Page 1 of 1

.45-70 Govt

Posted: Tue Mar 15, 2011 9:56 am
by Musgrave
Na `n paar vrae op die Nuwe aansluitings/Introductions blad oor my .45-70, het ek dit goed gedink om sommer my ervarings met die kaliber te deel.

Die geweer wat ek het is `n Ruger No.1.  Die enkelsskoot, valblokaksie is baie sterk en stel die herlaaier daartoe instaat om lekker stewige ladings op te bou.  Ek het nog nie `n .45-70 eienaar raakgeloop wat nie versot is op die kaliber nie.  Ek dink die meeste 45-70 eienaars het Marlin hefboomaksie-gewere.  Ek het spesifiek `n Ruger gesoek nadat ek in 2003 die eerste een by VLT in Pretoria bevroetel het.  Ek moes lank wag, maar ek het toe wel `n tweedehandse een gekry en die res is geskiedenis (die gode was my ook goedgesind, want die lisensie is in minder as 3 maande goedgekeur  ;D)

Ek herlaai van dag een af en het dus nog nooit fabrieksammunisie gekoop nie. Fabrieksammunisie se spesifikasies is egter pateties.  Remington laai `n 405gr koe?l teen sowat 1300vps. Dis om te kompenseer vir die ou gewere daarbuite, want hierdie kaliber is rondom 140 jaar oud.  Dit het begin as `n swartkruit kaliber (45 kaliber - eintlik .458 - met 70gr swartkruit).

Tans het ek vier ladings: 300gr Hornady holpunte @ 2100vps; 345gr loodkoe?ls @1945vps; en 350gr koe?ls (Hornady rondeneus en Swift A-frames) @ amper 2050vps.

Ek sal enigiets tot en met eland met hom aandurf.  Ek beskou die kaliber nie as `n groot vyf kaliber nie.  Alhoewel daar manne is wat dit al daarvoor aangewend het.  Sien http://www.leverguns.com/articles/lupo/lupo.htm

Ek dink egter dat `n Marlin hefboomaksie in .45-70 een van die beste varkgewere is...

Re: .45-70 Govt

Posted: Tue Mar 15, 2011 10:58 am
by Gerhard
Die 45-70 is n lekke bosveld kaliber en soos jy s? as jy herlaai kan jy regtig lekke ladings bou.

Wat is jou klasifikasie van n "vark geweer" net vir intresantheid?

Re: .45-70 Govt

Posted: Tue Mar 15, 2011 11:38 am
by Musgrave
Wanneer ek (en dus is dit `n erge subjektiewe opinie) praat van `n "varkgeweer" bedoel ek die volgende:
1. Groot genoeg kaliber - dis net so subjektief!  ;)  Ek moet egter byvoeg dat ek maar `n bang ou is.  Ek hou nie daarvan om `n bosvark in die donker te gaan soek nadat ek hom geskiet het nie.  Dus gebruik ek die geweer wat ek het wat die grootste gate maak.
2. Ek hou van `n handige geweer, nie te lank en lomp wanneer mens in `n boskasie/landery agter porcus aan is nie. Ek sal dit nou bv. nie met my Ruger M77 MkII Varmint/Target wil doen nie...  :-\  My .45-70 is net onder `n meter lank.
3. Vinnige opvolgskote - dis waar my enkelskoot Ruger No.1 bietjie uitmis. Die Marlin het `n paar ekstra skote wat in sy buismagasyn onder die loop wag.
4. Die vark wat die geweer dra wil ook nie te swaar dra nie...  :P

My neef het `n lekker kort .303 met `n swart sintetiese kolf en `n 4x44 (dink ek) teleskoop op. Net so lekker "varkgeweer" met sy tien patrone magasyn.

Het ek jou vraag beantwoord?

Re: .45-70 Govt

Posted: Tue Mar 15, 2011 11:47 am
by Gerhard
Great,

Dankie.

Dis baie naby aan my eie klasifikasie van n vark geweer.

Re: .45-70 Govt

Posted: Wed Mar 16, 2011 1:27 pm
by Louis Kriel
Daars 'n paar stories deur die jare in die Magnum gewees oor varkgewere. Dit wissel van .303 oop visier, tot 45-70 Marlin, die een ou het selfs 'n M1 Garand in 30-06 gebruik.

Re: .45-70 Govt

Posted: Wed Mar 16, 2011 1:58 pm
by Gerhard
My pa het n 303 Jungle Carbine gehaad.

Ek is nou nog vies oor hy hom weer verkoop het.

Vir my was daai die ideale geweer gewees vir varke in baie ruig plekke soos suiker riet.