Page 1 of 1

Nuwe of ou ladings

Posted: Tue Mar 15, 2011 10:09 pm
by D4D
Hi Manne
Ek en Namib het vandag my .22-250 gaan uit toets. Ek het my patrone gelaai binne perke van die nuwe ladings van Sochem 30gr S335 kryt.
Ons het ? spoed van so 3140v/sek gemiddeld gekry.
Nou wil ek julle manne se opinie hoor, sal ons op die nuwe riglyne werk of op die ou riglyne.
Ek soek ? spoed van minimum 3500v/sek

Re: Nuwe of ou ladings

Posted: Tue Mar 15, 2011 10:42 pm
by Wouter Roets
Hilux

Die eerste riglyn(22-250) wat Somchem aangegee het was op die druppel gebasseer op SAAMI spesifikasie(maks) en dit lyk of hulle nuwe aanwysings so 75% van daai maksimums is. Dit bring nou die 22-250 in lyn met hulle ander kalibers se herlaaidata wat ook maar oor die algemeen op 75% van maksimum SAAMI gegewens is. Ek dink dit gaan maar grotendeels om hulself in die verband te beskerm. Wil nie vir jou se wat om te doen nie so besluit maar self.

Groetnis
Wouter

Re: Nuwe of ou ladings

Posted: Wed Mar 16, 2011 7:04 am
by D4D
Met ander woorde het die kryt nie verander nie dit is net die data wat verander het.
Is ek reg?

Re: Nuwe of ou ladings

Posted: Wed Mar 16, 2011 7:25 am
by Wouter Roets
Hilux

Manie by Somchem is uitgevra oor die onderwerp deur iemand op die forum, ek kan nie onthou wie nie, en hy het wel aangedui dat dit n kombinasie is van altwee. Ek weet nie so mooi persoonlik nie. Al wat ek met sekerheid kan se is dat dit nou die 22-250 in lyn bring met hulle ander herlaaidata op die ander kalibers. Daar was in die ou herlaai boekie ander kalibers wat ook op die maksimum SAAAMI druksyfers aangegee was maar hulle was in die minderheid. Die meeste was maar op 75% van maksimum.
As jy herlaai pas maar die beginsels van veilige laai metodes toe en hou jou druktekens fyn dop.

Groete
Wouter

Re: Nuwe of ou ladings

Posted: Wed Mar 16, 2011 11:20 am
by fredd
D4D

Ja ek het so ruk terug met dieselfde vraag gesit. Ek laai nog altyd 33,5gr S335 met 'n 55gr vmax hornady vir so 3580ft/sek. Dit was volgens die ou data die minimum lading, maar my geweer se spoed was heelwat hoer as wat hulle aangee in die boekie. Ek het hom al bietjie hoer opgewerk na 33,9 gr S335 vir so 3620ft/sek, maar die lading het begin druk probleme gee veral eenkeer op redelike warm dag.

So ek het maar besluit om by die nuwe data te bly. Ek laai tans  30.9gr vir 'n spoed van 3410ft/sek wat volgens my spesifieke geweer meer in lyn is met die spoed wat denel in hulle nuwe data gekry het.

Dit lyk of jou geweer se spoed meer in lyn is met die ou boekie se data. Ek reken mens kan die lading bietjie opwerk solank jy netnie die maks spoed wat hul aangee oorskry nie. (dink dit is 3468ft/sek volgens nuwe data) Dit is nou indien jou loop ook 'n 24" loop is soos die toetsloop in die tabelle.

Ek wil jou ook nie aans? oor wat jy moet doen nie, maar dis maar net my mening hieroor.
Laai  versigtig.
Fredd

Re: Nuwe of ou ladings

Posted: Wed Mar 16, 2011 3:47 pm
by erx
Hi D4D

Watse maak en gewig punt het jy gebruik?

Groete
erx

Re: Nuwe of ou ladings

Posted: Fri Mar 18, 2011 11:47 am
by D4D
erx wrote: Hi D4D

Watse maak en gewig punt het jy gebruik?

Groete
erx
55 gr Sierra Blitzking

Re: Nuwe of ou ladings

Posted: Fri Mar 18, 2011 12:53 pm
by James Wilson
:o :o :o

manne, waarvan praat julle?  nuwe data? help asb, wat is die hele storie hier?