Page 1 of 1
Rhino punte vir 30-06
Posted: Wed Mar 16, 2011 12:19 pm
by Shindzela (Pierre)
Goeie middag almal.
Kan enige iemande asb help met herlaai data vir 180gr Rhino punte in n 30-06?
Ek hoor graag van die meer ervare 30-06 skieters daar buite.
Re: Rhino punte vir 30-06
Posted: Wed Mar 16, 2011 1:11 pm
by SmitH
Het nognie 180gr geskiet nie maar wel 165gr (cci primers - 53gr 365 kruit )
SmitH
Re: Rhino punte vir 30-06
Posted: Fri Mar 18, 2011 7:30 am
by Shindzela (Pierre)
Ludwig
EK het hom ge-mail dankie. Hy het my die aan bevele minimum ladings getsuur.
Pierre
Re: Rhino punte vir 30-06
Posted: Thu Jun 09, 2011 3:31 pm
by Pierre van der Horst
Hi Pierre,
Ek laai ook nie die 180 grein nie. Ek laai die 200 grein met 41 grein S335. Dit werk soos 'n droom in my Steyr Mannlicher. Hoop jy kom reg
Re: Rhino punte vir 30-06
Posted: Wed Jun 29, 2011 9:45 am
by Pumba30-06
Ek laai die 180gr met n Winchester dop en 53.5 gr S365 met n CCI 200 primer. Gemiddelde spoed is 2606ft/sek.
Hoop dit help
Re: Rhino punte vir 30-06
Posted: Wed Jun 29, 2011 10:42 am
by DWB
Hoe perform die Rhino punte? En wat is die gemiddelde prys vir die 180s?
Re: Rhino punte vir 30-06
Posted: Wed Jun 29, 2011 11:43 am
by Pumba30-06
Ek is baie gelukkig met hulle. Min vleis skade, akkuraat en sover nog 1 skoot val. Ek het hulle vir die eerste keer die jaar gebruik, n rooibok ram geskiet op 46 tree en die punt is mooi deur die blaai sonder skade en n vlakvark sog het ek in die kop geskiet en die punt is reg deur haar lyf en agter die linker boud uit en minimale vleis skade.
Ek voel dis n goeie punt, hy skiet 1.5 duim hoog op 100m en omtrend 2 duim laag op 200m uit my 24" loop so hy werk mooi vir die bos. Ek gaan die week van 18 Aug bietjie bosveld toe, ek sal dan kan se hoe hulle maak op die groter diere.
Ek het hulle vir R380 by Zimbi books gekoop.
Re: Rhino punte vir 30-06
Posted: Mon Jul 25, 2011 12:09 am
by fanie17
In my een 3006 wat n 1in14 loop het skiet ek Rhino 150gr teen 2960vts.In die ander een 1in10 loop skiet ek 180gr teen omtrend 2600vts.n Maat van my skiet met n Zastava 200gr Rhino en laai 51gr S365 teen 2580vts sonder enige druk.Die molly maak dat mens baie goei spoed kan kry sonder druk.Die punte is ook baie sterk en breek nie maklik op nie.Die gewig is nie baie konstant nie en moet maar geweeg word voor jy laai.Die laaste klomp het ek by V.L.T gekoop,dit was al n jaar of meer gelede,prys sal seker nou anders wees.