Page 1 of 1

Skietstoel amper klaar

Posted: Mon Mar 14, 2011 3:54 pm
by D4D
My stoel is omtrent 95% klaar en nog net `n paar klein goedtjies wat moet gedoen word en dan is dit jagveld toe om te kyk of my veranderinge die moeite werd was.

[img width=560 height=420]http://i1203.photobucket.com/albums/bb3 ... 011134.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1203.photobucket.com/albums/bb3 ... 011135.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1203.photobucket.com/albums/bb3 ... 011136.jpg[/img]

Re: Skietstoel amper klaar

Posted: Mon Mar 14, 2011 4:12 pm
by 300Winmag
Netjies - net jammer jy het die geweer aan verkeerde kant van die stoel vas gesit ...  ;D

Re: Skietstoel amper klaar

Posted: Mon Mar 14, 2011 4:14 pm
by foxripper
wel, die cupholder is op die regte plek  ;D

Re: Skietstoel amper klaar

Posted: Mon Mar 14, 2011 10:01 pm
by D4D
300Winmag wrote: Netjies - net jammer jy het die geweer aan verkeerde kant van die stoel vas gesit ...  ;D
Hy maak los aan die agterkant en kan reg skuif in jou skouer in sodat jy kan gemaklik sit en skiet
Hy het ? balljoint aan die voorkant en hy draai sodat die kolf lekker stewig in jou regter skouer in druk.

Re: Skietstoel amper klaar

Posted: Tue Mar 15, 2011 7:19 am
by 300Winmag
Ek het aangeneem jy is links en sommer gespot, maar soos jy nou verduidelik
het klink dit of daai geweer lekker in die skouer gaan sit.

Re: Skietstoel amper klaar

Posted: Tue Mar 15, 2011 9:11 am
by Freek
Mooi gedoen D4D. Vertel ons bietjie meer man? Wat gebruik jy vir bearing? Werk die stoel met borsels of koppel jy die battery direk onder seat? Watse swart boksie sit daar teen die arm leuning,  onder die geweer? Is dit 'n inverter? Indien wel, waarvoor?

Re: Skietstoel amper klaar

Posted: Tue Mar 15, 2011 9:30 am
by herley
D4D
Mooi man, ek sien die lee laai stel aan die agter kant en ek gebruik dieselfde en hy werk lekker vir my ;D

Re: Skietstoel amper klaar

Posted: Tue Mar 15, 2011 10:12 am
by Raven
D4D,

Netjies , ek wonder net of die 2 ligte nie bietjie jou sig sal belemmer in die nag nie, soms tel 'n man jakkie se oog sommer so uit die hoek van jou eie oog op, as jy vinnig in die rondte draai. Jy moet laat weet as die stoel sy eerste toets loopie gekry het.

Raven

Re: Skietstoel amper klaar

Posted: Tue Mar 15, 2011 11:46 am
by D4D
[quote="Freek"]
Mooi gedoen D4D. Vertel ons bietjie meer man? Wat gebruik jy vir bearing? Werk die stoel met borsels of koppel jy die battery direk onder seat? Watse swart boksie sit daar teen die arm leuning,  onder die geweer? Is dit 'n inverter? Indien wel, waarvoor?
[/quote

Freek

Ek het `n Landrover series 2 hub gevat en `n 2'' swaardiens pyp op hom vas gesit en die swart boksie wat jy sien is my dimmer enek het geen borsels nie die kigte word direk op die battery gekoppel en dit hou darm so 3 tot 4 aande se roep.Indien die battery sou pap raak ruil ek hom net om met my bakkie se battery as ek nie naby 220v krag is om hom met die batterylaaier te laai nie

Re: Skietstoel amper klaar

Posted: Tue Mar 15, 2011 11:55 am
by Stefan764
D4D wrote:
Ek het `n Landrover series 2 hub gevat ...
Nou hoop ek net dai stoel van jou begin nie olie lek agter op dai mooi Hilux van jou nie.....

Re: Skietstoel amper klaar

Posted: Tue Mar 15, 2011 2:22 pm
by D4D
Stefan764 wrote:
D4D wrote:
Ek het `n Landrover series 2 hub gevat ...
Nou hoop ek net dai stoel van jou begin nie olie lek agter op dai mooi Hilux van jou nie.....
Het ook daaraan gedink toe gooi ek maar nie olie in nie :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Skietstoel amper klaar

Posted: Tue Mar 15, 2011 2:26 pm
by BLOK
Skerp een Stefan ;D

Re: Skietstoel amper klaar

Posted: Wed Apr 06, 2011 1:29 pm
by Piet Breedt
Stefan764 wrote:
D4D wrote:
Ek het `n Landrover series 2 hub gevat ...
Nou hoop ek net dai stoel van jou begin nie olie lek agter op dai mooi Hilux van jou nie.....

Hey.........Hey.........Hey  !!!!!  ...........I'm watching you  !!!!!!