Radio Jakkals Jagnaweek.
Posted: Mon Sep 01, 2014 10:28 am
Vir die wat nog nie weet nie ons het n jakkals jag Watsup groep wat gereeld gesels, en ons het besluit om n bymekaarkom en lekker naweek te reel. Ek het die leisels gevat en aangesien ek n klomp boere het met enorme jakkals probleme in die Ventersdorp omgewing dit daar gereel saam met een van ons ander lede Willie wat self ook in Ventersdorp boer.
Altesame 15 bakkies met drie spanlede het bymekaargekom Woensdag waar die manne n lekker ontmoeting mekaar leer ken, spanbou en goeie kuier gehad het. So een of twee manne het goed kennis gemaak met moeder aarde en ander het ons agtergekom na al die wonder dat hulle wel n fyner selfs gay kant het. Manne het tot laatnag lekker gekuier om die vuur en laaang stories gesels.
Volgende dag was almal maar traag om op te staan maar ons kon darem n sterk ondbyt inwerk waarna ons die spanne kans gegee het om hul plase te trek waar hulle sou skiet die volgende twee aande asook spandrag kon uitdeel en streng reels kon neersit vir die volgende twee dae se skiet.
Daarna is ons na Willie se plaas waar ons n lekker sosiale gongskiet gehad het met afstande van 220m tot 907m. Ongelukkig het die wind die dag nie so lekker saamgewerk nie en met die wind wat gepomp en druk het was net probeer tot op 620m. Wat ek wel kan se is dat die dorsland manne maar mag, kyk ek dink as dit n kompetiese sou wees tussen NAM en die RSA manne sou ons maar erg tweede gekom het.
Later het almal lekker gaan uitrus en namiddag uitgegaan na hul onderskeie plase vir die nag.
Die eerste aand het die weer redelik saam gespeel met net die wind wat vroeg na middernag begin pla het, maar gekyk na getalle die volgende dag dink ek nie dit het n te groot invloed gehad nie. Die eerste aand kon ons op n rapsie meer as 20000hektaar 114 jakkalse afhaal.
Tweede dag het die manne na die vorige nag se skiet effe laat gele waarna hulle na brunch op n uitstappie geneem was na Totpak se fabriek waar hulle gewys was hoe daar verskillende drank soorte vervaardig en verpak word.
Almal is redelik vroeg uit na hul plase vir die aand. Ongelukkig het die koue front van die naweek inbeweeg en ek dink dit het n groot invloed gehad op die getalle vir die aand aangesien jakkalse maar baie traag was om in te kom alhoewel hulle redelik vokaal regeer het. Temperature het so laag as -5 gedaal en weereens het ek gesien dat jakkals jagters manne van staal is wat nie bang is vir koud kry nie.
Die getall geskiet vir die Vrydag aand was selfs na die kouevront se uitwerking astronomies met n totaal van 94 jakkalse en net een rooikat. Wat n groot totaal gegee het vir die twee dae van 209 probleemdiere. Wat opvallend was is dat omtrent die helfte van die jakkalse in glad nie n goeie kondisie was nie met enkeles wat erge brandsiek gehad het.
Baie boere het gese hulle kry gereeld brandsiek probleme tussen hulle vee en ek dink dit is heel moontlik afkomstig van die jakkalse as ek na hul kondisie kyk en in ag neem hoeveel self ook brandsiek gehad het.
Saterdag het ons n klein prys uitdeling gehad en Louis en Taffie het vir ons enkele boere toegesreek oor wat probleemdiere is, hoe om jou probleemdiere te bestuur en watse metodes om te gebruik om probleemdiere getalle in beheer te hou.
Die span wat die meeste jakkalse kon skiet was SP (Stefan), Jonny en Stephan met n totaal van 41 jakkalse vir die twee aande, Met Arno se span wat self nie sleg gevaar het nie en tweede plek gevat het met 28 jakkalse.
Die verste jakkals geskiet die naweek was Worsman (klein Francois Marais) met n astronomiese afstand van 361meter.
Saterdag aand het die manne maar lekker gekuier en sangees opgebou, ons sal nie verder uitbrei oor wat alles verder gebeur het nie want julle ken mos die gesegde van "What happens at Vegas stays at Vegas" wat ook maar hier sal geld
Manne wat deel was, baie dankie vir n wonderlike naweek, julle is manne van kaliber met wie ek enige tyd weer so iets sal meemaak, dan aan Willie dankie vir al jou reel en hulp om dit moontlik te maak jy is n yster.
As van die manne wat deel was dalk so gaaf kan wees en n paar fotos vir ons kan plaas sal ek bly wees.