Page 1 of 1

Weerlig beskerming vir dompel pomp

Posted: Wed Aug 27, 2014 8:45 am
by Willie
Wat kan julle voor stel vir fase en weerlig beskerming vir 'n 3 fase dompel pomp ?

Re: Weerlig beskerming vir dompel pomp

Posted: Wed Aug 27, 2014 3:01 pm
by Alwin
Sal ook graag wil weet. Het laasjaar weer 'n 5,5kW motor verloor, a.g.v. weerlig, wat die F-kom 11kV lyn getref het. Die dompelpomp was afgeskakel, met "lightning arrestors" voor en na die skakeltuig. Daar was ook ander beskerming (spanning, fasehoek, ens.) op die toevoer...

Re: Weerlig beskerming vir dompel pomp

Posted: Wed Aug 27, 2014 3:08 pm
by Johan Nel
338LM wrote:Sal ook graag wil weet. Het laasjaar weer 'n 5,5kW motor verloor, a.g.v. weerlig, wat die F-kom 11kV lyn getref het. Die dompelpomp was afgeskakel, met "lightning arrestors" voor en na die skakeltuig. Daar was ook ander beskerming (spanning, fasehoek, ens.) op die toevoer...
Ek dink nie daar is veel meer wat mens kan doen as wat jy hierbo gedoen het nie. Ek dink nie daar is regtig iets wat weerligskade kan keer nie. Al wat hierdie produkte (hierbo genoem) doen is om die bewyslas aan die versekering te lewer dat jy voorsorg geneem het en dus jou versekeringseis sal uitbetaal. As jy nie versekereing uitgeneem het nie, is die 'Wet van Transvaal' jou voorland. Dieselfde waar jy skade kan kry (3 fase) wanneer Eskom te min krag lewer en jou pomp skade kry of wanneer 'n fase onklaar raak. Hierdie skoolgeld het ek al betaal.

Re: Weerlig beskerming vir dompel pomp

Posted: Wed Aug 27, 2014 5:54 pm
by JK
Ek het altyd net die coil van die contacter, wat van die floatswitch afkom verloor, maar deesdae kry jy nie meer net die coil nie, jy moet die contacter vervang, Toe maar n toring langs die tenk geplant wat dat die die weerlig opvang , sover werk dit. Ek het n overload plus n phase angle wat keer dat die pomp brand as die krag of n fase awol.

Daai arrestoers sit nog net so van dag een!.

Re: Weerlig beskerming vir dompel pomp

Posted: Thu Aug 28, 2014 6:48 pm
by Alwin
Johan Nel wrote:
338LM wrote:Sal ook graag wil weet. Het laasjaar weer 'n 5,5kW motor verloor, a.g.v. weerlig, wat die F-kom 11kV lyn getref het. Die dompelpomp was afgeskakel, met "lightning arrestors" voor en na die skakeltuig. Daar was ook ander beskerming (spanning, fasehoek, ens.) op die toevoer...
Ek dink nie daar is veel meer wat mens kan doen as wat jy hierbo gedoen het nie. Ek dink nie daar is regtig iets wat weerligskade kan keer nie. Al wat hierdie produkte (hierbo genoem) doen is om die bewyslas aan die versekering te lewer dat jy voorsorg geneem het en dus jou versekeringseis sal uitbetaal. As jy nie versekereing uitgeneem het nie, is die 'Wet van Transvaal' jou voorland. Dieselfde waar jy skade kan kry (3 fase) wanneer Eskom te min krag lewer en jou pomp skade kry of wanneer 'n fase onklaar raak. Hierdie skoolgeld het ek al betaal.
Enkelfase-beskerming en lae- en hoëspanningsbeskerming is beskikbaar. Maar dit oorleef ook nie altyd die weerlig nie.

'n Direkte treffer op die pomp is nog hanteerbaar. Goeie aardkonneksies ens help nogal baie. Ek ook sit altyd 'n koper-aardkabel in die gat af, tot by die pomp, as die pomp met 'n HDPE-pyp toegerus is. Maar 'n weerlig op die F-kom lyn, anderkant die transformator, is heeltemal buite my beheer...

Wat ek al gesien het, is dat mense 'n 3-fase "sweismasjien prop" op die kabel van die skakeltuig, na die boorgat sit. Dan moet jy net onthou, om die ding uit te prop, VOOR die storm opsteek. En dis waar die probleem gewoonlik weer kop uitsteek. Daai eerste, (onverwagte), middernagtelike storm na die winter...

Re: Weerlig beskerming vir dompel pomp

Posted: Thu Aug 28, 2014 7:45 pm
by Hugo
Daars n produk op die mark, DeHngaurd, jy kan klas 1 en klas 2 koop. Klas 1 is DeHnventill, gaan jou so R15k uit die sak jaag, dit kan die primere spanning van die straal hanteer, dan het jy klas 2 nodig stroom af om die sekondere spanning te keer, hy sal in jou boorgat se DB moet wees, jy sal ook n aard ring met n aard pen kort om die stroom aarde toe te force, weerlig beveiling sonder behoorlike beaarding beteken niks.

Vir die fase drop en swak spanning wat eskom gee (quality of supply) kan jy n over under voltage relay koop asook n phase monitor relay koop, sodra daar n fase drop dan maak die relay oop en beskerm jou pomp, kompressors van yskaste en koelkamera ook. Die over under relay kan jy stel van 5volt tot 25volt, as die spanning 5v onder jou supply (deesdae 400volt, ou transformers 380v) van 400vollt drop, soos byvoorbeeld 394volt sal die relay afsit en jou pomp is beskerm.

Deesdae kan jy n inprop unit koop by Builders wat jy in die muur prop en jou yskas in hom inprop.

Re: Weerlig beskerming vir dompel pomp

Posted: Fri Aug 29, 2014 6:13 am
by JohanM
'n Goeie aard pen is al 'n begin soos Hugo verduidelik. Ons sit gewoonlik ordentlike surge protection in ons panels en dit help darm die meeste van die tyd, maar soos my een dosent eens gesê het, as 'n weerlig straal paar km kan spring, wat gaan jou 5cm plastiek ding in 'n panel help. Ek dink die grootse probleem kom in as hy die F-kom lyn self raak slaan. Daar is soms ook maar die bad luck faktor, goeie earth design en als en ons het 'n incomer op ons panel verloor met 'n surge rating van 600 000A...