Page 1 of 1

Ruger No. 1A in 30-06 (22" loop)

Posted: Mon Mar 14, 2011 10:52 am
by tripodmvr
Is besig om die' geweer aan te koop. Wou nog altyd so 'n valblok aksie besit. Het iemand so geweer, selfs in ander kaliber, en wat se werkverrigting het julle verkry met fabrieksammunisie. Dit wil vir my voorkom of die kort loop die spoed met 100-200 vps benadeel.

Re: Ruger No. 1A in 30-06 (22" loop)

Posted: Mon Mar 14, 2011 11:28 am
by Wouter Roets
Tripod
(Waar kom die naam vandaan? Is jy gebou soos een?  :o)
Ek het n RSI Internasional in 7x57 Ack en is bitter gelukkig met die geweertjie. Hy het baie goed gedoen met fabrieks amunusie(PMP) en uitstekend met gelaaide amunusie 0.5 duim op 100m. Jy gaan so in die orde van 50-80 ft/sek verloor met n 22 duim loop maar interessant ek het nie n enkele stukkie spoed verloor met my 30-06 Ruger M77 met sy 22 duim loop op fabrieksamunusie nie, dit hang maar net af van jou kamerdemensies. Die fallingblock aksie is baie sterk en het hoe akkuraadheids potensiaal. Jy sal nie spyt wees nie en die totale gweerlengte wat jy bespaar agv die gebrek aan slotaksie, en  is net n plesier in die veld. Koop gerus, jy sal nie n oomblik spyt wees nie! Sit vir jou een van daai materiaal houers op die kolf wat 10 patrone vat en hy hoef nie terug te staan vir n slotaksie as dit kom met spoed van herlaai nie.

Groete
Wouter

Re: Ruger No. 1A in 30-06 (22" loop)

Posted: Mon Mar 14, 2011 11:59 am
by Arnold
'n Ruger No. 1 is nog 'n droom van my,  miskien 'n international in 30-06 of 'n tropical in 375 H&H (Ek dink nie 'n 458 Lott gaan veel werk h? by my nie, maar hy sal darem nice wees) ;D

Re: Ruger No. 1A in 30-06 (22" loop)

Posted: Tue Mar 15, 2011 6:58 am
by tripodmvr
Die skuilnaam kom vanaf my opmetingsberoep.

Ek hou nie daarvan om in en naby maksimum ladings te laai nie. Glo my platform moet liewers teen 4500 as 6000 omwentelinge per minuut draai. My vraag was dus om die norm vir die' No. 1A geweer te probeer bepaal. My 7 x 64 lewer gemaklik meer as die aanvaarde snelhede sonder drukprobleme.

Die No. 1A sal tot sy reg kom in die bos. Dit is lekker lig en kort wat my ouer lyf sal pas by die rondkruip onder takke deur. Hy lyk my egter temperamenteel as dit by ladings kom en hou slegs van sekere ladings. Met sy 1 in 10 groefdraai hou hy van langer ko?elpunte.

Dankie vir jul kommentaar. Hoop ek kry nog terugvoer.

Re: Ruger No. 1A in 30-06 (22" loop)

Posted: Tue Mar 15, 2011 1:58 pm
by Stefan764
Hi Tripod

Net vir interessantheid, watse soped kry jy uit dai 7x64 van jou?

Stef

Re: Ruger No. 1A in 30-06 (22" loop)

Posted: Wed Mar 23, 2011 11:54 am
by erx
Hi Tripod

Ek het Ruger No1 in 22-250
Uit die boks super akkuraat asgevolg van sy uitleg. Jou Ruger valblok is een van, as dit nie die sterkste, komersiele aksie in die wereld, jy kan maar 'n groot meneer op daai aksie indraai. Het ook 'n groot artikel in 'n ou Guns and Ammo wa die Janks jou wys om 'n No1 te "fine tune".
Behalwe dit als, bly die No1 maar 'n flippen mooi geweer, en dis nog 'n Ruger ook! ;D ;D ;D

Vat daai geweer, jy sal nie spyt wees!

Groete
erx

Re: Ruger No. 1A in 30-06 (22" loop)

Posted: Wed Mar 23, 2011 11:56 am
by erx
Tripod

Wou nog by se, Remington fabrieks ammo loop diep mooi in my No1.

Groete
erx

Re: Ruger No. 1A in 30-06 (22" loop)

Posted: Sun Apr 03, 2011 8:01 pm
by tripodmvr
Het gister 180gr gewone PMP punte geskiet vir groepering en spoed. Groep van 42mm met 3 skote op 100m gekry en die spoed was 2642vps. Somchem gee maksimum van 2684 vps met S365 en PMP 2625vps. Die 22dm loop vaar goed met PMP.

Het ook groep geskiet met 180gr Bergers. Lading van 50gr S365 en gebruik van die nuwe russiese magnum primers. Spoed was 2365 vps en die vyf skote was in 52mm. Vier was egter in 20mm. Hierdie was 'n toets van die Bergers en ons het dit ook in 300 Win Mag geskiet. Ook belowende resultate gekry (20mm) teen 2880vps.

Russiese primers is ook in my 243 gebruik en ek het twee groepe van 13mm met 85gr Spartans geskiet. Teen 36C elk is die' primers 'n goeie koop - PMP reeds 48C.