Page 1 of 1

Die regte maksimum en minimum ladings?

Posted: Tue Mar 15, 2011 9:53 pm
by erx
Hi daar manne
Help asb, wil weet is daar 'n regte manier om masimum en minimum lading vir 'n sekere punt gewig uit te werk?
Vat arguments onthalwe 'n 308Win, hulle gee byvoorbeeld op S335 'n 150, 165 en 180grien punt elk met hul maks en min lading.
Die vraag is dus, hoe werk jy daai maks en min vir 155, 168 en 200grein punt uit?
Ek het al baie stories gehoor, maar voel elke keer ongemaklik met die situasie.

Groete
erx

Re: Die regte maksimum en minimum ladings?

Posted: Tue Mar 15, 2011 10:07 pm
by tripodmvr
Ek het nog altyd die verskil in ladings gebruik en in verhouding met die gewigsverskil die verandering in lading uitgewerk. Die Ingelse noem dit ratio = verhouding. Om veilig te speel verminder met 10% of kyk na wat jy reeds verkry het met die ander gewigte en pas dan konserwatief aan d.w.s. gelykmatig meer of minder. Die motto bly maar begin laag en werk op tot jy die industrie spoed kry vir jou looplengte of dat die drake tande begin wys. (Versigtig Sarel)

Re: Die regte maksimum en minimum ladings?

Posted: Tue Mar 15, 2011 10:12 pm
by Arnold
Kyk in Somchem se boekie vir 'n min lading en werk op tot jy die maksimum spoed kry (hier moet loop lengte egter in ag geneem word).
Hierdie is dan slegs geldig vir daardie lot doppe, primers, dryfmiddel en koeels uit jou geweer uit.

Hierdie is die enigste korrekte manier. Daar is ander ook maar hulle gee nie 'n ware refleksie van kamerdruk nie.

Re: Die regte maksimum en minimum ladings?

Posted: Wed Mar 16, 2011 3:45 pm
by erx
Hoe kry mens die industrie spoed vir jou loop lengte?

Groete
erx

Re: Die regte maksimum en minimum ladings?

Posted: Thu Mar 17, 2011 1:15 pm
by erx
Hi Ludwig

Dit is 'n 26" Ferlach loop met 1 in 14" twist

Re: Die regte maksimum en minimum ladings?

Posted: Thu Mar 17, 2011 1:23 pm
by Monrique (SJ)
erx

Ek neem aan jy het n 7.62 Musgrave enkelskoot?? ;D

Re: Die regte maksimum en minimum ladings?

Posted: Thu Mar 17, 2011 3:34 pm
by Boesman
erx

Ek stem saam met Arnold.

Waar die Somchemboekie nie die spesifieke gewig koeel aandui nie, kontak vir Manie Johannes by Rheinmetall-denelmunition, sy e-pos addres is [Emanuel.Johannes@rheinmetall-denelmunition.com]. Hy sal vir jou dan die regte inligting stuur as vertrekpunt.

Onthou net dat die snelhede wat hulle aandui nie noodwendig dit is wat in jou geweer gebeur nie, jy MOET jou eie ladings ontwikkel en uitkyk vir druktekens.

Re: Die regte maksimum en minimum ladings?

Posted: Thu Mar 17, 2011 9:39 pm
by erx
Jip SJ

Een van ons ou plank gewere se aksie gevat die verlach ingedraai en by armtech 'n kolf laat maak.

Groete
erx