Page 1 of 1

Boerdery, grond, gras en jakkalse

Posted: Sat Aug 30, 2014 10:14 pm
by Cobus(Cobb)
OK, moet my nie kruisig nie, ek kom vertel net wat ek gehoor het..


Area is Malteno, man het so 1200 ha plaas, hy boer intensief en bestuur die dinge reg.
Daar is tipe grassoort in die deel/area (nerens te siene nie), maar met regte boermetodes kom gras toe weer terug, erdwurms, molle ens.....geen jakkals probleme nie omdat natuur en natuurlike jakkals kosse ens weer terug is in balans,,,,die ou het skape en bees.

Klink my amper te goed om waar te wees.

Re: Boerdery, grond, gras en jakkalse

Posted: Sun Aug 31, 2014 8:49 am
by 222 Sako
Hallo Cobus

Klink nie of hy te lank al boer nie.
Ek dink ons altwee weet die man praat 'n taal wat nie op die lug genoem kan word nie. Wonder net of hy weet wat moet sy lam% wees en wat dit nou is. Soos ek die ding ken," hoe meer kos hoe meer jakke."

Dalk werk dinge anders in daai werld.

Groete.

Re: Boerdery, grond, gras en jakkalse

Posted: Sun Aug 31, 2014 10:43 am
by Suidwes
Cobus,

Ek het die stories en redenasies ook al baie gehoor by mense, maar dit bly maar snert in my oge. Ek het bitter baie natturlik prooi vir die jakkalse op my plaas, steenbok, springbok, hase, muise, bakore, ens. Hy vang die LAM! Hy is maar opportunisties diertjie, lam is makliker om te vang as die ander, so glo dit is hoekom hy die lam vang.

Ek hoop vir die boer se part, dit is waar dat hy nie jakkalse het nie, anders gaan hy n moerse skok kry as hulle begin vreet.

Groete
Suidwes

Re: Boerdery, grond, gras en jakkalse

Posted: Sun Aug 31, 2014 11:36 am
by Cobus(Cobb)
Ek sal dan ook wonder oor sy bure se jakkalse....

Re: Boerdery, grond, gras en jakkalse

Posted: Sun Aug 31, 2014 2:41 pm
by Gawie(13mm)
Al waarmee hy oor 'n jaar intensief gaan boer is erdwurms en molle. 8)
O-ja en jakkalse.

Re: Boerdery, grond, gras en jakkalse

Posted: Sun Aug 31, 2014 6:08 pm
by johans
Suidwes wrote:Cobus,

Ek het die stories en redenasies ook al baie gehoor by mense, maar dit bly maar snert in my oge. Ek het bitter baie natturlik prooi vir die jakkalse op my plaas, steenbok, springbok, hase, muise, bakore, ens. Hy vang die LAM! Hy is maar opportunisties diertjie, lam is makliker om te vang as die ander, so glo dit is hoekom hy die lam vang.

Ek hoop vir die boer se part, dit is waar dat hy nie jakkalse het nie, anders gaan hy n moerse skok kry as hulle begin vreet.

Groete
Suidwes
+1

Re: Boerdery, grond, gras en jakkalse

Posted: Sun Aug 31, 2014 6:59 pm
by Frikkie Coetzee
Moet nie Molteno onderskat nie. Baie koue wereld maar n goeie wereld. Hulle jakkalse is ook mooi spekvet.

Re: Boerdery, grond, gras en jakkalse

Posted: Sun Aug 31, 2014 7:16 pm
by Martin Marais
Jakkals vang nooit by sommige boere nie,of dit is die storie wat hul vertel,maar vra net vir een van sy arbeiders en hoor die waarheid. ;D

Kobus,ek bly en jag nie te ver van Molteno af nie,inteendeel ek het al baie in daardie omgewing gejag in die verlede,en ek verseker jou die jakkalse daar is net so vervuil soos oor die res van die land.

P.S. As die jakkalse al die erdwurms opvreet waarmee gaan ek hierdie somer babers vang. :laugh: :laugh:

Groete

Martin Marais

Re: Boerdery, grond, gras en jakkalse

Posted: Fri Mar 06, 2015 1:46 pm
by StadBobejaan
Gawie(13mm) wrote:Al waarmee hy oor 'n jaar intensief gaan boer is erdwurms en molle. 8)
O-ja en jakkalse.
Kan nie help om the giggel.

Re: Boerdery, grond, gras en jakkalse

Posted: Fri Mar 06, 2015 1:57 pm
by stan man
ek het hier by my glad nie n probleem met jakkalse nie.
ek het n probleem met die feit dat hulle laas week 2 twee dag oud kalfies gevang het. nou is dit oorlog.