Page 1 of 1

Wel, nou is ek hier.(

Posted: Mon Sep 08, 2014 7:48 pm
by pietbak
Goeie naand almal. Ek is al 'n rukkie bedrywog hier op die forum,haha. :-[ :-[ Sien link http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 57+Roberts.

Ek was die skaap wat nie gekyk het na uitermatige kompressie tekens wat duidelik sigbaar was toe ek 'n nuwe lading vir my .257 Roberts ontwikkel het nie. Daar is nie pille daarvoor nie. Gelukkig was ek alleen, niemand in gevaar gestel nie behalwe myself. Net bloot nie gekyk wat ek doen nie. Dit was 'n nuwe tweede handse geweer wat ek gekoop het en kon nerens ammunisie in die hande kry nie. EK het baie navrae gedoen en baie raad gekry. Maar ja, dit is nou verby en ek skiet baie lekker met my BoB en baie beindruk met die groepering. Sukkel nog steeds om doppe in die hande te kry. Anneal maar my 7x57 se doppe. Ek is besig om my self voor te berei om aan "Benchrest" skiete deel te neem. Jag nou al jare lank. Herlaai ook al jare, baie jare. Ek sal van julle kennis gebruik maak en verwelkom enige advies.

Re: Wel, nou is ek hier.(

Posted: Mon Sep 08, 2014 7:58 pm
by tripodmvr
Jou gesĂȘ jy sal hier tuis voel. Bring die 257 tafel toe en ons laat hom op QL dans.

Welkom hier waar jy Afferkaans kan praat.

Re: Wel, nou is ek hier.(

Posted: Mon Sep 08, 2014 8:01 pm
by Rudie
Welkom, hier is baie manne op die forum wat kan help.

Re: Wel, nou is ek hier.(

Posted: Mon Sep 08, 2014 8:07 pm
by pietbak
tripodmvr wrote:Jou gesĂȘ jy sal hier tuis voel. Bring die 257 tafel toe en ons laat hom op QL dans.

Welkom hier waar jy Afferkaans kan praat.
Baie dankie, was maar skaam om aan te sluit na my vorige manewalis. Die manne het my lekker geroskam :laugh: .

Re: Wel, nou is ek hier.(

Posted: Tue Sep 09, 2014 8:34 am
by jamalley
Welkom

Re: Wel, nou is ek hier.(

Posted: Tue Sep 09, 2014 9:12 am
by ruaanb
Welkom

Re: Wel, nou is ek hier.(

Posted: Tue Sep 09, 2014 8:57 pm
by leonstrauss
Welkom Pietbak!