Page 1 of 1
Watter beesras in die Karoo?
Posted: Mon Sep 08, 2014 5:36 pm
by DawieKotze
Ek soek asb inligting (behalwe die wat mens op die internet kry) oor watter beesras die beste is om in die Karoo (Jansenville area) te boer. Dit sal nie grootskaalse boerdery wees nie - meer vir die lekkerte daarvan, maar tog ekonomies.
Hierdie navraag is nie vir myself nie, maar vir 'n venoot/vriend wat die geleentheid het om 'n paar bees by sy swaer te laat loop.
Tot dusvêr loop die Dexters (rooi of swart) nog voor!
Groete
Dawie
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Mon Sep 08, 2014 6:02 pm
by tokjak
man, dit hang als van die veld en topografie af. Ek ken Jansenville veld en hy verskil groot van deel tot deel , ek sou egter die goue middeweg vat , kyk oor die draad of vra die buurman wat werk vir hom . ek sou se nguni, drakensberger , tuli of "cattle " [ kruisbees wat jy soms teen n bargain kan kry "
groete
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Tue Sep 09, 2014 9:45 am
by DawieKotze
Dankie tokjak - man ek voel nou soos 'n aap!! Ek het heel ingedagte "Dexter" hierbo getik ipv "Angus". Ek het te veel beesrasse nou in my kop!
Ons sal so bietjie gaan kers opsteek by Grootfontein Landbou Kollege ook - hulle sal darem seker ook 'n goeie idee of twee hê.
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Tue Sep 09, 2014 11:44 am
by win270
Gesels op Grootfontein Landou kollege met Casper Greeff . . . hy is ook baie vertroud met Jansenville.
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Thu Sep 11, 2014 4:39 pm
by Wayne
Madako, not to mess you around, but I must say : BONSMARA, depending on where and who you buy them from, they will do well for you.
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Tue Dec 09, 2014 6:58 am
by seekoegat
Ek sou gegaan het vir Tuli's. Dis 'n maklike ras om mee te boer, goeie temprament, poenas so jy hoef nie horings te brand nie en hul is gehard.
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Tue Dec 09, 2014 7:41 am
by Smirre
Dawie
Hou die Angus Bul en kry Nguni Koeie
Smirre
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Tue Dec 09, 2014 8:42 am
by PWV
Dawie
Dit is 'n goeie roep om by Grootfontein kers op te steek!
In my omswerwinge deur die Karoo, het dit vir my gelyk of die Drakensberger uitstaan tussen ander op dieselfde plek.
Groetnis
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Tue Dec 09, 2014 10:43 am
by Karoo Klong
Gaan vir Nguni. Sodoende versinnebeeld jy eienaarskap.
Nog nie een van die Kleinboere hier by ons se Nguni's is gesteel nie.
Karoo groete
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Tue Dec 09, 2014 11:33 am
by Gernie
Sou ook se Nguni maar dan sou ek kallers self voer en laat slag, nie speenkalf verkoop nie.
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Tue Dec 09, 2014 12:10 pm
by Capt. Yoda
Met die nguni's kan jy hul in die aand somer saam die skaap in die kraal by die huis laat slaap dan dra die Jakals hulle ook nie weg nie. Jy se mos jy hou van rooi of swart Dexters ook dan kan jy nou n pikante ras daar teel.As jy hom slag kan jy sy vel net brei dan het jy klaar n handsak

Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Sat Dec 13, 2014 8:07 am
by GvA
Koop Tuli,s. Aanpasbaar, poena, geen weerstand van die voerkrale nie. Kruis met Simmentaler vir puik kalwers. Anders teel suiwer Tulis en voeg waarde toe as wat jy net cattle versamel.
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Sat Dec 13, 2014 4:50 pm
by Wayne
Karoo, stock thieves prefer sheep, they are bigger ...hahahahaha
Before I get nailed again..
THIS IS ONLY A JOKE!!!!!!!
On the serious side, Tuli's are not a bad choice, natural pole and the breeders are improving the breed, and the weaners are not discriminated against.
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Sat Dec 13, 2014 4:57 pm
by Blesbok
ek het al gehoor dat bramaan bruinswis kruisings n wenner daar is
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Sat Dec 13, 2014 10:11 pm
by lechwe
Wat van Hereford kruisings, jy soek n kleinraam bees wat vroeg ryp is en goeie moeder eienskappe het. Iets wat nie nodig is om in n voerkraal af te rond nie, of wat dubbeld gespierd is. Short and sweet. PM my as julle meer raad soek...!
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Sun Dec 14, 2014 1:40 pm
by savage(P Coetzer)
Ek gaan nou seker houe vat maar hier is my opinie. Ek weet nie hoe warm dit in jansenville word nie maar herefords kry vinnig hitte stress en is nie vreeslik lief vir loop nie. Asb net nie nguni nie. Dis net n verskoning vir n lui boer wat dink dis n prestasie om nooit n naald naby n bees te bring nie en as 160kg speen massa jou hart laat warm klop. En oor hul horings wil ek net sê: gaan vang daai horing beeste in n nekklamp en kyk hoeveel vang jy die eerste keer raak.... Tuli of tuli X sou my roep gewees het.
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Sun Dec 14, 2014 2:06 pm
by PWV
savage wrote:Ek gaan nou seker houe vat maar hier is my opinie. Ek weet nie hoe warm dit in jansenville word nie maar herefords kry vinnig hitte stress en is nie vreeslik lief vir loop nie. Asb net nie nguni nie. Dis net n verskoning vir n lui boer wat dink dis n prestasie om nooit n naald naby n bees te bring nie en as 160kg speen massa jou hart laat warm klop. En oor hul horings wil ek net sê: gaan vang daai horing beeste in n nekklamp en kyk hoeveel vang jy die eerste keer raak.... Tuli of tuli X sou my roep gewees het.
Ngunie is 'n modefrats soos 'n Mini in jou garage!!
Hoekom kyk jy nie na rasse wat uitsluitlik vir SA-toestande geteel is nie.
Hoekom is daar kolleges vir landbou of fakulteite van landbou by uiniversiteite?
Word daar nie voldoende navorsing gedoen nie?
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Sun Dec 14, 2014 5:22 pm
by Johnnie De Wet
PWV wrote:savage wrote:Ek gaan nou seker houe vat maar hier is my opinie. Ek weet nie hoe warm dit in jansenville word nie maar herefords kry vinnig hitte stress en is nie vreeslik lief vir loop nie. Asb net nie nguni nie. Dis net n verskoning vir n lui boer wat dink dis n prestasie om nooit n naald naby n bees te bring nie en as 160kg speen massa jou hart laat warm klop. En oor hul horings wil ek net sê: gaan vang daai horing beeste in n nekklamp en kyk hoeveel vang jy die eerste keer raak.... Tuli of tuli X sou my roep gewees het.
Ngunie is 'n modefrats soos 'n Mini in jou garage!!
Hoekom kyk jy nie na rasse wat uitsluitlik vir SA-toestande geteel is nie.
Hoekom is daar kolleges vir landbou of fakulteite van landbou by uiniversiteite?
Word daar nie voldoende navorsing gedoen nie?
Daar steek baie waarde in wat Oom PW hier sê.
Ons land is vol toetsstasies. Luister na die raad van mense wat fase C en D toetse doen. Soek iets met goeie voeromset en speenmassaverhouding as jy wil winsgewend boer.
As jy self bees gaan werk kry iets wat nie kraal spring en rondjaag nie.
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Sun Dec 14, 2014 7:17 pm
by Christo
http://www.zz2livestock.co.za/index.php?p=33
Gaan kyk bietjie hier. Nguni eienskappe met groter raam.
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Mon Dec 15, 2014 12:12 am
by Supacow
Boer angus. Jy word vir vleis betaal. As jy mooi bees wil sien kyk na die buurman sn of n santa veilingskatalogus
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Mon Dec 15, 2014 9:02 am
by DawieKotze
Baie dankie vir almal se raad en aanbevelings!
Die besluit het op Angusse geval. Nie net agv al die goeie produksie eienskappe nie, maar ook die geweldige groot gene poel beskikbaar.
Dan natuurlik vir die mees irrasionele besluit van almal - die man hou van die Angus wat hom aan sy Labradors laat dink!!
Dankie almal!
Groete
Dawie
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Mon Dec 15, 2014 11:48 am
by Capt. Yoda
Angus ia goeie besluit.
Re: Watter beesras in die Karoo?
Posted: Mon Dec 15, 2014 11:49 am
by Supacow
omgepraat
