Page 1 of 1

270 varmint lading

Posted: Fri Sep 05, 2014 6:55 am
by muismaree
Hi julle, ek deel graag my lading vir tarentale, vaalmeerkatte en derglike ondiere met julle.
270 Win
90 Gr Sierra Koeƫls
Win doppe
Rem 9 1/2 primers
56,8 Gr S365
Tpl 3,200 duim
Spoed is 3335fps. Ek kry geen teken van druk nie. Hierdie lading kom net so uit die Sierra boek, IMR4350 word vervang met S365. Ek kry duim groeperings op 150 jaart, wat vir die doel van die patroon meer as goed genoeg is.

Die rede hoekom ek my 270 aanwend vir tarentale, is omdat hulle bitter wild is en nooit binne .22 trefafstand staan nie. Anders as met die .22, kwes mens ook nie 'n tarentaal met die 270 nie. Dis of mis, of dood. Hulle maak groot skade onder die gesaaides wat opkom, so ek skiet nie net for the hell of it nie.

Re: 270 varmint lading

Posted: Fri Sep 05, 2014 6:35 pm
by Reloader270
Muismaree dankie dat jy hierdie kombinasie met ons deel. Ek laai 110gr Nosler Accubonds met 52.2gr S355, Musgrave doppe met Fed 215 slagdop en kry +-3250vps. Ook baie akkuraat. TPL = 82.0mm