisley ouens beveel aan dat jy die kamer moet laat aanpas sodat dit 155gr koeëls beter kan akkommodeer... Dalk iemand wat meer hieroor kan uitwei?
Tel die scope nie die voorste versier op nie. Wk het my geweer s''n maar laat afhaal.
Mooiloop!
Hy is net vas met "silwer solder'. As jy hom warm maak skuif hy maklik af.
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Wed Sep 10, 2014 4:28 pm
by Francoisv
Carel Maritz wrote:Môre Francois,
Het jy dalk Henk se kontakbesonderhede?
Groete
C
Henk Venter
0827770203
Laaste prys was R1800
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Wed Sep 10, 2014 4:42 pm
by Francoisv
Armand Steenkamp wrote:Francoisv , Ek het die selle model RSA as jy. Wat is jou planne met hom? Gaan jy hom 308 hou??
Groetnis
Armand
Ek gaan hom in sulke sarsies verbeter. Op die stadium verseker 308. Die geweer is nou by ARMS vir pillar-bedding, 'n beter sneller, recoil pad en 20 MOA rail. Ek sal dan sien hoe presteer die geweer.
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Wed Sep 10, 2014 5:02 pm
by Francoisv
Hein M. wrote:Bisley ouens beveel aan dat jy die kamer moet laat aanpas sodat dit 155gr koeëls beter kan akkommodeer... Dalk iemand wat meer hieroor kan uitwei?
Tel die scope nie die voorste versier op nie. Wk het my geweer s''n maar laat afhaal.
Mooiloop!
Hein,
Die scope tel hom nie op so dit pla nie. Ek het nog nie met die roer geskiet, so voor ek aan die loop torring wil ek eers sien wat ek kan regkry op die baan. Ek wil maar laat werk soos die begroting toelaat. Saam met visier afhaal sal re-blue en nuwe 11grade kroon kom. En dan later 'n 30" Krieger heavy Palma.
Wat die 155gr betref het ek gisteraand die TPL OP 73.08mm gemeet met Lapua Scenar wat 'n lang punt is, so ek sal genoeg grip op die punt hê. Ek sal my deur die kundiges laat lei wat dit betref. Die manne by die bisley skiet deel graag informasie veral as mens nuut in die sport is en bereid is om te leer.
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Wed Sep 10, 2014 8:08 pm
by Armand Steenkamp
Francoisv , Myne skiet heeldag halfduim groperings. Maar ai ek gebruik hom vir jag, daai 308 se trajek is maar mortieragtig! Baie lekker ysters die!
Laat weet my as jy iets weet van die sneller. Watse maak en wat hy kos!
Groetnis
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Wed Sep 10, 2014 8:53 pm
by Francoisv
Armand Steenkamp wrote:Francoisv , Myne skiet heeldag halfduim groperings. Maar ai ek gebruik hom vir jag, daai 308 se trajek is maar mortieragtig! Baie lekker ysters die!
Laat weet my as jy iets weet van die sneller. Watse maak en wat hy kos!
Groetnis
Ek het vir die Thor ERA sneller gegaan. Omtrent R1000. Jewel en Davies so bietjie Bo my vuurmaakplek op die stadium.
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Thu Sep 11, 2014 7:45 am
by Carel Maritz
Dankie Francois!
Ek sal vir Henk n luitjie gee.
Groete
C
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Thu Sep 11, 2014 10:40 am
by Hein M.
My plank se fabriekssneller sneller is net gefine-tune. Loop pragtig.
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Thu Sep 11, 2014 9:49 pm
by Sangoma (IAN)
Wat se loop en lengte is nou tans op?
Ek gan jou post dop hou, Eks ook in die stadium om my RSA FTR geweer op te bou. Eks baie opgewonde oor die projek en Eks seker jy ook.
Sterkte
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Thu Sep 11, 2014 10:32 pm
by Francoisv
Sangoma wrote:Wat se loop en lengte is nou tans op?
Ek gan jou post dop hou, Eks ook in die stadium om my RSA FTR geweer op te bou. Eks baie opgewonde oor die projek en Eks seker jy ook.
Sterkte
Sangoma
Op die stadium 26" 12 twist. Ek hoop om 'n Scenar 155 teen 2860 te kan skiet.
Ek wil sommer op 'n stadium die onkostes ook hier plaas. Ek dink daar is baie manne wat sy eie geweer wil aanmekaar sit maar nie die nodige huiswerk doen tov die koste.
Bitter opgewonde. Ek het besluit op NF BR 12-42 mildot reticle glas met NF 1.125 30mm ringe. Ek sal dan een van Jungljulien se wangstukke ook opsit.
Ek sal die thread update soos ek aangaan as daar belangstelling is. Dit mag dalk oor twee jaar of so strek.
Hieronder 'n tabel wat ek vanaf die 6mmBR site af getrek het. Dit het betrekking op looplengte en spoed met 'n 168gr SMK koeël.
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Sat Sep 13, 2014 10:20 am
by Francoisv
Vandag op Piet Joubert met 'n 13mph wind vanaf 06:30. Geen lading ontwikkeling.
Volgende stap is re-blue, 11grade kroon.
Scenar 155gr. 2860fps. 100m.
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Tue Sep 16, 2014 11:42 pm
by 2vierniks
Watse merkie sit op jou loop, om en by 2 duim voor jou kolf? Ek hou baie van die vorm van jou kolf!
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Wed Sep 17, 2014 8:26 am
by Francoisv
2vierniks wrote:Watse merkie sit op jou loop, om en by 2 duim voor jou kolf? Ek hou baie van die vorm van jou kolf!
Die merk is waar die kolf in sy oorspronklike vorm geïndig het. Ek het die boonste hulsel verwyder en die voorstuk met so 3 duim verkort en ge- "free float".
Dit is die oorspronklike kolf met dieselfde nommer op as die loop, aksie en grendel. Daar is Intussen 'n verstelbare wangstuk en 'n ordentlike recoil pad opgesit.
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Thu Oct 09, 2014 2:07 pm
by Riaan Kriel
Francoisv wrote:Armand Steenkamp wrote:Francoisv , Myne skiet heeldag halfduim groperings. Maar ai ek gebruik hom vir jag, daai 308 se trajek is maar mortieragtig! Baie lekker ysters die!
Laat weet my as jy iets weet van die sneller. Watse maak en wat hy kos!
Groetnis
Ek het vir die Thor ERA sneller gegaan. Omtrent R1000. Jewel en Davies so bietjie Bo my vuurmaakplek op die stadium.
Ons is 'n paar ouens hier in LTX wat Davies snellers vir ons plank-gewere bestel het. Dit is in April/Mei bestel. Die gelde is oorbetaal. Die snellers is klaar en lê iewers in die poskantoor-gemors vasgevang. Ek is al moedeloos
Sterkte met jou projek, gooi bietjie nuwe fotos van die verbeteringe wat jy al aangebring het

Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Thu Oct 09, 2014 8:01 pm
by Charles.308
Naand manne
Ek het die volgende gedoen om beter cheekweld te kry.Trek hom oor soos n kous.
Charles
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Thu Oct 09, 2014 8:02 pm
by Charles.308
Nog n foto.
Charles
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Thu Oct 09, 2014 8:34 pm
by Francoisv
Die geweer is terug by die gunsmith (ARMS) om die laaste paar goedjies te doen.
Voorste visier afhaal.
Desert sand guncote.
Sneller fine tune.
11 grade kroon sny.
Dan is ek klaar vir vir eers. Dan moet daar gewerk word. Ek sien uit na die lading ontwikkeling.
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Fri Oct 10, 2014 7:16 am
by Klopper
Lekker Francois! Hou ons op hoogte van hoe hy skiet!
Re: F- klas geweer, die begin.
Posted: Fri Oct 10, 2014 8:12 am
by Fritz
Lyk soos 'n staatmaker roer daai Farncois. Wanneer gaan jy hom langpad laat skiet en ons kom wys?