Page 1 of 1

Nuwe Battery in die forum

Posted: Tue Sep 02, 2014 4:21 pm
by Riaan Kriel
Middag Almal

Ek is Riaan Kriel, woonagtig in Lichtenburg, Noordwes provinsie. My forum-naam kom al sedert skooldae toe my hare nog 'n regte koper-rooi was. Ek is aktief betrokke by die plaaslike SAJWV tak en lid van die skietspan. My belangstellings is beide in die jag en papierskiet dissiplines, sowel as die herlaai van ammunisie. Die lang-afstand gogga is besig om te byt en ek begin so effe daarmee rondspeel. Ek glo dat ek baie by julle meer ervare manne kan leer rakende my belangstellings.
::) ;D

Re: Nuwe Battery in die forum

Posted: Tue Sep 02, 2014 4:31 pm
by Jaco B
Welkom Riaan.
Jy gaan die forum baie geniet.
Jaco

Re: Nuwe Battery in die forum

Posted: Tue Sep 02, 2014 4:44 pm
by .303 JAGTER
Hi daar Riaan, en baie welkom.
Jy gaan dit nog sommer baie geniet hier.
Groete
Hennie

Re: Nuwe Battery in die forum

Posted: Tue Sep 02, 2014 5:10 pm
by vriell
Welkom welkom Riaan jy het baie om op te vang...gryp 'n koppie stomende swart koffetjie , sit agteroor en geniet die forum "surfing"

Re: Nuwe Battery in die forum

Posted: Tue Sep 02, 2014 8:39 pm
by henning
Welkom Riaan, jy is op die regte plek

Groete
Henning

Re: Nuwe Battery in die forum

Posted: Wed Sep 03, 2014 7:51 am
by Wouter Roets
Hallo Riaan

Welkom uiteindelik mater! Glo jy gaan dit sommer gate uit geniet hier om die kampvuur.

Manne Riaan is n bobaas skut en een van die sterre hier in ons klub se skietspan wat net van krag tot krag gaan.

Groetnis
Wout

Re: Nuwe Battery in die forum

Posted: Wed Sep 03, 2014 8:09 am
by Riaan Kriel
Dankie vir die hartlike verwelkoming. Ek glo ek het baie leeswerk om te doen.

Groetnis ;)

Re: Nuwe Battery in die forum

Posted: Wed Sep 03, 2014 8:15 am
by jamalley
Welkom naamgenoot, hoop jy geniet dit baie