Page 1 of 2
hoe maak julle manne??
Posted: Tue Mar 15, 2011 10:09 pm
by Cobus(Cobb)
Ek lees tussen die lyne dat sommige manne meer as 4 gewere het...
Ook lees ek hoe lank almal wag vir liksense...(as dit nuwe wit liksens is waarvoor jy wag en jy het 'n groene), is dit nie 'n probleem nie...maar hoe maak julle as jy geweer erf of by pel oorkoop??(as jy nuut koop moet hy maar by shop l?)
B?RE JULLE HOM REGTIG TOT EENDAG JY LIKSENS KRY??
Geen plaas of skietbaan vra ooit vir lisensie nie, so 'n ou kan maar skiet,
Hoe maak die manne dan????
Vra maar net
Cobus
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Tue Mar 15, 2011 10:19 pm
by jmb
Cobb hierdie is 'n oop forum wat deur enigiemand gelees kan word. Om 'n vuurwapen waarvoor jy slegs 'n stoorpermit het te gebruik is onwettig.
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Tue Mar 15, 2011 10:23 pm
by Cobus(Cobb)
Dit is hoe ek dit ook verstaan.....
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Wed Mar 16, 2011 10:13 pm
by Topcat

Skietbane vra ook soms
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Wed Mar 16, 2011 11:17 pm
by 243Songdaug
Cobb
Die bollie wat jy het as die manne jou met 'n wapen kry waarvoor jy nie 'n lisensie het nie is eenvouding nie die moeite werd nie.
Dis hoekom ons meer as 4 het - sodat die wag nie so kwaai erg is nie. 168 Suppremacy het altyd ges? "I'm a one gun man" tot sy roer siek geraak het en hy vir amper 'n jaar sonder 'n geweer gesit het!!! Het die man erg jammer gekry, maar dit was 'n uitstekende motifering vir hom om addisionele wapens aan te skaf.
Wag maar geduldig - koop solank al die nice to have's en nodighede wat jy ag die moeite werd te wees. Snuffel op die internet en kry al jou goed agtermekeer, sodat die dag as jou lisensie land jy volstoom kan begin herlaai en skiet.
Groete.
Jaco
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Thu Mar 17, 2011 8:20 am
by bobby
don't take the chance , i heard a rumer that the cops are going to start checking licences at the ranges . nothing stops them from setting up a road block outside the range and searching cars remember 1 round of ammo for which you have no licience for and they will arrest you .
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Thu Mar 17, 2011 12:58 pm
by Andy
Betaal 'n geweer winkel met 'n skietbaan om hom te stoor. Jy kan hom dan daar gaan skiet terwyl jy wag vir die lisensie.
Andy
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Thu Mar 17, 2011 1:01 pm
by Stefan764
bobby wrote:
don't take the chance , i heard a rumer that the cops are going to start checking licences at the ranges . nothing stops them from setting up a road block outside the range and searching cars remember 1 round of ammo for which you have no licience for and they will arrest you .
+1 Bobby
Dai k@kkies is nie die moeite werd nie....
Manne nog n vraag. Die "papier" wat jy by die polisie kry wat se jou liksens is goedgekeur, mag n man die wapen gebruik as jy hom het? Jy het nog nie jou wit KAART nie, maar jy het mos die bewys dat jy die geweer nou op JOU naam het?
Enige iemand raad of ondervinding hiermee?
Stef
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Thu Mar 17, 2011 1:18 pm
by Monrique (SJ)
Stefan
As jou liksens goedgekeur is en jy kry dan die wit papier met die nodige nommers en naam van die geweer.( kry dit by die provinsiale kantoor)
Dan kan jy jou roer karwy en gebruik nes jy wil, jy moet mos net jou competency saamry. Jy sal seker nie oorsee met die roer mag gaan.
Hoop dit help.
Groetnis
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sat Mar 26, 2011 9:21 pm
by roux cf
ek soek ook raad, asb! ek wag al 3 jaar vir n nuwe lisensie aansoek. dis n boedel geweer, en ek is bang ek verloor hom. Ek kry geen reaksie van my plaaslike sapd vuurwapen beampte nie... enige raad is welkom, dankie
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 8:51 am
by Stefan764
Roux welkom opi Forum
Dai van die SAPD wil nie help nie is n k@kstorie, hulle MOET jou help. As die ou weer onbehulpsaam is vat sy naam en rangnommer. Dan skrik hy homself gewoonlik trug in die beskawing in en doen sy werk. As hy nie, gee hom aan.
Stef
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 10:09 am
by JPS
SJ wrote:
Stefan
As jou liksens goedgekeur is en jy kry dan die wit papier met die nodige nommers en naam van die geweer.( kry dit by die provinsiale kantoor)
Dan kan jy jou roer karwy en gebruik nes jy wil, jy moet mos net jou competency saamry. Jy sal seker nie oorsee met die roer mag gaan.
Hoop dit help.
Groetnis
Hi SJ,
Ek het dit van goeie gesag dat slegs die geldige (wit of ou groen)kaart vir jou toelaat om daai geweer te karwy en te gebruik. Die kaart is jou geldige lisensie. Ek kan verkeerd wees......
Cobb, As jy gevang word met 'n ongelisensieerde geweer kan jy maar vergeet om ooit weer 'n geldige lisensie te kry. Soos die ander manne tereg gewys het, dit is net nie die moeite werd nie.
Groete van 'n nat JHB.
JP
G
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 12:01 pm
by Wouter Roets
JPS
Jy is absoluut reg. Daar is so bietjie onkunde daar buite selfs onder geweerwinkel bestuur en personeel. Jy mag net jou geweer afhaal by n instansie/persoon met n geldige witkaartjie of die ou groen lisensie, die kaartjie of die een wat nog in die ou ID boekie was. Selfs met n bergigspermit moet die huidige wapeneienaar daai wapen vervoer na jou huis.
Groete
Wouter
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 12:09 pm
by Stefan764
Manne maar ek verstaan nie. Jou lisensie is tog mos nou goedgekeur?? Die CFR het die groen lig gegee (wat beteken jy het nou die lisensie, hys GOEDGEKEUR) en nou wag n man net vir die "admin" gedeelte, die fisiese print van die kaartjie. Dis mos nie die kaartjie wat se jys bevoeg of jou lisensie is goedgekeur nie, dis mos die SAPD?? Die kaartjie is bloot die harde bewysstuk??
Dis maar anyway hoe ek dit sien....
Stef
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 3:04 pm
by Wouter Roets
Stefaans
Ja ek sien dit ook so maar dit is ongelukkig hoe die wet toegepas word. Dit is seker makliker om daai drukstuk te vervals as die kaartjie!
Ek wou met so n uitgedrukte goedkeuring van n lesensie wat gewaarmerk was n geweer gaan af haal by n geweerwinkel maar tevergeefs!
Groetnis
Wout
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 4:34 pm
by Ponkie
Stef en ander manne
Ek wag ook nou al so flippen lank vir selfs net my bevoegdheid en dan die lisensie van 'n geweer wat ek ge-erf het. Ek het altyd die 0123536111 nommer gebel, maar deesdae maak hy net poop poop poop!! Nou wat nou? het enige een van julle dalk 'n ander nommer?
Groetnis
Ponkie
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 4:52 pm
by FrancoisN
Ponkie
My DFO het ges? hulle het e-pos gekry dat hulle skakelboard opgepak het van te veel navrae. Wel ek weet my oproepe het verseker bygedra.
Francois
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 5:16 pm
by Armand Steenkamp
Oooo bloed! Ek weet dis dam baie makliker om n klomp eposse te ignoreer as n luiende tellefoon!!
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 6:16 pm
by spekieries
Naand manne. Ek probeer ook al die afgelope twee weke CFR in die hande kry. Een man by Lyttleton polisiestasie s? die lyne is gesteel, ander ou s? hulle kry te veel navrae toe stop hulle die lyn. Om agter die ware kap van die byl te kom is moeilik. Is hier nie iemand op die forum wat weet wat aangaan nie?
Groete
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 8:37 pm
by Spanner
bobby wrote:
don't take the chance , i heard a rumer that the cops are going to start checking licences at the ranges . nothing stops them from setting up a road block outside the range and searching cars remember 1 round of ammo for which you have no licience for and they will arrest you .
Manne nog n vraag. Die "papier" wat jy by die polisie kry wat se jou liksens is goedgekeur, mag n man die wapen gebruik as jy hom het? Jy het nog nie jou wit KAART nie, maar jy het mos die bewys dat jy die geweer nou op JOU naam het.
Stef
[/quote]
Ek is nou so de m@%r-in soos ?n Jack Russel op steroids, wat niks het om te jaag nie ! Ek het so pas ?n hele bladsy getik (met net twee vingers) en toe besluit EksDom (Eskom) om die krag te laat trip ? sonder dat ek kans gehad het om dit te post ?. Woorde ontbreek my !
Anyway wat ek wou s? : Met verwysing na die print-out dat die lisensie goedgekeur is ?
? Wanneer is ?n lisensie wettig ?
Ek verstaan dit as daai oomblik wanneer die POTE (polisie ons toegewyde ereburgers) die lisensie goedkeur. Van daai oomblik af is jy die wettige eienaar van die wapen en die wapen is wettig op jou naam gelisensieer ? die POTE se elektroniese rekords s? dan self so. Van daai oomblik af is die wapen ?gelisensieer, en wettig?. Finish en klaar ..of sit ek die pot mis ?
Maar wat van die volgende situasie : Met verwysing na die gebruik van ?n wapen sonder dat jy die lisensie in die hand het ?
Klein Piet Alleman koop wapen A van sy Pa (Vader Piet Alleman) en na vreeslike lang gewag, baklei en vloek, bekom Klein Piet Alleman sy lisensie vir wapen A. Hy neem ontvangs van lisensiekaart en almal is gelukkig. Wapen A is nou wettig op sy naam gelisensieer. Vader Piet Alleman word egter nooit deur die POTE (polisie ons toegewyde ereburgers?) versoek om sy ?ou? lisensiekaart in te handig vir vernietiging nie. Dit beteken dat altwee die maters nou bewys in die hand het dat die wapen aan hulle gelisensieer is.
Dit skep ?n hele klomp moeilikheid, nie waar nie ? Vader Piet Alleman kan wapen A by Klein Piet Alleman leen, hy kan gaan ammo koop, hy kan gaan skyf skiet en hy kan selfs gaan jag ? hy het mos ?n lisensiekaart wat bewys dat hy gelisensieerd is ? Hy word dalk selfs in ?n padblokkade gestop oppad na die jagveld, maar hy wys net sy lisensiekaart en hy ry sonder moeilikheid verder.
Ek besef dat die twee Allemans ?n vreeslike riskante ding doen, maar hulle het altwee ?bewys in die hand? dat hulle ?n lisensie het. (net een bewys is wettig, maar nou ja ...) Ek het nog nooit gehoor dat iemand aangehou word terwyl sy lisensie se ?wettigheid nagegaan? word nie. As die POTE die lisensie goedgekeur het, is die wapen mos wettig op jou naam, is dit nie ?
Die lisensiekaart is tog net jou ?bewys? dat jy aan al die wettige voorskrifte voldoen het. Hoekom mag jy dan nie die wapen gebruik nie ? hy is tog allermins volgens die POTE se eie rekords ?gelisensieerd??
Let wel dat ek bloot ?n fiktiewe redenasie wil voer en geensins die praktyk goedpraat nie. My vraag is ? Wanneer is ?n lisensie wettig ? Die oomblik dat hy goedgekeur is op POTE se stelsel of die oomblik wanneer ek die lisensiekaart in my hand het ?
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 9:15 pm
by erx
Hallo manne
Moet mens ten alle tye jou bevoegtheids kaart ook kan wys vir die cops?
Groete
erx
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 9:21 pm
by Spanner
Nie so seker nie - jy kan nie 'n nuwe tipe lesensie bekom alvorens jy bevoegtheid het nie, so as jy lisensie het, beteken dit dus dat jy wel bevoegtheid het ! Lisensie bewys is in my o? dus stawend genoeg. Maar ek het geen wetlike gronde om die afleidings te maak nie ...
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 9:30 pm
by Cobus(Cobb)
Spanner, nie so gou nie mater.....
My boetie het woesdag sy .22 lisensie gaan haal, Die SAP manne het hom laat teken, blad geskut, liksens gegee en net skouers opgetrek oor die feit dat daar geen rekords, kaart of enige tipe bewys van sy competancy is nie....
Hoe verduidelik 'n man daai een
Cobus
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 9:32 pm
by erx
Hi Spanner
Stem saam, wonder maar net oor ou groenes, het nog 'n hele paar roere op hulle.
Groete
erx
Re: hoe maak julle manne??
Posted: Sun Mar 27, 2011 9:35 pm
by erx
Hi Cobb
O v@k, dis nou 'n nuwe een, hoe gemaak dan?
Ek sal maar ook hulle blad skud en se dankie vir v@kk@l maters!
Groete
erx