Page 1 of 1
Die KOOPERASIE Groeperingskiet kompetisie - 1 November 2014
Posted: Wed Sep 03, 2014 2:50 pm
by Die Kooperasie
DIE KOOPERASIE GROEPERINGSKIET.jpg
[align=center]DIE KOOPERASIE GROEPERINGSKIET[/align]
[align=center]
R 30 000 se pryse!
EERSTE PRYS: - Sabatti 9.3x62 geweer - Verskeie gelukkige trekkings[/align]
DATUM: 1 November 2014
LIGGING: Bilson skietbaan, Humansdorp
TYDSREËLINGS: 07:00 – 13:00 Inskrywings en koop van teikens / 08:00 Kompetisie begin
KOSTE: R30 per teiken
RIGLYNE:
• Elke teiken maak voorsiening vir twee 3 skoot groeperings binne 5 minute – die gemiddelde grote van die twee 3 skoot groeperings sal as die skut se telling gesien word. ‘n Skut mag onbeperkte aantal teikens koop.
• Enige senterslag kaliber mag gebruik word
• GEEN Bisley en/of F-klas wapens word toegelaat
• Knaldempers is toelaatbaar, maar trompremme is NIE toelaatbaar NIE.
• Maksimum loop lengte 27 duim.
• Maksimum teleskoop vergroting is 12 (groter vergrotings sal afgestel moet word).
• Maksimum loop dikte by die kroon is 24mm.
• Skut gebruik sy/haar eie ammunisie.
• Skut sal skiet vanaf skiettafel, stoel en rus soos voorsien.
• SAJWV baanbevele sal gebruik word.
[align=center]
Verversings sal beskikbaar wees tydens die kompetisie en versterkings daarna.[/align]
Re: Die KOOPERASIE Groeperingskiet kompetisie - 1 November 2
Posted: Wed Sep 03, 2014 3:04 pm
by Die Kooperasie
Die afstand is 100m.
Re: Die KOOPERASIE Groeperingskiet kompetisie - 1 November 2
Posted: Mon Oct 27, 2014 3:08 pm
by Die Kooperasie
[align=center]DIE KOöPERASIE GROEPERINGSKIET
meer as R 52 000 se pryse!
EERSTE PRYS: - Sabatti 9.3x62 geweer - Verskeie gelukkige trekkings[/align]
DATUM: 1 November 2014
LIGGING: Bilson skietbaan, Humansdorp
TYDSREËLINGS: 07:00 – 13:00 Inskrywings en koop van teikens
08:00 Kompetisie begin
KOSTE: R30 per teiken
RIGLYNE:
· Elke teiken maak voorsiening vir twee 3 skoot groeperings binne 5 minute op 100m – die gemiddelde grootte van die twee 3 skoot groeperings sal as die skut se telling gesien word.
· ‘n Skut mag ‘n onbeperkte aantal teikens koop.
· Enige senterslag kaliber mag gebruik word
· GEEN Bisley en/of F-klas wapens word toegelaat
· Knaldempers is toelaatbaar, maar trompremme is NIE toelaatbaar NIE.
· Maksimum looplengte 27 duim.
· Maksimum teleskoopvergroting is 12 (groter vergrotings sal afgestel moet word).
· Maksimum loop dikte by die kroon is 24mm.
· Skut gebruik sy/haar eie ammunisie.
· Skut sal skiet vanaf skiettafel, stoel en rus soos voorsien.
· SAJWV baanbevele sal gebruik word.
PRYSE EN KATEGORIEë
Algehele wenner:
· Eerste tot vyftiende posisie.
· Almal kwalifiseer.
Veterane:
· Daar sal n eerste tot derde plek wees.
· Almal bo 65 kwalifiseer.
Dames:
· Alle dames 17 en ouer kwalifiseer hiervoor.
· Daar sal ‘n eerste tot derde plek wees.
Junior seuns:
· Dit is alle seuns wat op die eerste November16 jaar en jonger is.
· Daar sal ‘n eerste tot derde prys wees.
Junior meisies:
· Dit is meisies wat op die eerste November 16 jaar en jonger is.
· Daar sal ‘ n eerste tot derde plek wees.
Klein kaliber:
· Vir die doeleindes van die skiet vanaf 4.5mm ( .17) tot 6.5mm(264).
· Eerste tot vierde prys.
Medium kaliber:
· Vir die doeleindes van die skiet 6.8mm(.277)tot 8mm(323)
· Eerste tot vierde prys.
Groot kaliber:
· Alles groter as 8mm.
· Eerste tot vierde prys.
Gelukkige trekking:
· Almal kwalifiseer hiervoor.
Dit is belangrik dat n persoon by die prys uitdeling moet wees om sy/haar prys te ontvang. Indien hy/sy nie daar is nie verbeur hy/sy die prys en sal dit na die volgende persoon gaan.
Die laaste teikens sal om 14:00 verkoop word en die skiet sal ophou wanneer die laaste verkoopte teikens klaar geskiet is.
UITSTALLERS:
Die volgende verskaffers sal op die dag uitstal:
WHYLO
· Verskaffers van Vortex-en Swarovski teleskope,Rizzini haelgewere en Strazzer gewere.
· Sal ‘n Strazzer geweer ,Rizzini haelgewere, ,Swarovski teleskope en verkykers asook Vortex produkte uitstal.
Nichlas Yale
· Verskaffers van Hornady, Lee, Lymann, Wincester doppe en Fabarm gewere en haelgewere.
· Stal van die gewere en haelgewere uit.
Hunt Essensial
· Verskaffers van Norma, Aimpoint en A-tek.
· Sal van die produkte uitstal.
Sunbeamtech
· Verskaf kameras, windmeters ens.
Deli Spices
HAELGEWEER
· Die Haelgeweer baan sal oop wees.
· Die wat wil kan dus n paar kleie kom skiet.
· Van die haelgewere op uitstalling sal gedemonstreer word.
[align=center]KLEIDUIFBAAN SAL OOP WEES – EIE AMMUNISIE EN R50 PER RONDTE[/align]
[align=center]Verversings sal beskikbaar wees tydens die kompetisie en versterkings daarna.[/align]
Navrae:
John Best 082 447 7813
Nico Starbuck 084 850 1139
Nico Herselman 082 441 2467
André Botha 084 567 8989
Danie van Heerden 082 415 3666
Re: Die KOOPERASIE Groeperingskiet kompetisie - 1 November 2
Posted: Tue Oct 28, 2014 7:09 pm
by tafjak
Manne
Dit klink bitter lekker. Hoop julle dag ewenaar julle sukses in die winkel ook.
Mooiloop